|
Y
hou van sindelikheid. Reg? Jou liggaam moet skoon wees, jou
tande geborsel en jou hare netjies op hul plek. Boonop hou jy
daarvan dat jou huis darem redelik blink en stofvry en sover
moontlik kiemvry moet wees.
Raar
maar waar, dit lyk egter of die moderne mens nie maklik
dieselfde sindelikheid wil openbaar wanneer dit by sy eie
sfeertjie in die heelal, die planeet Aarde, kom nie.
Omgewingsbewustes
skreeu al lankal dat ons heeltemal te traak-my-nie-agtig
hieroor is. Trouens, dat ons besig is om ons wêreld te
vernietig of, ten beste, ’n sieklike, verskraalde aardse
biosfeer vir ons onskuldige nageslag gaan agterlaat.
Wat
is dan die naam van die gevaar waarop ons so bedag moet wees,
die monster wat ons tot elke prys moet probeer beveg? Kenners
sê ons moet dit met ekstra groot letters in ons bewuste
graveer: BESOEDELING!
En
dan moet ons nooit weer ophou om daarteen te baklei nie.
ESOEDELING
beteken doodeenvoudig die bevuiling of besmetting van die
aarde—ons planeet se lug, sy grond, sy waters en selfs die
waters onder die aarde (fontein- of putwater).
Anders
gestel: besoedeling is die nadelige uitwerking wat sekere
stowwe op die natuurlike omgewing het. Sulke stowwe, wat in
groot konsentrasies op bepaalde plekke gestort of uitgestrooi
word, kan dinge wees wat nie natuurlikerwys voorkom nie, soos
industriële en radioaktiewe afvalstowwe en insektedoders.
Dit
kan egter ook gebeur dat heel natuurlike stowwe (byvoorbeeld
nitrate) die omgewing erg besoedel deurdat hopeloos te veel
daarvan onnadenkend op plekke uitgegiet word.
Besoedeling
kan die lewe van mens, dier en plant geweldig benadeel—tot
krankhede, vertraagde groei en selfs die dood lei—en is
trouens een van die heel ernstigste kwessies waarmee besorgde
wetenskaplikes hier in die begin van die 21ste eeu worstel.
Wat
meer sê, selfs geraas van ’n ongewenste intensiteit word as
besoedeling beskou. Dit kan byvoorbeeld deur vliegtuie by
besige lughawens of deur hewige motorverkeer veroorsaak word.
Te veel lawaai maak jou nie net doof nie. Dit het ook
allerhande ander ernstige nadele, soos die aftakeling van die
senugestel.
Besoedeling
word in die reël in drie afdelings ingedeel, te wete die
besoedeling van die aarde se lug, die land (grond) en ons
planeet se waters. Ons kyk hieronder veral na
lugbesoedeling—en dan kortliks na die ander twee soorte.
IR
ons gesondheid is lugbesoedeling die nadeligste. Die
lewe op die aarde is immers afhanklik van ’n brose
ewewig tussen, enersyds, die produksie van koolstofdioksied
deur diere, vulkane en verbrandingsprosesse en, andersyds, die
produksie van suurstof deur die respirasie van groen plante.
Die
natuurlike lewensiklus word versteur deur die vrystelling van
ontsaglike hoeveelhede koolstofdioksied deur fabrieke en die
verbranding van natuurlike kragbronne, wat ook meebring dat
digte woude uitgewis word.
Tot oormaat van ramp vind enorme
lugbesoedeling plaas wanneer giftige gasse en dampe in
die atmosfeer vrygelaat word. Dit kan koolstofmonoksied
uit motors se uitlaatpype wees, die rook uit fabrieke se
skoorstene, asook gasse soos die oksiedes van stikstof en
swaweldioksied wat deur die verbranding van fossielbrandstowwe
afgegee word.
Suurreën, wat die plantegroei
beskadig, waterlewende organismes doodmaak en geboue laat
verweer, is ’n vorm van lugbesoedeling. Suurreën word
gevorm wanneer die vog in die atmosfeer met die swaweldioksied
en die oksiedes van stikstof reageer om dan as swawelsuur en
salpetersuur op die aarde uit te sak—weliswaar sterk verdun
maar steeds hoogs skadelik.
Dit kan selfs gebeur dat die
giftige gasse wat in een land vrygelaat word, as suurreën in
’n ander land val om geweldige skade aan die plante- en
dierelewe asook aan betonkonstruksies aan te rig, terwyl
drinkwatervoorrade ook besoedel word.
Lugbesoedelingsprobleme
in Suid-Afrika
UID-AFRIKANERS het maar eers
’n dekade of vier gelede werklik van die probleem van
lugbesoedeling bewus geword. Dit is sedert die aanloop tot en
die promulgering van die Wet op Voorkoming van Lugbesoedeling
van 1965 (in 1973 en 1981 hersien en gewysig).
Die
ergste besoedeling van die lug word deur die nywerheidsektor
veroorsaak. Só word byvoorbeeld sowat ’n miljoen ton van
die gas swaweldioksied elke jaar deur kragsentrales,
raffinaderye en sulfied-ertssmelterye in die lug ingepomp.
Ysteroksied van yster- en staalfabrieke beland weer in tempo
van ongeveer 10 000 ton per jaar in die atmosfeer.
Kleiner
toestelle in stede wat met brandstof werk, skep ook ’n baie
groot probleem. Daar word geraam dat hulle vir die vrylating
van sowat 50 000 ton swaweldioksied in die atmosfeer
verantwoordelik is—meestal naby die grond en in woongebiede.
Boonop word nagenoeg 250 000 ton koolwaterstowwe elke jaar
deur dieselfde besoedelingsbronne en motorvoertuie naby die
grond vrygelaat.
Gelukkig
word die probleme van owerheidsweë besef, al sou ’n mens
nie altyd weet in watter mate die beheer toegepas word en die
betrokke maatreëls afgedwing word nie.
Maar
nuwe bedrywe moet kragtens die wet met toereikende
installasies vir lugsuiwering toegerus wees en bestaande
bedrywe moet besoedelingbestrydende maatreëls volgens ’n
vasgestelde program tref.
Nuwe
sementoonde met elektrostatiese presipiteerders is in staat om
stofbelading tot minder as 500 mg per kubieke meter te
verminder. Dergelike verbeterings
is in kragsentrales aangebring.
’n Rooklose huishoudelike stoof word landwyd gebruik. Die
stedelike woongebiede van agtergeblewe gemeenskappe word sover
moontlik geëlektrifïseer.
Die
afdeling vir atmosferiese wetenskappe van die WNNR bestudeer
die aard en konsentrasie van besoedelingstowwe, die fisiese
eienskappe van dispersieprosesse en die invloed van
meteorologiese veranderinge. Die afdeling lugbesoedelingsbeheer
van die Departement van Nasionale Gesondheid doen metings van
besoedelingstowwe in probleemgebiede sodat beter beheer
uitgeoefen kan word.
En
teen die jongste eeuwisseling was meer as 95 persent van
nywerhede wat lood hanteer, reeds met geskikte filters
toegerus.
Ongeloodte petrol hou ook ons
omgewing baie skoner.
Grondbesoedeling
RONDBESOEDELING word
vanselfsprekend deur die storting van vullis veroorsaak, veral
as dit laks of onbeheerd gedoen word. En
soms gaan dit so erg dat ons nie kan help om te dink nie: Die
mens is stadig besig om homself te versmoor onder die berge
afvalstowwe wat hy skep... of dit nou hoogs skadelike
kernafval
of gewone huisvullis is.
Trouens,
oral hoop die rommel op, selfs langs ons paaie op belangrike
toeristeroetes. Goed, die meeste
vullis beland wel nog op storthope, maar ook die plek hiervoor
raak skraps. Vuilgoedplekke bevat alle soorte huishoudelike
afvalstowwe, asook tonne teer, oplosmiddels en plaagdoders.
Foto:
DLS / U.S. Fish & Wildlife Service
Maar dit is lank nie al nie. Een
vraagstuk eie aan ons land is die baie afvalmateriaal op ons
mynhope en in die slikdamme by myne wat dikwels deur
woongebiede omring word. Myngrond is barre, steriele, dooie
grond—niks groei daarop nie, tensy die grond behandel word
sodat plante tog daarop gevestig kan word.
Maar onbehandelde myngrond
veroorsaak—en hier is lugbesoedeling weer ter sprake—’n
geweldige stofprobleem. Wind-erosie het al tot groot
stofstorms gelei en daar is al bereken dat tot 500 000 ton
silika-sand in ’n jaar in die atmosfeer ingewaai is.
Waterbesoedeling
ATERBESOEDELING word veroorsaak
deur die storting van skadelike stowwe soos swaarmetale,
nywerheidsafval, kunsmis of insektedoders in spruite, riviere
en ander waterlope.
Fabrieke,
hoe noodsaaklik hulle ook al is, is van die grootste skenders
van die omgewing. Die afvalwater van fabrieke kan giftige
chemikalieë soos kwik, koper, lood, sink en arseen bevat,
waarvan baie moontlik in ons waterlope beland al is dit ook
onwettig.
Termiese besoedeling
(hittebesoedeling) gebeur wanneer warm, maar andersins suiwer,
water wat vir nywerheidsverkoeling gebruik is, in riviere
vrygelaat word. Die verhoogde watertemperatuur kan naamlik
skadelik vir die waterlewe wees.
Plaagdoders,
kunsmis en onkruidmiddels wat boere in hul boorde en landerye
gebruik, is nog ’n groot bron van waterbesoedeling. Reënwater
spoel hierdie chemikalieë in spruite en riviere in, en
uiteindelik in die see.
REGS:
’n Onooglike Suid-Afrikaanse rivier grasgroen van die
alge... die gevolg van sogenaamde eutrofikasie. Eutrofikasie
is ’n proses waar ’n watermassa—byvoorbeeld ’n rivier,
’n meer of ’n groot dam—oorverryk word deur
voedingstowwe. Dit vind hoofsaaklik plaas weens die storting
van rioolvuil en ’n toevloei van landbou-kunsmis wat nitrate
en fosfate bevat. Die gevolg is dat die alge in die water
buitensporig groei en die vlakke van opgeloste suurstof in die
water uitgeput raak. Visse en ander waterdiere vrek. Hoewel
watermolekules ’n suurstofatoom bevat, is dit nie hierdie
suurstof wat deur waterorganismes in natuurlike waters benodig
word nie. ’n Klein hoeveelheid suurstof (tot omtrent tien molekules
suurstof in ’n miljoen molekules water) is inderdaad in die
water opgelos. Dit is hierdie opgeloste suurstof wat deur
visse en ander waterdiere benut word om te oorleef.
Seebesoedeling vind plaas
wanneer die see deur besoedelde riviere bevuil word, maar ook deur
rioolvuil, deur oliestortings en ander hoogs toksiese stowwe.
Die oseane is baie geduldige
absorbeerders, maar waterbesoedeling met rioolvuil is ’n
ontstellende verskynsel. Die
ideale toedrag van sake is dat rioolvuil by ’n rioolaanleg
behandel moet word voordat dit byvoorbeeld in die see gestort
word—’n behandeling wat die natuurlike prosesse vir die
afbreking van die afval versnel—maar jammerlik genoeg word
alle rioolvuil nie só behandel nie...
BO:
Weerlose seevoëls by
’n
see wat plek-plek swart is van gestorte olie.
As die olie eers aan hul vere kom, kan dit hul dood beteken.
Aangepaste
illustrasie uit NAUMANN, NATURGESCHICHTE DER VÖGEL
MITTELEUROPAS: Band XI, Tafel 21 - Gera, 1903. Illustrasie
vanweë kopiereg-verjaring in die openbare domein.
-
Nog
inligting oor besoedeling: ’n
besondere bydrae oor oliebesoedeling
deur ’n leerder is verder deur Mieliestronk.com verwerk
en kan gelees word deur hier
te klik.
-
'n
Ander ster-bydrae, oor waterbesoedeling,
word onveranderd hier geplaas,
|