|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
ALEXANDER DIE GROTE
BO: Kon Alexander só gelyk het? ’n Kopbeeld van hom is hier digitaal verander om dit meer realisties te laat lyk. Krediet: MSKARG
Krediet: U.S. Library of Congress
ALEXANDER
was die seun van Philippus II, die koning van Macedonië. Voordat hy
dertig jaar oud was, het hy reeds die meeste van die lande verower wat toe
aan die mense in sy wêrelddeel bekend was. Dit is waarom hy Magno genoem is, wat ''groot''
beteken. Toe Alexander in 336 vC koning word, was Macedonië ’n klein koninkrykie. Alexander het Macedonië verlaat om die Persiese ryk van Darius III te verower. Hy het die stad Alexandrië in Egipte gevestig en is tot farao verklaar. Toe is hy ooswaarts. Hy het Mesopotamië verower en Susa, Persepolis, Ecbatana en Babilon beset. Alexander het selfs tot so ver as die Indusvallei beweeg.
Alexander
in ’n neutedop:
Daar
is vertel dat wie ook al ’n sekere knoop (die sogenaamde Gordiaanse
knoop) sou kon losmaak, oor die hele Asië sou regeer. Alexander sou dit
met sy swaard deurgekap het. Alexander
se leërs het digby 20 000 km afgelê. Die Griekse taal en beskawing het
afgeleë bevolkings bereik en met die Oosterse kultuur vermeng. |