|
 |
Leerder van die Kaapse
protea-wêreld se vindingryke idees rondom die
Wêreldbeker-Sokkertoernooi van 2010
My
aksieplan vir my eie
toer-onderneming
Met die
oog op die verwagte ekonomiese inspuiting vir Suid-Afrika van die
Wêreldbeker-Sokkertoernooi in 2010, is leerder
Wikus Groenewald van die Wes-Kaap gevra om ’n projek te doen oor hoe
hy ’n sakeplan vir ’n toerisme-onderneming in daardie tyd in werking
sou stel. Hier is Wikus se vindingryke aksieplan... genoeg om ander
leerders en voornemende entrepreneurs kliphard aan die dink te
sit...
Foto van Suid-Afrika
se koningsprotea: ARS / U.S. Department of Agriculture |
|
Wikus Groenewald: Inwerkingstelling van sakeplan
Akkommodasie vir toeriste wat Suid-Afrika tydens
die Wêreldbeker-Sokkertoernooi in
2010 besoek
Projeksie vir sake-onderneming,
CWC Tours cc
(“See Western Cape” cc)
|
| a) Doelstellings:
My onderneming het ten doel om oorsese toeriste te teiken wat
Suid-Afrika in 2010 tydens die Wêreldbeker-Sokkertoernooi besoek—met
die verskil dat die toeriste in my visier nie die fanatieke
sokkergeesdriftiges self sal wees nie, maar familie of vriende wat
hulle op hul Suid-Afrikaanse besoek vergesel en eintlik vere voel
vir sokker!
Terwyl die histeriese sokkeraanhangers dus van stadion tot stadion
rondjaag om hul spanne te ondersteun, is daar altyd ’n goeie aantal
veel rustiger meelopers wat eerder ’n vakansie sal waardeer waarin
hulle meer van die mense, natuurlewe en natuurskoon van Afrika kan
ervaar.
Uitvoeriger doelstellings:
• Ek wil die toeriste wat ek hiervoor werf ’n belewenis bied wat
hulle nooit sal vergeet nie. Dit moet ook ’n volhoubare onderneming
wees wat kan voortbestaan oor lange jare nadat die Sokkertoernooi
van 2010 verby is.
• Ek wil met my onderneming die toeriste (sowat twintig op ’n keer)
laat tuis gaan in die private huise van kennisse en vriende met wie
ek ooreenkomste in hierdie verband gesluit het. Die toeriste oornag
teen 120 Amerikaanse dollar per persoon per nag in die huise, waar
hulle in die aand op ’n gesellige vleisbraaiery (of ander
tradisionele ete) getrakteer word en die volgende oggend ’n regte
boere-ontbyt sal kan nuttig. Ek betaal die deelnemende huiseienaars
300 Suid-Afrikaanse rand per persoon per nag vir hul dienste. Teen
die huidige wisselkoers kan dit vir my ’n skoon wins van R580-00 per
persoon per nag beteken, hoewel aanpassings natuurlik nodig sal wees
om met die toekomstige wisselkoers rekening te hou. Met twintig
toeriste sou dit egter vandag ’n ongehoorde inkomste van R11600-00
per nag vir my kon beteken.
• Soggens laai ek die toeriste by die onderskeie huise op en vervoer
ek hulle met my pa se minibus (bestuur deur ’n werknemer, Gabriël
Plaatjes). My doel is om vir hulle die Kaap, Boland, Weskus en
omliggende streke in al hul grootsheid te laat ervaar, deurdat ek as
toergids deurlopende kommentaar lewer om hulle oor alles in te lig.
Die Waterkant, Kaappunt, Tafelberg se sweefspoor en Kirstenbosch kom
op een dag aan die beurt, op ’n ander dag die Weskus en op ’n
verdere dag weer Gordonsbaai, Bettiesbaai, Kleinmond, Hermanus en
omstreke, ensovoorts. Daguitstappies kos ’n verdere (vir die oorsese
toeriste baie bekostigbare) 60 Amerikaanse dollar per persoon, wat
op die oomblik in ’n baie netjiese sowat 440 Suid-Afrikaanse rand
omgeskakel kan word. Met twintig toeriste per keer beteken dit ’n
bruto-daginkomste van R8800, maar petrolgeld, motorslytasie en
natuurlik die loon van die toerbusbestuurder plus onvoorsienbare
onkostes kan miskien die skoon wins tot nagenoeg R5000 afdwing.
|
b) Naam:
Ek het tot die volgende naam vir my sakeonderneming besluit:
CWC Tours cc (die CWC is ’n letternaam en ’n soort afkorting vir
“See Western Cape”). Dit is kort, maar na my mening heel beskrywend.
|
c) Registrasieprosedures vir my
onderneming:
Registrasie van my besigheid as ’n private onderneming (“Close
Corporation”) geskied ingevolge die volgende riglyne wat vir sulke
Suid-Afrikaanse besighede verskaf word deur die Companies and
Intellectual Property Registration Office (CIPRO) by
http://www.cipro.gov.za :
Close Corporations
1. Application for Reservation of Name
2. Close Corporations Founding Statement
(Nota van webmeester: Leerders wat Wikus se aksieplan op die
Mieliestronk-CD-ROM oopgemaak het en nie internet-koppeling het,
nie, word aangeraai om die CD-ROM na byvoorbeeld ’n internet-kafee
te neem om sodoende die inligting oor die volgende van die
CIPRO-werf af te trek.)
|
| d) 'n Ontwerp vir die logo van my
onderneming (vir gebruik in briefhoofde, advertensies en buite-op
die toerbussie):

|
e) Ligging van die onderneming en omgewingsfaktore:
Die “hoofkantoor” van die onderneming is gesetel in my eie huis,
terwyl ons eie huistelefoon as kontak met byvoorbeeld die Kaapse
toeriste-organisasie Captour of met voornemende kliënte kan dien.
Ons huis is in Ruyterwacht, in die Noordelike Voorstede van die
Kaapse Metropool, en is as sodanig baie sentraal geleë vir ’n
onderneming soos hierdie. Mense wat hul huise beskikbaar stel vir
die akkomodasie van (en Suid-Afrikaanse gasvryheid teenoor) die
oorsese gaste, moet nie te ver van my af woon nie, sodat al die
gaste soggens maklik vir hul daguitstappies opgelaai kan word.
Die deelnemende gashere en gasvroue sal nie lukraak gekies kan word
nie, maar deeglik gekeur moet word vir hul sindelikheid,
medemenslikheid en gasvryheid. Die onderneming sal dit byvoorbeeld
nie kan duld dat van die gaste weens salmonella-vergiftiging na die
hospitaal gejaag moet word nie – ook nie dat hulle in die nag oor
motoronderdele of bierbottels in die agterplase struikel en hul bene
breek nie!
Bedags sal ’n noodhulpkissie in die toerbussie ’n absolute
noodsaaklikheid wees – met veral middels teen hoofpyn,
maagongesteldhede en natuurlik rysiekte. Vir mense met gestremdhede
moet gerieflike hulpmiddels beskikbaar wees om onder meer maklik in
en uit die toerbussie te klim. Hiervoor sal geïmproviseer moet word
na gelang van die spesifieke gestremdhede.
|
| f) 'n Uitleg van my sakeonderneming:

|
g) Uiteensetting van my promosieplan:
• Advertensie om my sakeplan in ’n internasionale toeristetydskrif
te bevorder:

• ’n Pamflet:
|

Photo: ©
South African
Tourism
For all the World Cup
“Tag-Alongs”…
See the Western Cape in all its
glory while your friends are
blinded by those footballs!
Experience the true South African way of life… if really
living
means much more to you than just soccer!
While the others in your touring party are rushing from
stadium to stadium during World Cup 2010, you can relax
among South African friends in thetranquility of the
“Fairest Cape in all the World”…
• Enjoy fabulous South African home-cooking, braaivleis,
boerewors,
biltong and much, much more;
• Taste the best of South Africa’s world famous wines;
• Stay with South Africans in their very own homes;
• Go on daily site-seeing tours in the Western Cape for
experiences
you’ll never forget for as long as you live.
Longing to be part of it all? We are awaiting your call
at
021 111 1111 right now!
Remember CWC cc …
C (see)
the Western Cape,
Close Corporation!
|
|
• ’n Besigheidskaartjie:
|
 |
CWC cc |
Wikus Groenewald
Business prop.
• Phone 021 111 1111 • Ruyterwacht, Cape Town |
• ’n Etiket:
Die enigse etiket, as en waar dit nodig mag wees, sal die vorm
aanneem van die bestaande CWC-logo:

• Hieronder is ’n foto van
’n minitoerbus soos dié wat ek
graag in my onderneming wil gebruik. Daar is plek vir tot dertig
passasiers, as dit moet. (My pa se bussie is ietwat nederiger—daar
is net plek vir twintig—maar ek sal vir eers daarmee moet volstaan.)

• Pryse vir die dienste:
Die rand-ekwivalent van $120 (Amerikaanse dollar) per persoon per
nag vir verblyf in private huis met badkamer en toiletgreriewe,
tradisionele Suid-Afrikaanse aandete, bed en ontbyt ingegrepe.
Die rand-ekwivalent van $60 (Amerikaanse dollar) per persoon vir
enige van die dagtoere soos uiteengesit in afdelings a) en f) van
hierdie projeksie. Geen etes word tydens toere verskaf nie, maar die
toerbussie sal rondom die middagete vertoef by eetplekke waar etes
of versnaperinge gekoop sal kan word.
Afslag vir verblyf en toere soos ooreengekom vir groepe van minstens
tien.
• Idees om my onderneming te
bevorder:
Bewenens advertensies in minstens ’n paar oorsese toeristetydskrifte
word die internet ook benut met ’n persoonlike webwerf, waarheen
voornemende toeriste kan skakel vanaf uitgesoekte portale wat
spesiaal vir toeriste voorsiening maak.
Sodra die toeloop vir die Sokkertoernooi in alle erns begin, kan
handbiljette op straat ook uitgedeel word.
h) Naam van my enigste werknemer en sy verantwoordelikhede:
Gabriël Plaatjes, bestuurder van toerbussie en hulpverlener aan
gaste met vervoer van bagasie en enige onvoorsiene noodsaaklikhede.
|
|
i) ’n Dienskontrak vir die enigste werknemer in my diens:
Dienskontrak
Aangegaan tussen:
Wikus Groenewald in sy hoedanigheid as alleeneienaar van CW Tours cc
Hierna verwys as ‘die werkgewer’
Adres van werkgewer: Ruyterwacht, Stad Kaapstad
En
Gabriël Plaatjes
Hierna verwys as ‘die werknemer’.
1. Diensaanvaarding:
Hierdie kontrak sal begin op …………………………… en sal voortgaan totdat
diens beëindig is soos bepaal in klousule 7.
2. Plek van werk:
Toerbussie wat opereer van en na die perseel van die werkgewer.
3. Posbeskrywing:
Bestuurder van toerbussie wat hoogstens twintig passasiers kan
vervoer; verleen ook hulp aan toeriste met die vervoer van hul
bagasie en ander onvoorsiene noodsaaklike en / of humanitêre dienste
(soos aan passasiers in rolstoele).
4. Pligte:
Bestuur toerbussie op roete wat aan hom verstrek word by die aanvang
van elke toer.
Bestuur toerbussie op enige ander alternatiewe roete wat deur
omstandighede genoodsaak mag word.
Sien om na passasiers wat hulp nodig het met vervoer van bagasie.
Sien om na passasiers wat oud en sieklik is of op ander maniere hulp
nodig sou hê.
Sorg dat die toerbussie ná elke dagtoer aan die buitekant behoorlik
gewas en binne gestofsuig word.
5. Werkure:
5.1 Normale werkure op Maandae tot Vrydae van 9.30 vm. tot 5.30 nm.
Met etenstyd van 1 nm. tot 2 nm.
Werkure op Saterdae dieselfde as op weekdae, met inagneming van
oortydbetaling. Daar sal normaalweg nie op Sondae gewerk word nie,
tensy omstandighede dit absoluut vereis.
5.2 Oortyd sal slegs gewerk word wanneer van tyd tot tyd daaroor
ooreengekom is. Die werknemer sal oortyd per uur betaal word teen
die koers van een en ’n half keer sy gewone loon per uur.
6. Lone:
6.1 Die werknemer se loon sal in kontant op die laaste Vrydag van
elke week betaal word en sal soos volg wees: R1000-00 per week.
6.1.1 ’n Weeklikse vervoertoelaag van R 100-00.
6.1.2 Die werkgewer mag geen aftrekkings van ‘n werknemer se
besoldiging doen tensy die werknemer skriftelik ingestem het tot die
aftrekking nie.
6.2 Die totale waarde van die bogenoemde vergoeding sal soos volg
wees: die totaal van klousule 6.1 en klousel 6.1.1.
6.3 Die werkgewer sal die werknemer se loon op of voor 1 Junie van
elke jaar hersien.
7. Diensbeëindiging:
Enige van die partye kan hierdie ooreenkoms beëndig deur een week
skriftelike kennis te gee gedurende die eerste ses maande van diens
en vier weke kennis daarna.
8. Sondagwerk:
Enige werk op Sondae sal per ooreenkoms van tyd tot tyd tussen die
partye wees. As die werknemer per geleentheid op ’n Sondag werk, sal
hy / sy dubbel die loon betaal word vir elke uur gewerk.
9. Openbare vakansiedae:
Werk op ’n openbare vakansiedag geskied slegs per ooreenkoms, met
ander woorde dit is vrywillig. As die werknemer op ‘n openbare
vakansiedag werk, sal hy dubbel betaal word.
10. Jaarlikse verlof:
Die werknemer is geregtig op 3 weke betaalde verlof ná elke 12
maande van aaneenlopende diens. Sulke verlof moet geneem word op tye
wat gerieflik is vir die werkgewer. Die werkgewer mag van die
werknemer verwag om sy verlof te neem op tye wat met die werkgewer
se verlof ooreenstem.
11. Siekteverlof:
11.1.1 Gedurende elke siekteverlofsiklus van 36 dae is ’n werknemer
geregtig op ’n hoeveelheid siekteverlof met betaling wat gelyk is
aan ‘n aantal dae wat die werknemer gewoonlik sou gewerk het
gedurende ‘n tydperk van ses weke.
11.2 Gedurende die eerste ses maande diens is ‘n werknemer geregtig
op een dag siekteverlof met betaling vir elke 26 dae wat hy / sy
gewerk het.
11.3.1 Daar word van die werknemer verwag om die werkgewer so gou
moontlik in kennis te stel van sy / haar afwesigheid van die werk as
gevolg van siekte of besering.
12. Verlof vir gesinsverantwoordelikheid: Die werknemer is geregtig
op drie dae verlof vir gesinsverantwoorlikheid teen volle betaling
gedurende elke verlofsiklus indien hy / sy minstens vier dae per
week vir die werkgewer werk.
13. Akkommodasie: Die werknemer het sy eie huis en word nie deur die
werkgewer van akkomodasie voorsien nie.
14. Beskermingsklere:
Twee stelle uniforms sal voorsien word aan die werknemer deur die
werkgewer en sal die eiendom van die werkgewer bly. By
diensverlating moet die uniforms aan die werkgewer terugbesorg word.
15. Ander diensvoorwaardes of voordele:
………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………………………………
16. Algemeen
Enige wysigings aan hierdie ooreenkoms sal slegs geldig wees indien
die wysigings skriftelik is en ooreengekom en onderteken is deur
albei partye.
Ooreengekom en onderteken te ………………………………….
op hierdie……………….. dag
van…………………… 20……………
………………….
………………………
Werkgewer Werknemer
|
j) Lys
van verskaffers:
Daar is geen klassieke verskaffers ten opsigte van hierdie soort
diens nie. Private huiseienaars verskaf immers kos en herberg aan
kliënte en word vergoed soos in afdeling a) van hierdie projeksie
uiteengesit. Verskaffers van petrol en instandhoudingswerk aan
toerbussie sou wel ook as “verskaffers” gereken kon word, maar hul
pryse en dienste sou afhang van allerhande gebeurlikhede. |
Klik hier om terug te
keer na die inhoudsblad
|