John Logie
Baird
|
||||
|
|
||||
|
Teks uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Wêreld IMPORTANT NOTICE: The pictures on these pages are presumed to be copyright free, due to the fact that there seems to be miriads of them on the web and it would seem fruitless to trace copyright holders, if there are any. Because of their historical context and orginating from the early part of the twentieth century, one would also be inclined to presume that they are in the public domain. If anyone would however claim copyright to any of them, he or she should please contact dugeot@mieliestronk.com so that the matter can be settled amicably. In the light of this other webmasters should please refrain from making copies of pictures on this page and using them on their own pages. We do not want the perpetuation of any possible infringement!
EEM ’n handvol radiobuise, die motor van ’n ou elektriese waaier, ’n fietslig en ’n ouderwetse draadlose telegraaf. Voeg ’n teekis, ’n beskuitblik, ’n hoedeboks en ’n klompie breipenne daarby. Wend ’n bietjie gom en seëlwaks aan en hou alles in hul plek met lyn. Wat se affêre het jy daar?
Die meeste mense sal sê dis net ’n klomp
rommel. Maar John Logie Baird, die platsak seun van ’n Skotse
predikant, het hierdie konkoksie gebruik om die wêreld se eerste
televisiestel te bou. Baird
is op 13 Augustus 1888 in Helensburgh, Skotland, gebore. Hy was in drie
skole, maar het hulle almal gehaat en bra swak gepresteer. Daarna het hy
ingenieur geword en by ’n elektriese firma werk gekry. Maar hy het
hierdie werk ook verfoei en op 26-jarige leeftyd alles opgeskop,
vasbeslote om nooit weer vir iemand anders te werk nie.
Hy
beproef sy geluk met allerhande skemas om gou ryk te word, onder meer
die maak van kunsdiamante. Hy emigreer na Trinidad en begin ’n
konfytfabriek. Terug in Brittanje verkoop hy kunsmis en seep. Maar alles
waaraan hy sy hand waag, misluk hopeloos. Toe
Baird 35 jaar oud is, kry hy egter sy heel grootste ingewing—’n
inspirasie wat die lewe van mense regoor die wêreld ingrypend sou
verander. Hy woon destyds by ’n vriend in Hastings, Oos-Sussex, en
gaan stap op ’n dag ’n ent langs die hoë kranse by die see. Soos
dit moes gebeur, is die BBC (British Broadcasting Corporation) die
vorige jaar gestig. Baird dink aan hul radio-uitsendings en kry skielik
die idee om "per draadloos te sien". Teen die einde van sy
wandeling het hy vir homself uitgewerk presies hoe draadlose golwe
gebruik kan word om beelde te stuur. Inderhaas
gaan vergaar hy stukke en brokke van rommelwerwe om sy proef te doen. Hy
gaan terug na sy vriend se huis toe, waar hy aan die werk spring. Nou
moet ’n mens eers verstaan wat die beginsel van televisie is.
Daarvolgens word ’n ligbeeld (bv. van ’n mens of ’n boom) in talle
klein ligdeeltjies opgedeel. Elkeen van hierdie deeltjies word dan
omskep tot ’n elektriese impuls, uitgesein en in die televisiestel
heromskep tot ’n ligbeeld. Baird
het ’n eenvoudige draaiende skyf met gaatjies daarin, asook ’n
ligbron, gebruik om ’n kruis te "skandeer" en ’n
flikkerende skaduwee van die kruis op ’n wit laken laat verskyn. Baird
besef dat hy hiermee iets groots beet het. Al wat hy nou moet doen, is
om die geld te kry om sy proewe te verfyn. In briewe aan koerante stel
hy sy saak. ’n Draadlooshandelaar stem in om hom 200 pond te gee in
ruil vir ’n aandeel in sy uitvindsel—onbillik, maar beter as niks
vir Baird. Hy
huur verblyf in Hastings en koop geskikte toerusting. Dag en nag werk hy
en eindelik begin hy resultate kry. Eendag skok hy hom egter byna dood.
Die senuweeagtige huisbaas beveel hom om te trap. Hierna
huur die ongelukkige uitvinder ’n solderkamer in Soho, Londen, maar
teen hierdie tyd is sy geld ook al gedaan en kan hy nie meer met sy
eksperimente voortgaan nie. Gelukkig
vir hom hoor Cordon Selfridge, die baas van ’n beroemde Londense
winkel, van sy werk en neem hom in diens om daaglikse vertonings in sy
winkel te gee. Die
geld en publisiteit stel Baird in staat om die nodige toerusting te koop
om die gehalte van sy beelde te verbeter. Nog geld stroom in en kort
voor lank kan hy ’n maatskappy stig en sy eie span ingenieurs en
wetenskaplikes in diens neem. Dit
is in hierdie tyd, in Oktober 1925, dat Baird sy beroemde beeldsending
van die buikspreek-pop en die kantoorseun William Taynton doen. Kort
daarna, op 27 Januarie 1926, bied hy die wêreld se eerste suksesvolle
openbare demonstrasie van ware televisie aan. (Met ware televisie word
hier die direkte uitsending en ontvangs van beelde bedoel, sonder die
gebruikmaking van drade.) Baird
word oornag beroemd en word oorval met aanbiedings van geldelike hulp om
sy toerusting te verbeter. Drie jaar later oorreed hy die BBC tot ’n
daaglikse beeldsenddiens in swart-wit. Dit lyk of hy bestem is om
skatryk te word. Maar toe kom die teëspoed. Twee
ander Britse maatskappye—die Marconi Company en Electrical Musical
Instruments (EMI)—het saam begin eksperimenteer met ’n elektroniese
televisiestelsel. Dié is duidelik beter as Baird se meganiese stelsel,
want die definisie van die beelde is baie skerper. In
1937 beproef die BBC albei stelsels, maar aanvaar dié van Marconi en
EMI. Baird is verpletter. Hy bly bitter—en glad nie so vermoënd as wat ’n mens sou verwag het nie—totdat hy nege jaar later sterf. |
||||
|
||||
|
• Baird was die eerste mens wat ’n beeld deur middel van meganiese televisie oorgesein het, maar hy was nie die eerste wat aan dié konsep gedink het nie. Een van die eerste voorstelle vir ’n meganiese televisiestelsel is in 1883 deur die Duitse navorser Paul Nipkow gedoen. Nipkow het ’n patent geregistreer toe hy ’n onbekende 23-jarige student was wat in Berlyn gewoon het. Hy het egter nooit die apparaat gebou wat hy in die patent beskryf het nie. |
||||
Hoe TV
werk
|
||||