Biome
van die aarde — 4(a):
|
|||||
ARM, soel
dae wanneer die ryk plantegroei hul bruin vir groen verruil. Snikhete,
besige dae wanneer die hoogste bome ’n dak van beskutting skep. Koel,
stil dae met ryp wat die blare knou. Koue, triestige dae wanneer die
bome in aaklige geraamtes verander. Die
gematigde woude... in die herfs is hulle ’n prentjiemooi skouspel; in
die winter is hulle dikwels feitlik "dood". Dié verstommende
gedaantewisseling is net een van die natuurlewe se maniere om in die
gematigde streke te oorleef. Daar is nog baie ander... Die wêreld
se gematigde streke lê in die groot gebiede tussen die poolstreke en
die keerkringe in elke halfrond. Binne dié natuurstreek kry ons ’n
aantal substreke met konstrasterende klimate en plantegroei, met
temperature wat van subtropiese hitte tot amper poolse koue wissel. Maar
die bome hier is tog baie eenders in hul struktuur, en hoewel die
boomspesies van land tot land wissel, word dieselfde genera dikwels oor
die hele wêreld gevind. Gemagtigde
woude word in die klam, "sagte" klimaatstreke van die aarde
aangetref. Omdat dit vir die mens so voordelig is om hier te woon, is
groot dele van die ryk bosland wat dié streke eenmaal bedek het,
uitgedun vir timmerhout of heeltemal platgevee om plase en nedersettings
te skep. in die Noordelike Halfrond het bladwisselende woude op ’n tyd
wyd en syd oor Wes- en Oos-Europa, Noord-Amerika en Asië gestrek. In die
Suidelike Halfrond se streke met dieselfde klimaat as dié van die
noordelike bladwisselende woude, was gematigde immergroen woude weer
dominant. Oor die rede vir dié verskil is daar nog onsekerheid. Hier
het gematigde woude dele van Suid-Afrika, Suid-Amerika en Australasië
bedek. Hoewel min
van die oorspronklike plantegroel nog bestaan, is die oorblywende
gemagtigde woude steeds ’n lus vir die oog. Die bladwisselende woude
van die oostelike deel van Noord-Amerika bied van die wêreld se
lieflikste bostonele wanneer hulle in hul herfskleure van skarlakenrooi,
amber en geel gehul is.
Foto: Gene Carl Feldman / Goddard Space Flight Center / NASA DIE
koel gematigde woudsone van die Noordelike Halfrond word gekenmerk deur
’n koel, klam klimaat met reën die hele jaar deur en ’n lang
groeiseisoen. Die bome se blare is breed om die grootste moontlike
hoeveelheid sonenergie vas te vang. Hoewel die winters korter is as in
die naaldbos, is hulle steeds so koud dat groei en fotosintese in dié
tyd beperk is en die bome ’n dormante tyd binnegaan deur hul
ryp-gevoelige blare af te skud. Daarby
help die verlies van blare in die winter om wlndweerstand te verminder
en die oppervlak waardeur vogverlies plaasvind, word tot die minimum
beperk. Die volgende jaar se blare en blomme word in goed beskermde
botsels bewaar. Laag
groeiende plante wat die woudvloere in die somer bedek, gaan óf dood en
los hul sade onder ’n bedekking van afgevalle blare óf onttrek hulle
onder die grond as bolle of dik, vlesige wortels. Die
bladwisselende bome van ’n tlpiese breëblaar-woud groei in ’n reeks
vertikale strata. Die boonste daklaag word gevorm deur groot bome soos
eike en beuke, waarvan die blare feitlik ’n volle skaduwee oor die
ander bome en plante gooi. Onder die
boonste blaredak is kleiner bome soos ahorns en berke. Hieronder is weer
’n digte laag jong boompies en struike, insluitende jenewerbessies en
meidorings. Die laaste
laag is die kruidagtiges. Hulle bestaan uit delikate veldblomme,
varings, mosse en kleurryke paddastoele, en hulle floreer vroeg in die
lente wanneer die oorhangende bome nog min blare het en die son tot op
die woudvloer kan skyn. In die
verre noordelike streke bevat die woude plek-plek immergroen bome soos
denne, taksusbome en steekpalms. Hoewel hulle die meeste van hul blare
behou, berg die immergroenes ook die volgende jaar se voorraad blare en
blomme in veilige botsels aan die onderpunte van hul blaarstingels. NABY
die trope, waar somers warmer is en die winters minder koud, word warm
gematigde of subtropiese woude gevind. In groot dele van die ooskuste
van Noord-Amerika, China, Japan, Australië en Suid-Afrika word die
klimaat dikwels die China-tlpe genoem. Klimaatstoestande
wissel in dié streke: Die meeste kry somerreën en het beslis droër
winters. Elders reën dit die hele jaar deur. Die somers is dikwels
besonder warm en die lug vogtig en bedompig. Warm
gematigde woude wissel van die lowergroen "stapel"-woude in
gebiede waar daar deur die jaar genoeg reën is, tot droër woude en
selfs bossies in droogteland. Die welige
suptropiese plantegroei van die Natalse kus, met sy digte bosse,
rankplante, mangroves en palmbome, is goed bekend aan vakansiegangers
uit die binneland. IMMERGROEN
breëblaar-woude asook struike kom voor in gebiede met ’n Middellandse
See-klimaat van warm, droë somers en koel, nat winters—soos die
Wes-Kaap, dele van Kalifornië, Chili en Australië, asook bale van die
lande om die Middellandse See. Die
natuurlike plantegroei word verteenwoordig deur die sogenaamde maqui en
garigue van die Mediterreense gebiede, die chaparral van Kalifornië en
Mexiko, die mallee-struik van Australië en die fynbos van die Kaap.
Foto: Navorsingsdiens (ARS) van die Amerikaanse federale departement van landbou (USDA)
|
|||||
|
|||||