Biome
van die aarde — 7(a): In die ewige somer...
Die tropiese reënwoude... immer nat, immer heet, immergroen. Juis vanweë die ewige klamheid en hitte is hier ’n weelde van plantegroei soos ’n mens dit nêrens elders op aarde sal kry nie... Foto: U.S. National Park Service |
|||||
ERWOUD...
as jy die woord hoor, dink jy mos dadelik aan ’n stomende, stikkende
somberte. Aan verstrengelde ruigtes en ondeurdringbare bos met
nagmerrieplante en wreedaardige diere. En... wag... is dit nie
Tarzan wat daar aan ’n bobbejaantou bengel en gil nie? Ja-nee,
laat ’n mens dit maar erken: die oerwoud is kennelik ’n meedoënlose,
mededingende wêreld waar plante insekte vreet en ander plante doodwurg. Maar die
oerwoud van die storieboeke is ook baie ver van die waarheid af. Dis
eintlik geen chaotiese plek nie, maar ’n wêreld van orde. Dis
verbasend maklik om daardeur te loop, en meer as die helfte van ons
planeet se plante- en dierelewe word daar aangetref. Uit die
ruimte gesien, vorm die reënwoude ’n groen see om die middel van die
aarde in vier geografiese hoofstreke: Suid- en Sentraal-Amerika, Afrika
en Madagaskar, Indo-Maleisië en Australasië. Hierdie
woude tel onder die natste plekke op aarde. Daar is geen seisoene in
tropiese reënwoude nie. Regdeur die jaar bly die temperatuur en die
vogtigheidsvlakke dieselfde. Só ’n klimaat word ekwatoriaal genoem. Mense aard
bitter sleg in hierdie klam, naargeestige plekke. Die menslike
nedersettings is skaars en gewoonlik primitief, en besoekers wil dikwels
versmag van die hitte en humiditeit (lugvogtigheid).
Foto se kopiereg opgehef deur sy skepper, Bruno Camelier (released into the public domain by its author Bruno Camelier) Maar die
plante floreer! Omdat dit altyd warm en nat is, is die groeiseisoen
feitlik eindeloos en die tropiese woude bevat onteenseglik die rykste
plantegemeenskap op aarde. ’n Rit
per helikopter oor ’n tropiese reënwoud openbaar ’n
ineengestrengelde massa groenigheid, deurkruis met rankplante, met hier
en daar eilandjies van vrolik gekleurde blomme. TROPIESE
reënwoude kan gewoonlik in vyf afsonderlike lae verdeel word. Die
boonste laag bestaan uit die reuse bome van die woud. Dis geen
deurlopende laag nie, maar bevat verspreide bome wat bokant die res van
die woud uittroon. Hierdie
laag is blootgestel aan die volle krag van die son, wind en reën. Die
bome is kenmerkend slank en vertak eers ver boontoe in hul kruine. Onder dié
laag is die jong reuse wat hul beurt afwag om bo die ander uit te styg
en die oerwoud te regeer. Die digte
tweede laag vorm die "see van groen" en is ’n vermenging van
die jong reuse en verskeie vrugtebome, asook talle klimop- en
kleefplante. Die boomkruine raak verstrengel om ’n dik plafon oor die
woud te vorm wat die meeste lig van die onderste lae wegkeer. Die derde
laag is dié wat jy sou sien as jy opkyk terwyl jy deur die woud loop.
Die bome hier het lang, dun kruine, wat só toegerus is dat hulle die
min lig ten beste kan benut. Die
struiklaag is ’n yl versameling van dwergboompies, palms en hout- en
kruidagtige struike. Die
kruielaag word gekenmerk deur kleiner plantjies soos kruie, varings en
jong lote. Slegs sowat een persent lig wat op ’n reënwoud val, dring
tot dié vlak deur en min plante kan hier oorleef. HOEWEL
die digte plantegroei van tropiese reënwoude ’n mens kan laat dink
dat die grond vrugbaar is, is die teenoorgestelde waar. Die swaar reënval
veroorsaak dat minerale uitwas en die vrugbaarheid afneem. Daarby
ontbind dooie plantmateriaal so vinnig in dié vogtige omgewing dat daar
feitlik geen humus is nie. Die
verskeidenheid van tropiese plante is verstommend—minstens Baie bome
se wortels is bo aan die kante verdik om enorme stutwortels te vorm wat
vastigheid verskaf. Steltwortels kom veral op kleiner bome voor. Dit
groei uit die hoofstam en vorm ’n sierlike boog tot in die grond. Blare neig om leeragtig te wees en bevat ’n dik nerf wat uitwaseming in die hitte keer. Die meeste word dunner na die punte om ’n "druppunt" te vorm sodat reënwater makliker kan afloop.
Foto: S.R.Brantley / USGS Nog ’n
kenmerk van boomblare is litte op die blaarstam sodat die blare hul
posisie volgens die lig kan verander. ’n Hele
paar laer geleë bome lewer blomme direk uit die bas van die takke of
stam. Dit maak die blomme maklik bereikbaar vir bestuiwers. ’n
Magdom van plante, bekend as afhanklikes, groei oor en om die takke van
gasheer-bome en -rankplante. Hierdie plante het baie vernuftige maniere
om lig, water en voedsel te soek terwyl hulle die mins moontlike energie
verbruik. Epifiete
is plante wat op ander plante groei sonder om parasities te wees. Hulle
sluit orgideë en bekerplante in. Pleks van hul voedingstowwe uit die
grond te haal, het hulle wortels wat afhang en lug en vog uit die
atmosfeer onttrek of uit watter verrottende plante- of dierereste ook al
byderhand is. Baie
epifiete het meganismes om water op te berg. Die meeste leef as
blaarrosette wat natuurlike houers vorm om water te kan hou. Ander, soos
orgideë, berg water in hul vlesige stingels, blare en lugwortels. Klimplante
soos bobbejaantoue (liane), wat sterk genoeg is sodat Tarzan daaraan kan
swaai, is in die aarde gewortel en wikkel hulself om bome wat hulle
mettertyd boontoe neem na die sondeurdrenkte plafon. Daar hang hulle in
enorme lusse tussen die boomkruine. Sekere liane het dorings of stekels. Wurgbome
ontkiem in die vurke van ander bome en stuur hul wortels grond toe. Die
wortels groei geleidelik oor en weer oor die gasheer se stam en strengel
saam om ’n dik massa te vorm wat keer dat die gasheer se stam uitsit.
Ná sowat ’n eeu wurg die gasheerboom dood. Benewens
bakterieë en swamme, wat vir die vinnige verrotting van omgevalle bome
sorg, kom twee parasiete in die reënwoud voor. Wortelparasiete groei op
die grond en dring deur die wortels van plante om van hul sap te leef.
Half-parasiete groei op bome en verbruik slegs ’n deel van die voedsel
van hul gashere. Die res maak hulle self deur fotosintese. DIE
tropiese reënwoude is verantwoordelik vir die produksie van baie van
ons planeet se suurstofvoorraad. Maar die
natuurlike plantegroei van die reënwoude word in ’n verontrustende
tempo uitgeroei. In baie gebiede word dit vervang deur voedsellanderye
wat nie naastenby soveel suurstof as die oorspronklike woud kan lewer
nie. Die mens
moet eet... maar in die proses is hy ook die grootste versteurder van
die brose ewewig van die natuur in sy ondermaanse tuiste. |
|||||
|
|||||