|
|||||||
UID-AFRIKANERS het maar eers
’n dekade of vier gelede werklik van die probleem van
lugbesoedeling bewus geword. Dit is sedert die aanloop tot en
die promulgering van die Wet op Voorkoming van Lugbesoedeling
van 1965 (in 1973 en 1981 hersien en gewysig). Die
ergste besoedeling van die lug word deur die nywerheidsektor
veroorsaak. Só word byvoorbeeld sowat ’n miljoen ton van
die gas swaweldioksied elke jaar deur kragsentrales,
raffinaderye en sulfied-ertssmelterye in die lug ingepomp.
Ysteroksied van yster- en staalfabrieke beland weer in tempo
van ongeveer 10 000 ton per jaar in die atmosfeer. Kleiner
toestelle in stede wat met brandstof werk, skep ook ’n baie
groot probleem. Daar word geraam dat hulle vir die vrylating
van sowat 50 000 ton swaweldioksied in die atmosfeer
verantwoordelik is—meestal naby die grond en in woongebiede.
Boonop word nagenoeg 250 000 ton koolwaterstowwe elke jaar
deur dieselfde besoedelingsbronne en motorvoertuie naby die
grond vrygelaat. Gelukkig
word die probleme van owerheidsweë besef, al sou ’n mens
nie altyd weet in watter mate die beheer toegepas word en die
betrokke maatreëls afgedwing word nie.
Maar
nuwe bedrywe moet kragtens die wet met toereikende
installasies vir lugsuiwering toegerus wees en bestaande
bedrywe moet besoedelingbestrydende maatreëls volgens ’n
vasgestelde program tref. Nuwe sementoonde met elektrostatiese presipiteerders is in staat om stofbelading tot minder as 500 mg per kubieke meter te verminder. Dergelike verbeterings is in kragsentrales aangebring. ’n Rooklose huishoudelike stoof word landwyd gebruik. Die
stedelike woongebiede van agtergeblewe gemeenskappe word sover
moontlik geëlektrifïseer. Die
afdeling vir atmosferiese wetenskappe van die WNNR bestudeer
die aard en konsentrasie van besoedelingstowwe, die fisiese
eienskappe van dispersieprosesse en die invloed van
meteorologiese veranderinge. Die afdeling lugbesoedelingsbeheer
van die Departement van Nasionale Gesondheid doen metings van
besoedelingstowwe in probleemgebiede sodat beter beheer
uitgeoefen kan word. En
teen die jongste eeuwisseling was meer as 95 persent van
nywerhede wat lood hanteer, reeds met geskikte filters
toegerus. Ongeloodte petrol hou ook ons omgewing baie skoner. Grondbesoedeling
RONDBESOEDELING word
vanselfsprekend deur die Trouens, oral hoop die rommel op, selfs langs ons paaie op belangrike toeristeroetes. Goed, die meeste vullis beland wel nog op storthope, maar ook die plek hiervoor raak skraps. Vuilgoedplekke bevat alle soorte huishoudelike afvalstowwe, asook tonne teer, oplosmiddels en plaagdoders.
Foto: DLS / U.S. Fish & Wildlife Service Maar dit is lank nie al nie. Een
vraagstuk eie aan ons land is die baie afvalmateriaal op ons
mynhope en in die slikdamme by myne wat dikwels deur
woongebiede omring word. Myngrond is barre, steriele, dooie
grond—niks groei daarop nie, tensy die grond behandel word
sodat plante tog daarop gevestig kan word. Maar onbehandelde myngrond
veroorsaak—en hier is lugbesoedeling weer ter sprake—’n
geweldige stofprobleem. Wind-erosie het al tot groot
stofstorms gelei en daar is al bereken dat tot 500 000 ton
silika-sand in ’n jaar in die atmosfeer ingewaai is. Waterbesoedeling
ATERBESOEDELING word veroorsaak
deur die storting van skadelike stowwe soos swaarmetale,
nywerheidsafval, kunsmis of insektedoders in spruite, riviere
en ander waterlope. Fabrieke,
hoe noodsaaklik hulle ook al is, is van die grootste skenders
van die omgewing. Die afvalwater van fabrieke kan giftige
chemikalieë soos kwik, koper, lood, sink en arseen bevat,
waarvan baie moontlik in ons waterlope beland al is dit ook
onwettig. Termiese besoedeling
(hittebesoedeling) gebeur wanneer warm, maar andersins suiwer,
water wat vir nywerheidsverkoeling gebruik is, in riviere
vrygelaat word. Die verhoogde watertemperatuur kan naamlik
skadelik vir die waterlewe wees. Plaagdoders, kunsmis en onkruidmiddels wat boere in hul boorde en landerye gebruik, is nog ’n groot bron van waterbesoedeling. Reënwater spoel hierdie chemikalieë in spruite en riviere in, en uiteindelik in die see.
Seebesoedeling vind plaas
wanneer die see deur besoedelde riviere bevuil word, maar ook deur
rioolvuil, deur oliestortings en ander hoogs toksiese stowwe. Die oseane is baie geduldige absorbeerders, maar waterbesoedeling met rioolvuil is ’n ontstellende verskynsel. Die ideale toedrag van sake is dat rioolvuil by ’n rioolaanleg behandel moet word voordat dit byvoorbeeld in die see gestort word—’n behandeling wat die natuurlike prosesse vir die afbreking van die afval versnel—maar jammerlik genoeg word alle rioolvuil nie só behandel nie...
BO: Weerlose seevoëls by ’n see wat plek-plek swart is van gestorte olie. As die olie eers aan hul vere kom, kan dit hul dood beteken. Aangepaste
illustrasie uit NAUMANN, NATURGESCHICHTE DER VÖGEL
MITTELEUROPAS: Band XI, Tafel 21 - Gera, 1903. Illustrasie
vanweë kopiereg-verjaring in die openbare domein.
|
|||||||
|
|