-
Die San was reeds in Suid-Afrika voordat enige van die ander tans bestaande volkere hier aangekom
het. Is dit korrek?
Nee, die sogenaamde Boesmans was eerste hier
Korrek
Nee, die Nguni (onder meer Zoeloes en Xhosas) was eerste hier
Nee, die Sotho-volkere was eerste hier
-
Toe die Europeërs destyds Afrika begin verken het, het hulle hom die ... Vasteland genoem
Die Skaduagtige Vasteland
Die Preshistoriese Vasteland
Die Donker Vasteland
Die Veelsydige Vasteland
-
Hoe is die vroeë skrifvorm genoem wat deur die ou Egiptenare ontwikkel is?
Hiërogliewe
Sanskrit
Snelskrif
Egiptenaars
-
Watter vasteland het tot dusver die oudste argeologiese vondste oor die bestaan van die mens opgelewer?
Europa
Afrika
Noord-Amerika
Suid-Amerika
-
Sorghum is inheems aan Afrika. Reg of verkeerd?
Nee, sorghum kom oorspronklik uit Sentraal-Amerika
Dis nie bekend waar sorghum eintlik vandaan kom nie
Korrek
Nee, sorghum kom eintlik uit Antarktika
-
Die groot nedersetting wat eeue gelede deur swartmense in die Limpopo-bekken gevestig is, staan vandag bekend as...
Dingaanstad
Griekwastad
Groot Zimbabwe
Mapungubwe
-
Die handelspos wat deur die ou Feniciërs in die teenswoordige Tunisië gevestig is, het bekend gestaan as...
Aksoem
Chartago
Die Nok
Koesj
-
Die prins van Portugal wat destyds ekspedisies suidwaarts langs die kus van Afrika afgestuur het, was...
Prins El Greco IV
Prins Manuel Escorcio
Prins Pedro die Oseaankenner
Prins Hendrik die Seevaarder
-
Die groot "koloniale koors" in Afrika het die Europeërs beetgepak in...
Die 1890’s
Die 1690’s
Die 1990’s
Die eerste eeu v.C.
-
Een van die volgende vier Wes-Europese lande het geen kolonie in Afrika gehad nie. Watter een?