|
Mediese
wêreld
Migraine en atleetvoet
Foto
ter
illustrasie met vergunning van www.freeimages.co.uk DIT
kan met vonkies lig in die gesigsveld begin—en ’n verskriklike,
verblindende pyn word wat selfs tot twee dae lank kan aansleep.
Naarheid, vomering en ’n gevoeligheid vir lig en geraas kan alles deel
van die aanval wees. Net
een migrainelyer, word gesê, kan werklik besef wat ’n ander
migrainelyer moet deurmaak. Dalk
het jy self al geleer wat die beste manier is om jou migraine te beheer.
Jou dokter het gehelp deur vir jou medisyne voor te skryf, jy het sekere
roetines vir slaap, eet en oefeninge uitgewerk en jy probeer maar
gereeld om daardie dinge te vermy wat die aanvalle kan aanbring. Dog
die ongelukkige waarheid omtrent dié sogenaamde skeelhoofpyn is dat
daar geen geneesmiddel is nie. Jou beste planne kan eenvoudig nie
verhinder dat vyand migraine af en toe weer sy aaklige opwagting maak
nie. Wanneer
’n aanval kom en diegene na aan jou die simptome raaksien, maak seker
dat hulle jou behoefte aan spesiale aandag begryp. Vra jou vriende en
gesinslede om ’n paar uur lank jou verantwoordelikhede oor te neem en
dat hulle naby jou moet bly net ingeval jou aanval baie erg is. Moenie
die simptome van ’n
dreigende
aanval ignoreer nie. Navorsing dui daarop dat jou maag ure voor ’n
aanval ophou om behoorlik te funksioneer en minder in staat raak om
medisyne op te neem. Medisyne wat deur jou dokter voorgeskryf is, moet
dus so gou moontlik tydens die aanval gesluk word. Daar
is maniere waarop jy ’n hewige aanval kan afweer of, indien nie, dan
wel verlig. Jy kan jouself ook gemakliker laat voel. Soek vir eers ’n
stil, donker vertrek waar jy kan gaan Iê, en gebruik ’n kussing om
jou kop so effens te lig. Slaap
bly die beste manier om deur ’n aanval te kom. Dié wat gelukkig is,
sal wakker word en vind dat die migraine verdwyn het. Jy
kan ook vind dat ’n koue waslap vertroosting bied wanneer jy dit teen
jou slape, voorkop of teen die agterkant van jou nek hou. Maar
waar koue vir baie mense help, verkies ander weer hitte en nog ander
vind dit selfs nuttig om hul hande en voete met byvoorbeeld warm water
te verhit. Tydens ’n aanval raak die hande en voete dikwels koud, maar
deur dit te verwarm, kan oortollige bloed uit die kop uit weggelei word. Jy
sal egter beter voel deur bloot stil te lê. Vermy dus daardie skielike
besoeke aan die badkamer—indien jy moet vomeer—deur ’n emmer en
vars water byderhand te hou. Party
lyers verkies dit om in die badkamer te bly en vind dat ’n warm bad
gespanne spiere laat ontspan en die toevloei van bloed na die kop
verminder. Sommige
reken selfs dat dit help om te eet of te drink. Slukkies koue water of
tee kan verligting bring. Sekere lyers wie se aanvalle nie deur kafeïen
aangebring word nie, is oortuig daarvan dat ’n sterk koppie koffie
hulle help. Dié kan moontlik geswole bloedvate laat saamtrek en die
leegmaak van die maag verhaas. Tee of gemmerbier kan ook naarheid teëwerk. Elke
migrianelyer is anders en daarom is dit belangrik om verskillende rate
te beproef om vas te stel wat vir jou sal help. Party ouers vertel dat
hulle dikwels ’n doek op hul voorkop plaas net sodat hul kinders kan
sien dat hulle pyn het en hulle dus met ’n bietjie stilte sal beloon. |
|
Met voetskimmel saamleef? Se voet!
Rate
teen atleetvoet, ook voetskimmel genoem, is werklik legio. Vra maar ’n
bietjie rond, en jy hoor van sulke uiteenlopende boeremedisynes soos
koeksoda-pasta of verdunde asyn of louwarm water waarin stukke pypkaneel
opgekook was. Of
van vreemde preparate wat uit woestynkaktus gemaak is of gesuspendeerde
mikro-deeltjies van silwer in gedistilleerde water. Geen
wonder sekere mense sê lakonies "se voet" en lewe dan maar
stoïsyns met hul jeukende voete saam nie! Maar
niemand hoef atleetvoet of voetskimmel só gelate te aanvaar nie. Daar
is goeie anti-swammiddels op die mark en met die regte behandeling
behoort dié voetsiekte sommer gou-gou die nekslag te kry. Glo
dit as jy wil, die meeste mense word minstens een keer in hul lewe deur
atleetvoet getreiter. Soos die naam voetskimmel aandui, is dit in der
waarheid ’n skimmel of swam (nes die muf op brood of die paddastoele
in jou tuin) wat hom in die klamte van jou geskoende voete kan tuis
maak.
Atleetvoet kan wel verskillende mense verskillend affekteer. By sekeres bars die vel tussen die tone, by andere is daar ’n rooiigheid en selfs blase op die sole en langs die kante van die voete. Hierdie velveranderings kan met ’n gejeuk gepaard gaan. Maar alle uitslae op die voete is nie atleetvoet nie. Dit is waarom dit belangrik kan wees om eers ’n spesialis te raadpleeg wat die toestand kan diagnoseer en die regte medikasie kan voorskryf. Om middels wat jy oor die toonbank gekoop het te gebruik vir ’n uitslag wat nie voetskimmel is nie, kan dalk die toestand vererger. As atleetvoet nie behandel word nie, kan die barste tot bakteriële infeksies lei. Nog
kennerswenke oor die behandeling is: •
Hou jou voete
droog. Droog hulle deeglik af sodra jy uit die bad of stort kom. •
Mans moet twee
keer per dag skoon sokkies aantrek. Wend talkpoeier aan. •
Gebruik goeie preparate wat jy by jou apteker kan koop en volg
die instruksies getrou. •
Behandel jou
skoene. As hulle sleg ruik, gooi hulle weg. Daar's swamme daarbinne. As
die skoene nie sleg ruik nie, gebruik ’n goeie doelmatige sproei of
gooi motballetjies in die skoene en hou hulle oornag in ’n verseëlde
plastieksak. |