|
Mieliestronk:
Geskiedenis van Afrika |
|
| Ter
inleiding TOE die Europeërs Afrika
begin verken het, het hulle hom “die Donker
Vasteland” genoem. Vir baie mense was ons kontinent ’n uitgestrekte
en gevaarlike plek vol barbare en wilde diere. Tog het Afrika in sy lang
geskiedenis heelparty gevorderde en eksotiese beskawings gehuisves. Baie
van hierdie ou kulture lę heel moontlik begrawe onder die sand van
vergange eeue, maar dié waarvan ons wel weet, bied ’n interessante
studieveld. Boonop is historici steeds besig om al hoe meer geheime van
die kleurryke Afrika-geskiedenis te ontrafel. In die eerste van vyf pakkende
hoofstukke van hierdie aanbieding word slegs vlugtig vertel hoe die
geskiedkundiges in hul Afrika-studies te werk gaan. Daarna word ontelbare
eeue in ’n aantal blaaie saamgetrek vir ’n oorsigtelike beeld.
Volledigheid is natuurlik heeltemal onmoontlik, maar hopelik sal ons
vertellings die leser prikkel en aanmoedig om meer oor Afrika op
te lees. Klik dus nou hieronder op die
hoofstuk waarheen jy graag wil beweeg:
|
|
|
|
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie CD-ROM |