|
’n Laslappie van Mieliestronk | |||
|
CHURCHILL, SIR WINSTON: “Bulldog”
van die Britse politiek
Churchill
het in 1940 die premier van ’n koalisieregering in Brittanje geword. In die Tweede Wêreldoorlog
het hy ’n simbool geword van sy land se wil om die Duitse aanslag af te
weer en hy het nooit getwyfel dat die Britte die oorlog sou wen nie.
Churchill se V- teken (vir ''victory'') was beroemd.
Hy
het op ’n kritieke tydstip eerste minister geword en daarna sy land nuwe
hoop en krag gegee. Die Duitse aanvalle is afgeslaan.
Hy
was ook die skrywer van etlike geskiedkundige werke, waaronder ’n versameling essays onder die titel The Second World War, waarvoor hy in
1953 die Nobelprys vir letterkunde ontvang het.
Foto: U.S. Library of Congress Ná
die Tweede Wêreldoorlog het Churchill die leier van die opposisie in die
Britse parlement geword. In ’n toespraak in ’n stad genaamd Fulton in
Amerika het hy sy teorieë uitgespel oor hoekom die ekspansionisme van die
Sowjet-unie gestuit moes word. Dit het bygedra tot die begin van die
sogenaamde Koue Oorlog, ’n lang tydperk van groot spanning tussen die
Sowjet-unie en Amerika. Churchill
het weer Britse premier geword en van 1951 tot 1995 in dié amp gedien. Ná
sy uittrede was hy weer ’n gewone parlementslid. | |||
|
REGS: Churchill en sy verloofde, Clementine Hozier, in 1908 afge-neem ’n week voordat sy mev. Churchill geword het. Van toe af het hulle, soos hy in sy boek My Early Life geskryf het, "vir altyd gelukkig saamgelewe". Hoewel hy dit reeds in 1930 geskryf, sou dié stelling die toets van die tyd deurstaan. Wat meer sê, die gerespekteerde Lon-dense koerant The Times het in 1965 in huldelyk ná sy dood geskryf: "Lady Churchill het by tallose geleenthede grasie en harmonie tot sir Winston Churchill se openbare lewe toegevoeg en vir hom ’n geborge en gelukkige tuiste by Chartwell geskep." Chartwell was hul plattelandse huis in die graafskap Kent in Suidoos-Engeland. Vier kinders is uit Winston en Clementine se huwelik gebore. Foto: U.S. Library of Congress | |||