|
|
DIE
Amerikaners se basis by die Suidpool heet die Amundsen-Scott-basis. Dié
navorsingstasie kry sy naam van twee beroemde poolreisigers van weleer. Roald
Amundsen (1872-1928) het naamlik op 14 Desember 1911 die Noorse vlag by
die pool
geplant. Die ekspedisie van die Brit Robert Scott (1869-1912) het die Suidpool
'n maand later bereik, maar hy en sy hele span is tydens die terugreis
dood.
Desondanks staan wetenskaplikes tou om by hierdie koue en afgeleë Suidpoolbasis te werk. Waarom? Want sterrekundiges kan in die lang, donker winter maande lank na die sterre tuur, sonder dat daglig hul werk onderbreek. Bioloë het hier 'n superskoon laboratorium; die Antarktiese lug is die skoonste op aarde. En die ysdek self is 'n merkwaardige argief. Vasgevang in die sneeulae is 'n 150 000 jaar oue opname van die aarde se klimaat.
Foto: Jonathan Berry, US National Science Foundation / Met vergunning van US National Science Foundation Een
van die belangrikste take van die poolbasis is om die aarde se osoonlaag
te monitor. Elke jaar vorm 'n gat in die osoonlaag bokant Antarktika, en
wetenskaplikes by die basis bepaal met instrumente hoe groot die
bedreiging is. Voorrade
vir die Suidpoolbasis kom per vliegtuig. In die somer word op 'n
voorbereide landingstrook geland. Wintervoorrade word met valskerms
afgegooi. Die meeste ander basisse op Antarktika is aan die kus, ver van die pool self. Kruipbandvoertuie is die vernaamste vervoermiddels by die pool. Basisse by die kus gebruik ook reuse vragmotors, asook motorfietse en sneeumobiele.
SANAE
IV [FOTO BO] is
Suid-Afrika se permanente navorsingsbasis in Antarktika. Suid-Afrika is
een van die oorspronklike ondertekenaars van die Antarktiese Verdrag en
het sedert 1960 basisse op die Fimbul-kus-ysbank van die westelike Queen
Maudland gehad. Die jongste Suid-Afrikaanse basis, SANAE IV, |
|