|
Bobaas-boere... dis die blaarsnyers Miere-tuiniere!
Foto: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture
|
|||
|
Die teks hierby
kom grotendeels uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Węreld
Maar hoekom doen hulle dit? Waarheen is hulle op pad met die stukkies plante wat hulle so fluks ęrens geoes het? En gaan hulle dit later vreet? Tog nie. Die eenvoudige rede is dat hulle die blaarsnysels nie sal kan verteer nie. Blaarsnyermiere (genera Atta and Acromyrmex, met saam nagenoeg dertig spesies) beskik naamlik glad nie oor die ensieme wat nodig is om sellulose—die stof wat in die selwande van plante gevind word—af te breek nie.
Maar die miere het wel ’n ander verstommende vermoë wat deeglik daarvoor vergoed dat hulle nie die blare kan vreet nie. Hierdie soort miere kweek naamlik hul eie sampioene om hulle van kos te voorsien. Diep in spesiale kamers van hul ondergrondse nes kou hulle die versamelde blare en ander plantreste fyn om ’n kompos te maak waarin ’n soort swam kan groei.
Die sampioentuin wat op hierdie manier ontstaan, bestaan uit ’n sponsagtige grys massa wat van so klein soos ’n vuis tot so groot soos ’n rugbybal kan wissel, afhangende van hoe oud die nes is.
Die sampioentuin word ook nie sommerso aan homself oorgelaat nie. As die stukkies blare wat na die nes gebring is, te droog is, word dit oornag buite bo-op die grondopvlak gelos om dou te absorbeer. Sou die stukkies te nat wees, word hulle bedags in die son gelaat om uit te droog.
Namate die miere hul gekoude blare ondergronds opberg, skep hulle kamertjies en gange om die tuin sodat die ventilasie en temperatuur beheer kan word. Boonop bemes hulle ook die tuin met hul eie afskeidings.
Elke soort blaarsnyermier kweek ’n spesifieke soort sampioen—en bestry die “onkruid”, dit wil sę alle ander ongewenste sampioene wat dalk daar kan opslaan. Die gepamperlangde swam beantwoord die aandag met swelsels so groot soos speldekoppe, die sogenaamde bromatia, waarmee die miere hulself voed.
Dit is verstommend dat die blaarsnyermiere en hul swamme heeltemal op mekaar aangewese is om te bestaan. Sonder die dienste van die sampioen sou die miere geen kos gehad het nie. En as die miere hulle nie versorg het nie, sou die swamme op hul beurt nie kon oorleef nie. Om die waarheid te sę, kom hierdie bepaalde soort sampioene nęrens elders in die natuur voor as in die neste van blaarsnyermiere nie. Só ’n proses van intieme saambestaan word simbiose genoem.
Soos in ander miergemeenskappe bestaan die kolonie van die blaarsnyermier uit verskillende lede. Elke lid het ’n eie soort taak wat hy moet verrig. Die meeste is werkers, wat wissel van klein kreatuurtjies van sowat 2 mm met klein koppies, tot bielies met groot koppe wat 1,2 cm lank is.
Werkers word volgens grootte in drie groepe ingedeel: die grootstes, die maximae; die middelmatiges, die mediae; en die kleintjies, die minimae. Die pligte van die maximae is onder meer om die nes te bou, dit te bewaak en teen indringers te verdedig. Die mediae moet op hul beurt plantmateriaal vir die sampioene versamel en dit kou. Die minimae versorg die tuin.
En party van hierdie kleintjies vergesel ook nog die mediae buitentoe deur op hul rűe te ry.
Die rede vir hierdie skynbaar rare gedrag is ’n sekere soort vlieg wat, as die kans hom voordoen, haar eiers agter op die insek se nek lę. Uit die eiers broei dan parasitiese larwes wat die mier se brein verslind. Deur op die rűe van hul groter susters te ry, kan die minimae die moordvlieë weghou.
Die koningin word na verhouding baie groot, selfs groter as ’n muis—maar sy is darem nie aanvanklik so ’n gesette skepsel nie.
Omtrent drie keer per jaar maak gevleuelde mannetjies en wyfies hul verskyning in die kolonie van die blaarsnyermiere. Op ’n mooi aand vlieg al die lede van die blaarsnyerkolonies van dieselfde spesie uit hul neste en paar in die lug—’n gebeurtenis wat as die paringsvlug bekend staan.
Die mannetjies vrek kort daarna. Die bevrugte wyfies, nou gereed vir die taak van koningin, gooi hul vlerke af en beweeg na ’n beskutte plek in die grond, waar hulle ’n nes sal vestig, erg swaarlywig gaan raak en vir die res van hul lang lewe eiers sal lę. Die kolonie kan dekades lank voortbestaan, maar ’n koningin se leeftyd is omtrent vyftien jaar. Daarna word sy bes moontlik deur ’n ander eierlęende koninklike majesteit opgevolg.
Die jong koninginne wat wegtrek, neem nie net hul instink om tuin te maak met hulle saam nie, maar ook—in spesiale sakkies diep in hul monde—klein monstertjies van die kosbare swamme van hul vorige kolonies.
Hierdie bietjie swamme verseker dat die nuwe geslag werkers ’n nuwe sampioentuin sal kan kweek—waardeur die besondere verhouding tot voordeel van mier sowel as sampioen voortgesit sal word.
Nog boeiende feite omtrent blaarsnyermiere
• ’n Groot nes vol blaarsnyermiere kan glo meer as agt miljoen enkelinge huisves. • Weens hul blaarkerf-gewoontes is hulle een van die ekonomies skadelikste plaaginsekte in Sentraal- en Suid-Amerika. • Blaarsnyermiere skei in hul spoor ’n chemiese stof af sodat hulle altyd weer hul pad terug na die nes kan vind, al dwaal hulle ook etlike honderde meters weg op soek na die regte soort blare. • Hierdie miere is in staat om meer as vyftig keer hul eie liggaamsgewig te karwei. • Die blaarsnyermiere se koningin kan elke dag tot 30 000 eiers lę. • ’n Nes van blaarsnyermiere kan selfs so groot as ’n klein motor wees.
Ander interessante soorte miere
• OESMIERE, wat die hele Afrika deur voorkom, versamel graankorrels en berg dit ondergronds op. • BAKKERMIERE. Sommige van die miersoorte wat graankorrels versamel, maal dit tussen hul kake fyn, maak die “meel’’ met speeksel klam, en knie dan die “deeg’’ tot klein “brode’’. • VEEBOERE. Daar is baie miersoorte wat ons met reg veeboere kan noem, want hulle hou plantluise aan wat hulle dan “melk’’—net soos boere met hul koeie maak. • HEUNINGPOT-MIERE of HEUNINGMIERE. Party van die werkers van sekere miersoorte hang tuis aan die dak van een van die nes se kamers, waar hulle deur ander werkers so vol nektar van blomme geprop word dat hul lywe soos ballonne opswel. Hulle is eintlik lewende “skure’’, waarin kos opgegaar word vir tye wanneer dit skaars kan raak.
|
|||
|
BONUS-ARTIKEL Wat “weet” dié piepklein skepseltjies werklik? Miere-maniere
Foto: U.S. NPS Suid-Afrika se eie Eugčne Marais het
dié gedagte van ’n super-organisme reeds dekades gelede uiteengesit
in sy bekende Die Siel van die Mier (wat aanvanklik as ’n
vervolgreeks in die ou Huisgenoot verskyn het). Marais het weliswaar
nie ’n miernes nie, maar die termietnes as ’n selfstandige organisme
beskou. Sommige van die termiete vorm die mond en die
spysverteringstelsel, ander vervul die rol van wapens soos kloue of
horings, en nog ander is die voortplantingsorgane, het hy geskryf.
Daar is een ding wat ’n mens omtrent
miere moet onthou. In die meeste miersamelewings is daar nie so iets
soos kulturele oordrag nie. Feitlik alles moet in hul gene
geënkodeer word. Elke kolonie begin opnuut uit eiers wat deur ’n
enkele bevrugte koningin gelę word. Alles wat dus deur die vorige
geslag geleer is, is verlore. Die gedragspatrone, gewoontes en
behendighede wat aaneenskakel om die nuwe kolonie te vorm en in
stand te hou, moet biologies oorgeërf word.
Krediet:
swart-wit detail
van groot kleurfoto by
http://reznikova.net/
Gaan na die mier, luiaard... REGS: “Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.” Só staan dit in Spreuke 6:6 in die Bybel (1983-vertaling). Hoeveel geheimenisse ons nog van hierdie arbeidsame klein insek gaan agterkom, is natuurlik ’n goeie vraag, maar wat insektekenners reeds kon uitvind, is al verstommend genoeg.
Foto: Free Photo Stock / Cepolina |
|||