Hoe om
te speel
(Waarskuwing: hierdie
speletjie kan dalk net so verslawend raak as die beroemde Rubik-kubus!)
-
Kies 'n vlak (3 tot 10).
-
Die spelbord het blokkies met
nommers daarop. Daar is ook 'n enkele leë vierkant. Dié word gebruik om die
blokkies op die bord te skuif.
-
Die oogmerk van die spel is
om die deurmekaar geskommelde blokkies te skuif sodat hulle weer georden sal
wees soos hulle oorspronklik was -- byvoorbeeld van 1 tot 15 as jy op vlak 4
speel.
-
Klik op die "Begin
speel"-balkie. Die blokkies word geskommel en die tydmeter behoort die tyd te
begin meet.
-
Skuif 'n blokkie in 'n ry
deur op die blokkie te klik. 'n Blokkie kan slegs geskuif word as dit in
dieselfde vertikale of horisontale ry as die leë vierkant is.
-
Jy kan een, twee of meer
blokkies op 'n slag skuif (in dieselfde horisontale of vertikale ry as
die leë vierkant) deur te klik op die verste van die blokkies wat jy wil
skuif.
Jou uitdaging is om al die
nommers te orden -- in die kortste moontlike tyd met die minste getal skuiwe.
As jy van voor af wil begin,
klik op die "Begin speel"-balkie of op die
"Refresh"-ikoontjie bo in jou gewel.
|