ín Laslappie van Mieliestronk

Ontkieming van die boontjiepit en ander nuttige feite omtrent hierdie uiters gewilde peulgewas

Loontjies kom uit boontjies!

Loontjies kom uit boontjies, met ander woorde dit kan heel lonend wees vir ín boer of tuinier om boontjies te kweek. Maar wat is ín boontjie en hoe ontkiem die boontjiesaad?

Boontjies en Krugerrande

BO: Daarís munt te slaan uit bone. En om dit te benadruk: Tuur ín rukkie na die Krugerrande bo-aan hierdie prent, maak jou oŽ effens skeelóen dit kan dalk vir jou lyk of die goue munte vorentoe uitspring met die boontjies op die agtergrond!


BOONTJIE kry sy loontjie, lui die bekende uitdrukking. BoontjiepitDaarmee wil ons sÍ dat ín kwaaddoener nie moet dink hy kan sy straf vryspring nie. Maar hoe dit gebeur het dat ons in die volksmond die alte nuttige boontjie met ín boef begin vergelyk het, is ín ope vraag. Meen te sÍ, talle nuttige loontjies is mos al deur menige tuinier en boer met die einste boontjies verdien!

Wanneer ons van boontjies (Phaseolus vulgaris) praat, verwys ons gewoonlik na die Bone en peulebekende groenbootjies of droŽ boontjies van ons groente of sop , maar met bone word eintlik die sade bedoel van verskeie genera van Fabaceae (voorheen Leguminosae) wat as kos of dierevoer gebruik word. Hulle staan ook  bekend as peulgewasse.

Boonop is daar baie ander ďboneĒ, soos kasteroliebone, koffiebone en vanieljebone, wat maar net so genoem word, dog in werklikheid nie ware bone is nie.

Hoe ook al, boontjies is onder die plante wat die langste deur die mense verbou word. Hulle was inheems in Suid-Mexiko, Guatemala, Honduras en Costa Rica. Daar is glo meer as dertig spesies peulgewasse wat as groente gebruik word, maar verskeie is nie so algemeen bekend in ons land nie.

Oopgebreekte boontjiepitREGS: Tweesaad-
lobbigÖ met twee lobbe aan die kiem. Sů lyk ín boontjie-
 pit as ín mens dit oopbreek.

Saadlob, pluimpie en buitedop

REGS: Die reserwevoedsel word in die boontjiepit opgeberg en is dus deel van die embrio.

Die saad of pit van ín tweesaadlobbige plant soos die boontjie het drie hoofdele, te wete:

  • die omhulsel of buitedop, wat ín sterk beskermende bedekking is;
  • die embrionale jong wortel en pluimpie wat tot ín volwasse plant sal ontwikkel;
  • en die saadlobbe of spens, ín bergplek van voedsel vir die jong plant om te gebruik totdat hy groot genoeg is om sy eie kos te maak.

Boontjie en uitloopselOntkieming is die term wat gebruik word om te verwys na die begin van die groei in ín saad waardeur dit tot ín volwaardige plant kan ontwikkel. ín Saad kan selfs geruime tyd dormant (rustend) wees, net om te begin ontkiem (uit te loop) wanneer die omstandighede gunstig is.

Drie faktore is nodig vir geslaagde ontkieming, naamlik:

ē   wateródit laat die saad uitswel en aktiveer die embrio om te begin groei;
ē   suurstofósodat energie vir ontkieming vrygestel kan word;
ē   en die nodige hitteóontkieming verbeter namate die temperatuur stygÖ tot op ín punt natuurlik.

Die ontkieming van ín boontjiepit geskied wanneer dit vinnig water opneem, wat die binnekant laat uitsit en die buitedop laat oopbars. Die kiemwortel maak dan sy verskyning en begin met sy afwaartse groei in die grond. Die hipokotiel (die deel van die plantjie onderkant die saadlobbe) word langer en beur regop, waardeur die saadlobbe bokant die grond uitgelig word. Die eerste blare ontwikkel dan uit die pluimpie bokant die saadlobbe.

Vir die boontjieplant om te groei, het dit onder meer ook sonlig nodig, maar lig is nie ín voorvereiste vir ontkieming nie. Die boontjiesaad kan ewe goed in ín warm, vogtige, donker plek ontkiem, maar sal spoedig vrek as hy nie deur middel van fotosintese vir hom kos kan maak uit sonlig nie.

Ontkieming en groei van die boontjieplant

Die boontjie is een van die voedsaamste groentesoorte wat daar isóín uitmuntende bron van koolhidrate en GroenboontjiesproteÔene vir mens sowel as dier.  Boontjies (en ander peulgewasse) word ook gesaai om die grond te verryk. Die plante haal naamlik stikstof uit die lug en plaas dit in die grond deur die werking van bakterieŽ in die wortels. (Kyk Stikstofbinding deur bakterieŽ in die wortelknoppies van peulgewasse in hoofstuk twee van ons reeks oor Ons wonderlike plante.)

Ja-nee, dit kan ín mens wel loon om te boer met die boonódie resultate is immers daar vir almal om te sien.


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad