HOOFSTUK
4
Die
Arabiese inval in Noord-Afrika en gevolglike ontwikkelings voor die
Europese kolonisasie van die vasteland
MET
die Arabiese inval in Noord-Afrika in die sewende eeu ná die geboorte
van Christus, het die Islamitiese godsdiens vinnig oor die gebied
versprei. Uiteindelik was daar ’n sterk Moslem-teenwoordigheid in
Wes-Afrika.
Met die aankoms van
Arabiese karavane is Wes-Afrika, het netwerke ontstaan waarby baie
plaaslike Ystertydse gemeenskappe betrek is, waardeur groot stedelike
sentrums tot stand gekom het met gesentraliseerde poitieke magte om die
handel te reguleer en beheer.
Teen die middel van die
agtste eeu was daar ’n magtige koninkryk genaamd Ghana (in die
teenswoordige Oos-Senegal, Suidoos-Mauritanië en Suidwes-Mali, en nie
te verwar met die huidige staat Ghana nie). Die destydse Ghana het die
handel tussen die goudproduserende gebied Guinee en die kameelkaravane
gereguleer.
Die staat Mali het in
die twaalfde en dertiende eeu die beheer oorgeneem en ’n wesenlike
deel van Wes-Afrika beheer. Teen die sestiende eeu het die Moslem-staat
die Songhai-ryk die septer geswaai.
Nog
’n rolspeler in die Wes-Afrikaanse handel was die koninkryk van Benin
in Nigerië, wat tot ’n magtige stad ontwikkel het teen die tyd toe
die Portugese dit die eerste keer in die vyftiende eeu besoek het. In
die florende koninkryk van Benin (nou ’n deel van Nigerië) het die
bekende wasgiet-tradisie ontstaan vir die giet van brons- en
geelkopervoorwerpe, asook voortreflike ivoorsnywerke, soos die een REGS.
Dit is ’n dubbelklok wat in plegtighede gebruik is en verteenwoordig
’n koning van Benin en sy gevolg.
In
Ife, die sentrum van die magtige Yoruba in Suidwes-Nigerië, het ook
besondere kunswerke in terracotta ontstaan en ander wat deur middel van
die wasgietsproses in ’n bronsagtige koperallooi gegiet is.
|