My Afrikaans
| |||||
ANTONIEME
N ANTONIEM is n woord met die teenoorgestelde betekenis as n ander. Sσ is byvoorbeeld hoog die antoniem van laag.
Hieronder is n lys van 200 woorde en hul teenoorgesteldes: | |||||
aan af |
meng skei | ||||
SINONIEME
N SINONIEM is n woord wat dieselfdeof byna-byna dieselfdebetekenis as n ander woord het. Die woorde kwaliteit en gehalte is byvoorbeeld sinonieme, ook historikus en geskiedkundige. Hulle beteken eintlik maar presies dieselfde. Daarteenoor is daar n duidelike gevoelsverskil sover dit doodgaan en ontslaap aangaan, maar hulle is eweneens sinonieme. Baie woorde is internasionale basters (byvoorbeeld kwaliteit), terwyl hul sinonieme (in diι geval gehalte) meer eiendomlik is. Veral verklarende woordeboeke is vanselfsprekend vol sinonieme. Hier is net n baie beperkte lys met n aantal voorbeelde: |
|||||
aanbeveel
rekommandeer aanbeveling rekommandasie aanbied presenteer aanhaal siteer aanneem aanvaar adopteer (n kind) aansoek applikasie aanwesig teenwoordig aborsie vrugafdrywing advertensie reklame afstand distansie afwesig absent agterdog suspisie wantroue agterdogtig suspisieus wantrouig aksent klem nadruk ateοs godloλnaar baanbreker pionier beginsel prinsiep beklemtoon aksentueer beroemd vermaard beskuldiging aantyging besoek visite besproeiing irrigasie beswaar objeksie bevrediging satisfaksie bewonder admireer bewondering admirasie biblioteek boekery bloedsomloop bloedsirkulasie chemie skeikunde deskundige ekspert direksie bestuur doeltreffend effektief dokter arts geneesheer dominee leraar doolhof labirint draal drentel dronk beskonke dweper fanatikus dwing forseer eggo weerklank eienaardigheid eksentrisiteit eksperlmenteel proefondervindelik ellendig miserabel ewenaar ekwator ewewig balans fantasie verbeelding figuurlik oordragtelik fiksie verdigsel filosofie wysbegeerte filosoof wysgeer finansieel geldelik firmament uitspansel fisika natuurkunde folter martel fotograaf afnemer foutief verkeerd gebeurtenis insident gedeelte porsie gehuud getroud generasie geslag genoegsaam voldoende adekwaat geografie aardrykskunde geologie aardkunde gesant afgevaardigde gevolg resultaat gevolgtrekking konklusie giftig toksies higiλne gesondheidsleer hoeveelheid kwantiteit horison gesigseinder huidige teenswoordige idee denkbeeld indruk impressie inspirasle besieling inteken (bv. op n koerant) abonneer invoer importeer jaloesie afguns karakteristiek kenmerkend karikatuur spotprent kiem mikrobe klimaks hoogtepunt |
komedie
blyspel komieklik koddig kompetisie mededinging konsensie gewete korrespondensle briefwisseling krediteur skuldeiser kunstig artistiek kurrikulum leerplan leedwese spyt lenig slank lessenaar skryftafel letterkunde literatuur medium middel metamorfose gedaantewisseling modern nuwerwets moreel sedelik motief dryfveer nederig beskeie noodsaaklik essensieel nywerheid industrie omsendbrief sirkulκre onderskei differensieer onpartydig neutraal ontvangs resepsie oorskot surplus opvoedkunde pedagogiek orkesleier dirigent periode tydperk plaasvervanger substituut plagiaat letterdiefstal presente geskenke presies akkuraat proefneming eksperiment professor hoogleraar regeer bestuur respek eerbied respekteer eerbiedig revolusie omwenteling sielkunde psigologie simpatie meegevoel sitting sessie skenking donasie skielik meteens abrup skrywer outeur soene kusse sosiaal maatskaplik stadsraad munisipaliteit standaard peil stelsel sisteem stelselmatig sistematies sterrekunde astronomie subskripsie ledegeld suinig inhalig teenstander opponent tendens strekking teologie godgeleerdheid teoloog godgeleerde toejuiging applous toneelspeler akteur treurspel tragedie tydperk periode uitdrukking ekspressle uitverkiesing predestinasie vae onduidelike verbeter korrigeer verbinding konneksie verdienste meriete vergoeding kompensasie versameling kolleksie versiering dekorasie verskoning apologie verskoon verekskuseer vertrouelik konfidensieel verwering abrasie vooraanstaande prominente voorskrif preskripsie vooruitstrewend progressief vraagstuk probleem wanhopig desperaat wapenkunde heraldiek weifel aarsel welgesteld bemiddeld wins profyt wiskunde matesis |
||||
HOMONIEME N
HOMONIEM
is n woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as n ander
woordmaar n heeltemal ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld vertrek
(kamer) en vertrek (weggaan). Ander
voorbeelde: HOMOFONE
N
HOMOFOON
is n woord wat dieselfde klink as n ander woord, maar anders gespel
word en ook n ander betekenis het, byvoorbeeld fee
(sprokiesfiguur) en vee (skape en beeste), of
blyk (soos n blyk van waardering) en bleik (wit
laat word soos, sκ maar, wasgoed). Nog voorbeelde:
bod
(aangebode geldsom op n veiling), bot (kortaf en onbeleef; ook
uitspruit, gesκ van plante)
bond
(vereniging), bont (veelkleurig; ook pelswerk)
boordjie (die
boonste deel van die nek van n hemp), boortjie (n werktuigie waarmee
jy al draaiende n gaatjie kan maak)
boud
(agterste, dik liggaamsdeel), bout (dit word met n moer vasgedraai)
brei (doen
dit met velle of n sportspan), bry (die klank r met die
kleintongetjie uitspreek)
dokter
(geneesheer, meervoud dokters), doktor (iemand wat die hoogste
akademiese graad verwerf het, meervoud doktore) end (die einde), ent (die loot van een boom in die spleet van n ander bevestig; ook n stuk van n pad)
faal
(misluk), vaal (vervelend, vuilwit, bleekgeel, gryserig of bleekbruin)
feit
(geen verdigsel nie), fyt (pynlike sweer aan n vinger) fel (hewig, byvoorbeeld soos die son kan neerbak), vel (huid van mense of diere; ook omkap, soos in bome word gevel; ook regterlik beslis, soos in die vonnis word gevel)
fier (vol
regmatige trots), vier (feestelik deurbring; ook een minder as vyf)
fiets (waarop
jy trap-trap kan ry), viets (netjies en sjiek) fonds (geld wat vir n bepaalde doel byeengebring word), vonds (iets wat gevind is)
fors
(kragtig), vors (koning) kruit (in n patroon), kruid (in n tuin) lid (een van die mense in n geordende groep waaraan hy of sy behoort), lit (n deel van byvoorbeeld n vinger of n riet)
lood
(metaal), loot (jong tak van n plant; ook deur die lot aanwys)
luid (hard
klinkend), luit (tokkelinstrument)
mied
(opgestapelde hoop hooi of iets anders), miet (klein larwe of wurmpie in
byvoorbeeld meel)
nood (haglike
toestand), noot (musiekgeluid; ook papiergeld) peil (diepte of hoogte van iets vasstel), pyl (wat met n boog afgeskiet word; ook soos in iemand pyl op iets af)
pond (Britse
geld of ou gewigsmaat), pont (platboomvaartuig wat gebruik kan word om
n rivier oor te steek)
rant
(klipperige hoogte), rand (buitekantste omtrek van n voorwerp; ook n
muntstuk; ook n denkbeeldige oorgangsgrens, soos in op die rand van
die graf of van bankrotskap)
reier
(moerasvoλl), ryer (iemand wat ry)
ry
(voortbeweeg in n voertuig), rei (koor)
ryk
(welgesteld en vermoλnd), reik (jou hand uitstrek tot, soos in reik na
die sterre)
seine
(tekens), syne (behoort aan hom)
skud (heftig
heen en weer of op en af ruk), skut (iemand wat skiet; ook n plek waar
verloopte vee gehou word)
steil (baie
skuins op en af, miskien soos n bergpad), styl (van n skrywer; ook
van hare)
vermaard
(beroemd), vermaerd (wat maer geword het)
vly (jou
saggies en gerieflik neerlκ), vlei (moerassige laagte; ook iemand heuning
om die mond smeer)
want (omdat),
wand (muur)
wei (gras
vreet, soos die beeste op die veld), wy (skenk, soos in wy jou aandag
aan hierdie saak)
ys (bevrore
water), eis (gebiedend aandring op iets) TRAPPE
VAN VERGELYKING DIE onderstaande lys byvoeglike naamwoorde met hul trappe van vergelyking bevat plek-plek sekere onreλlmatige gevalle waarvan leerders met vrug kan kennis neem. So
is daar Daar
word aanbeveel dat die leerder hom of haar van enige verdere reλls sal vergewis wat
vir die trappe van vergelyking in Afrikaans geld.
aaklig, aakliger, aakligste Let
wel: Byvoeglike naamwoorde soos dood, enig, uniek, volmaak, volkome
en n paar ander kry normaalweg geen vergrotende en oortreffende trap nie. Moet dus nie
sommer sulke trappe probeer skep wanneer jy praat of skryf nie, want tien teen een gaan jy iets
belagliks kwytraak soos: Hierdie
voλl is dood, maar daardie een is die doodste van die twee.
(Dit sluit weliswaar nie die moontlikheid uit dat byvoorbeeld kundige skrywers
wel sulke versterkings kan gebruik nie:
Hoe kan jy
sκ daardie meisie is nie perfek nie? vra Piet onthuts. Dan
vervolg hy sonder om hom aan die taalreλl te steur dat die woord volmaak nie
vergrotend of oortreffend verbuig behoort te word nie: Man,
ek sκ nou vir jou daar is hoegenaamd niemand wat volmaakter
is as sy nie. Trouens, sy is die volmaakste vrou in die heelal, kan
jy dit dan nie sien nie?) |
|||||
|
|||||
MANLIK EN VROULIK Let wel: Die neiging is tans om, waar moontlik, alle indrukke van seksisme te vermy. Gevolglik sal die manlike vorm van die woord baiemaal ook vir vroue gebruik word, soos waar daar na Helen Zille as die gewese burgemeester van Kaapstad verwys word (en nie die gewese burgemeesteres nie). Ook die redaktrises van hedendaagse publikasies verkies baiemaal om eenvoudig redakteurs genoem te word soos hul manlike eweknieλ. Sekere onderwyseresse en lektrises sou eweneens eerder onderwysers en lektore wil weesof desnoods die neutrale leerkragte en dosente.
| |||||
VERSAMELNAME N VERSAMELNAAM is n selfstandige naamwoord wat n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hier is n aantal voorbeelde van versamelname: ● n Versameling skepe wat saamvaar of saamhoort, is n vloot ● n Groot versameling visse staan bekend as n skool ● n Menigte vlieλnde bye of vlieλnde voλls bymekaar vorm n swerm ● n Versameling kleintjies (van byvoorbeeld n teefhond) wat saam gebore word, is n werpsel ● n Klomp rowers saam vorm n bende ● n Versameling gedigte, verhale of ander prosawerke in een boek is n bundel gedigte, verhale of ander prosawerke ● n Versameling wasgoed is n bondel wasgoed ● n Lywige boek wat die versamelde of n aantal werke van n skrywer bevat, is n omnibus ● n Versameling vrugtebome wat saam in n netjies uitgelegde tuin geplant is, word n boord genoem ● n Groep berge vorm n gebergte of n bergketting ● n Versameling vee of wilde diere wat saamlewe, word n trop of kudde genoem. ( Die woord kudde word meestal net vir vee soos skape en beeste gebruik, maar word selfs dan as ietwat deftig beskou. Dit word ook oordragtelik gebruik soos wanneer van n predikant en sy kudde gepraat word, bedoelende hy en sy gemeentelede.) ● Al die blare saam van n plant of plante staan bekend as die gebladerte ● Al die lidmate in een afgebakende gebied wat saam een kerk besoek, vorm n gemeente ● n Versameling sterre is n gesternte ● Al die ministers wat saam met die president aan die hoof van die regering staan, vorm die kabinet ● Die versameling mense wat saam aan n sakeonderneming of inrigting verbonde is, is die personeel ● n Versameling kuikens wat op een slag saam (deur n hen of n broeimasjien) uitgebroei is, is n broeisel ● n Veragtelike klomp mense saam is n gebroedsel ● Die versameling mense in die onderste lae van die bevolking is die gepeupel of die gespuis of die hoipolloi ● n Versameling mense wat bloedverwante is (of deur n huwelik of huwelike heg aan mekaar verbind is) staan bekend as n familie maar n pa, n ma en hul kind of kinders vorm saam n gesin. (Om na n gesin te verwys as n familie is n Anglisme) ● Die versameling vroue van die sultan is n harem ● n Versameling pκrels wat in n lyn ingeryg is, is n snoer pκrels ● n Versameling skote wat afgevuur word, is n sarsie skote ● Al die mense wat saam in n ingeslote ruimte soos n saal na byvoorbeeld n opvoering, n uitvoering, n voorlesing of n toespraak luister, is die gehoor ● Baie mense wat saam na n spreker waar ook al luister, is n skare toehoorders ● Al die mense wat saam na n radio-uitsending luister, is die luisteraars ● Al die mense wat saam na n televisie-uitsending kyk, is die kykers ● Al die mense wat saam na iets kyk wat werklik voor hulle gebeur, byvoorbeeld n straatgeveg, is toeskouers ● n Groot skare mense (of engele) is n legioen ● n Versameling motors en mense agter n lykwa is n stoet ● n Versameling brode in die pan is n baksel ● n Versameling mense wat sing, is n koor ● n
Versameling koffers, pakkies en ander los
dinge wat n reisiger met hom saamneem, is sy bagasie | |||||
DIEREGELUIDE ● Leeus brul
●
Olifante
trompetter
●
Kraaie
krys
●
Meeue
krys
●
Hane
kraai
●
Henne
kekkel
●
Henne
kloek (wanneer hulle hul kuikens roep)
●
Duiwe
koer, kir of roekoek
●
Honde
blaf (maar hulle kan ook knor, grom of tjank)
●
Katte
miaau (of hulle spin wanneer hulle n brommende geluid maak)
●
Muise
piep
●
Wolwe
huil of tjank
●
Jakkalse
huil of tjank
●
Hiλnas
lag
●
Bokke
blκr
●
Skape
blκr
●
Beeste
bulk of loei
●
Bere
grom
●
Donkies
balk
●
Perde
runnik
●
Slange
sis
●
Voλls
sing, fluit , kwetter, kwinkeleer of tierelier
●
Kalkoene
klok (Engels gobble)
●
Uile
roep (Engels hoot)
●
Ganse
snater (Engels gaggle)
●
Eende
kwaak
●
Paddas
kwaak
●
Insekte gons
●
Bye zoem
●
Sonbesies sing
●
En n
maer vark skree!
MENSE praat snaaks. Luister maar, iemand kan
selfs oor die radio of op die televisie iets kwytraak soos: Daar is
groot kommer oor die werkverliese wat so afneem. | |||||
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |