|
’n Laslappie van Mieliestronk | |||
|
Ontkieming van die
boontjiepit en ander
nuttige
feite omtrent hierdie uiters
gewilde peulgewas Loontjies kom uit boontjies, met ander woorde dit kan heel lonend wees vir ’n boer of tuinier om boontjies te kweek. Maar wat is ’n boontjie en hoe ontkiem die boontjiesaad?
BOONTJIE kry sy loontjie, lui die bekende uitdrukking.
Wanneer ons van
boontjies
(Phaseolus
vulgaris)
praat, verwys ons gewoonlik na die
Boonop is daar baie ander “bone”, soos kasteroliebone, koffiebone en vanieljebone, wat maar net so genoem word, dog in werklikheid nie ware bone is nie. Hoe ook al, boontjies is onder die plante wat die langste deur die mense verbou word. Hulle was inheems in Suid-Mexiko, Guatemala, Honduras en Costa Rica. Daar is glo meer as dertig spesies peulgewasse wat as groente gebruik word, maar verskeie is nie so algemeen bekend in ons land nie.
Die saad of pit van ’n tweesaadlobbige plant soos die boontjie het drie hoofdele, te wete:
Drie faktore is nodig vir geslaagde ontkieming, naamlik:
Die ontkieming van ’n boontjiepit geskied wanneer dit vinnig water opneem, wat die binnekant laat uitsit en die buitedop laat oopbars. Die kiemwortel maak dan sy verskyning en begin met sy afwaartse groei in die grond. Die hipokotiel (die deel van die plantjie onderkant die saadlobbe) word langer en beur regop, waardeur die saadlobbe bokant die grond uitgelig word. Die eerste blare ontwikkel dan uit die pluimpie bokant die saadlobbe. Vir die boontjieplant om te groei, het dit onder meer ook sonlig nodig, maar lig is nie ’n voorvereiste vir ontkieming nie. Die boontjiesaad kan ewe goed in ’n warm, vogtige, donker plek ontkiem, maar sal spoedig vrek as hy nie deur middel van fotosintese vir hom kos kan maak uit sonlig nie. |
|
|
|
Die boontjie
is een van die voedsaamste groentesoorte wat daar is—’n uitmuntende
bron van koolhidrate en
Ja-nee, dit kan ’n mens wel loon om te boer met die boon—die resultate is immers daar vir almal om te sien. |