|
DIAL DIRECT
Motor- en Huishoudelike Versekering |
||
|
Baasbrein |
||
|
|
||
|
KEN jy die gewilde speletjie M a s t e r m i n d *? Daarin moet jy mos sekere gekleurde pennetjies in rye gaatjies inpas—die een ry ná die ander—en moet jy algaande probeer uitwerk presies hoe iemand anders sy of haar vier kleurpennetjies geplaas het waar jy dit nie kon sien nie. Ons Baasbrein-speletjie werk op dieselfde manier. Maar die rekenaar is telkens die “ander speler” teen wie jy moet kragte meet. Jy plaas jou kleurpennetjies in die gaatjies in die rye links (en werk van onder af boontoe deur elke ry).
•
Vir elke pennetjie wat die korrekte kleur het maar
nie in die korrekte posisie is nie, verskyn daar (ná die voltooiing van elke ry)
een klein wit pennetjie in die klein vierkantjie daarnaas.
As jy in die agtste en boonste ry nog nie die
korrekte kleurvolgorde kon vind nie, sal jou rekenaar vir jou vertel wat dit is.
Omdat die program in Engels geskryf is, sal jy maar daarmee vir lief moet neem
dat jou rekenaar in Engels met jou kommunikeer! Klik hierna op “Start”. Klik op die blok aan die regterkant op die kleurpennetjie wat jy, sê, heel links in die onderste ry wil plaas. Klik dan op daardie gaatjie in die ry om die betrokke kleurpennetjie daar te vestig. So gaan jy dan voort om elke gaatjie van ry tot ry te vul, totdat jy die korrekte keuses gedoen het—of nie daarin kon slaag nie.
Indien jy van voor af wil begin, klik eenvoudig
“End” om die huidige kragmeting uit jou rekenaar se geheue te verwyder.
|
||