|
As jou rekenaar ’n klankkaart het, luister jy vir ’n rukkie na tjankende Australiese wildehonde (dingo’s)... |
||||||
Mense
uit die
• Die Australiese inboorlinge vorm vandag ’n klein minderheid van die Australiese bevolking van 20 264 082 (raming vir Julie 2006). Die mense van Kaukasiese afkoms is in 2006 op 92 persent gestel en van Asiatiese afkoms op sewe persent, terwyl inboorlinge en andere maar ’n skamele een persent uitgemaak het. Grafika hierby is na ons beste wete meestal histories en openbare besit (“public domain”) vanweë kopiereg-verjaring. Van hierdie grafika is ook deur ons gewysig. Andersins word die bron aangedui
ANK,
LANK gelede—lui die ou Australiese legende—was die hemele en die
aarde een. Dit was voordat daar heuwels, riviere, plante, diere of mense
was. Toe het die grond op sekere plekke oopgegaan en groot geeste het
daaruit te voorskyn gekom.
Daarna
het die geeste reëls vir al die lewende wesens neergelę, hulle aangesę
hoe hulle teenoor mekaar
en
teenoor die grond moes optree. Die geeste het ook vir hulle rituele
gegee wat hulle moes navolg om te verseker dat alle lewe bly
voortbestaan. Nadat
hulle gesien het dat alles in orde was, het die geeste weer in die grond
ingesink. Daar woon hulle tot vandag toe, en ’n mens kan van tyd tot
tyd met hulle in verbinding tree wanneer jy raad nodig het. Die
verhaal van hierdie skeppingstyd, wat vertaal kan word met die Tyd van
Drome, is die heiligste enkele mite in die kultuur van die Australiese
inboorlinge. Dit vorm die kern van al hul tradisionele gelowe, gebruike
en rituele. Een
van hul belangrikste beskouings is dat die grond
waarop
hulle woon nie aan hulle behoort nie, maar dat hulle aan die grond
behoort. Die
koms van die Europese setlaars in Australië sowat 200 jaar gelede, die
gevolglike beslaglegging op hul grond en middele, en die instelling van
die Europese kultuur met sy klem op rykdom en grondbesit, het feitlik
die hele lewenswyse van die inboorlinge vernietig. Merkwaardig genoeg kon party groepe tog wel daarin slaag om sekere tradisies lewend te hou, wat ons vandag nog ’n kykie in ’n ryk en hoogs verfynde Steentyd-bestaan gee. Hierdie artikel handel oor die inboorlinge soos hulle vroeër gelewe het.
REGS: Uluru of Ayers Rock, ’n massiewe sandsteen-formasie in die Australiese binneland en ’n heiligdom van die Australiese inboorlinge. Die rots is sowat 3,6 km lank, 2 km breed en troon tot 348 meter hoog oor die omringende landskap. Daar is baie legendes van die Tyd van Drome oor hoe Uluru tot stand gekom het (in der waarheid deur ’n baie lang geologiese proses van erosie) en antieke skilderye en klipsnywerke word in die vlak grotte aan die voet van die rots gevind. Foto deur “Drozdp”, wat dit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web tot openbare besit (“public domain”) verklaar het.
Foto: 750 Royalty-Free photographs of Australia
DIE
Australiese inboorlinge het in stamme met verskeie subgroepe gewoon.
Daar was geen kaptein of heerser aan die hoof van ’n stam nie, maar
belangrike besluite wat almal raak, is deur uitgesoekte, gerespekteerde
manne geneem. ’n Gesin het uit ’n man, een of meer vroue en ’n
paar kinders bestaan. Afhangende
van hoeveel kos en water beskikbaar was, het die inboorlinge óf
rondgetrek óf op een plek bly woon. By geleentheid is eenvoudige hutte
van gras, boombas en diervel gebou en partykeer het hulle tussen rotse
skuiling
gesoek. Hulle
het egter meestal verkies om in die ope lug te woon—naby water, wild,
plantkos en hul heilige plekke. Sekere gebiede in ’n kamp is vir dinge
soos kook, ontspanning en slaap afgebaken. Besittings
was skaars. Hulle het geen meubels gemaak nie, maar op die grond gesit
en geslaap of op ’n ietwat verhewe platform. Etes is rondom die
kampvuur genuttig. Van gras, blare, hout, boombas en velle is mandjies, matte en sakke gemaak waarin kos en water gedra is. Min klere was nodig in die warmer streke, hoewel kangaroevelle of buidelrotpelse gedra is waar dit kouer is. Dan het hulle ook nog naby hul troetel-dingo’s geslaap om warmer te kry.
KOS
is gekry deur te jag en plante te versamel. Die mans was die jagters en
die jag het groot vaardigheid geverg. Die wapens was allerhande soorte
spiese, boemerangs, nette, strikke, messe en harpoene—en die prooi het
van kangaroes, wallabies en buidelmuise tot waterskilpaaie, krokodille,
groot akkedisse, voëls en varswatervisse gewissel.
Die
jagters het hulle gekamoefleer deur modder oor hul lywe te smeer om hul
reuk te verdoesel en blare, takkies en diervelle oor hul kop en skouers
te drapeer. Die
mans het dikwels saamgejag. Hulle het om ’n klompie bosse uitgesprei
en die diere in die bosse uitgejaag deur te lawaai of rook te maak. Inboorlinge
aan die kus het kano’s van uitgeholde boomstompe gebruik om
seeskilpaaie, doegongs, soutwaterkrokodille, walvisse en robbe met
harpoene te jag. Dit
was die vroue se taak om plantkosse te soek. Dié soort kos het van
streek tot streek verskil, maar was gewoonfik plantwortels, vlesige
stingels, jamwortels, wilde vrugte en bessies, sade en neute. In
hul daaglikse omswerwinge het die vroue ook wilde heuning en voël- en
waterskilpadeiers versamel. Hulle was bedrewe in die kuns om larwes
uit boomstompe te kry en om
heuningpot-miere
op te spoor vir die voedsame heuningdou wat hulle in hul liggame opgaar. Die
kuns om water te vind was belangrik vir oorlewing, veral in dorre
streke. Water
is
byvoorbeeld in boomwortels en onder in opgedroogde rivierbeddings gekry.
Nog ’n bron was woestynpaddas, wat ’n voorraad water in hul liggame
hou. Vuur
het ’n belangrike rol in die lewe van die inboorlinge gespeel. Daarmee
is gekook, is muskiete en slange afgeskrik, het die mense hulle snags
warm gehou en is seinboodskappe gestuur. Die
plante op groot lappe grond is partykeer met opset aan die brand
gesteek. Wanneer die nuwe plante daar begin groei
het,
is diere na die sappige groeisels gelok—maklike teikens vir die
jagters. DIE
Australiese inboorlinge het geglo dat hulle deur middel van rituele en
seremonies hul bande met die geeste van die Tyd van Drome kon behou. Die
gebruike het van streek tot streek verskil, maar sang, dreunsang en
danse was gewoonlik deel van die plegtighede. Dit het dikwels gepaard
gegaan met ’n geklik van stokke, boemerangs en ander wapens en die
spookagtige klank van blaasinstrumente genaamd “didgeridoos”.
Diegene
wat aan die rituele deelgeneem het, is versier met verf wat gemaak is
van verpoeierde klip wat met water of die olie van emoes
(volstruisagtige voëls) gemeng is. Partykeer
het die mans en vroue saam ’n seremonie bygewoon, ander kere was óf
net die mans óf net die vroue betrokke. Tienerseuns en -meisies het aan
inisiasie-rituele deelgeneem om hulle in die volwasse gemeenskap te
verwelkom.
In meer onlangse tye het die mense van Australië die foute van die verlede probeer regstel. Sekere van die gewyde plekke is teruggegee aan die mense wat oorspronklik daar gewoon het en die inboorlinge word aangemoedig om, waar moontlik, hul tradisionele kultuur te behou—sodat die trots en selfrespek van weleer kan herleef. |
||||||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |