Mieliestronk-aankondiging

OPNAME  :::  OPNAME  :::   OPNAME  :::  HELP ONS GROOT ASSEBLIEF OM DIE OPLAAG VAN HIERDIE WENBOEK TE BEPAAL ...
 

Die ideale geskenk vir jou geliefde oupa en ouma

— in ’n tehuis vir senior burgers of waar ook al —

en vir alle groot blokraai-entoesiaste wat hulle so moet inspan om klein gedrukte skrif te lees!

 

Groot druk in ’n blokraaiselMieliestronk se nuwe

Blokraaiboek in Groot Druk!

 
Volmaak vir daardie moeë oë wat geen minuut langer met vergrootglase wil sukkel nie!
 

 

M

IELIESTRONK.COM is tans besig om ’n nuwe boek vol blokraaisels voor te berei—weer ’n werklike gedrukte boek dié keer, nie nog ’n CD-ROM nie—wat spesiaal in groot druk sal verskyn.

 

Dit is bedoel vir almal wat soveel probleme het om daardie kleinerige lettertjies van die leidrade in die meeste blokraaisels te ontsyfer.

 

Ons navorsing dui daarop dat byvoorbeeld tehuise vir senior burgers só ’n boek met ope arms sal verwelkom, aangesien dit—ondanks die verswakkende oë—so uiters belangrik is om die breinselle in die goue jare te oefen.

 

Ten einde ’n spesifieke oplaag vir die boek te bepaal, het Mieliestronk.com die hulp van belangstellendes soos jy baie nodig.


Let wel, dit is nog geen bestelling nie en jy is ook onder geen verpligting om die blokraaiboek later te koop wanneer dit verskyn nie, maar indien jy reken dat jy dan in koop belang sou stel,
doen asseblief die volgende:

 

•   As jy BESLIS belang sou stel in só ’n boek, stuur vir ons ’n e-pos deur hier te klik. Tik net BESLIS in die onderwerplyn (as dit nie reeds daar staan nie) en stuur. Dit is al.

 

•   Indien jy BAIE MOONTLIK in die blokraaiboek belang sou stel, klik hier om jou e-pos te stuur. Tik slegs BAIE MOONTLIK in die onderwerplyn (indien dit nie reeds daar staan nie) en stuur. Jy hoef niks meer te doen nie.

 

•   As jy MISKIEN sou belang stel, klik hier en stuur die e-pos. Tik net MISKIEN in die onderwerplyn (as dit nie reeds daar staan nie) en stuur. Dit is al wat jy hoef te doen.

 

Sodra die boek ietwat later in die jaar verskyn, sal ons jou dan per kerende
e-pos laat weet presies hoe dit bestel kan word, as jy nog sou wou.
Daar sal dan ’n nuttige afslag wees vir elkeen wat op hierdie vroeë opname gereageer het.

 

Ons bereken die oplaag van die boek volgens die getal e-posse in verhouding tot Mieliestronk se besoekerstal in die tydperk ons opname.

 

En duisend dankies vir jou samewerking!
 

 

BlokraaiboekREGS: Die voorblad van ’n vorige blokraaibloek wat G. en A. Olwagen van Mieliestronk.com ’n tydjie gelede vir Leserskring saamgestel het. Die nuwe boek is egter nie deur hulle nie, maar deur ’n ander samesteller, een van die beroemdste blokraai-opstellers in die land en ’n veteraan wat al tientalle jare met blokraaisels besig is.

 

 


 

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad