n Laslappie van Mieliestronk

CONFUCIUS

 

Confucius volgens n ou voorstelling van enkele eeue geledeREGS: Confucius volgens n ou voorstelling van enkele eeue gelede.

 

Krediet: Histories (Public Domain Old) / Swart-wit weergawe van 'n gekleurde kunswerk

 

 

A

S jy al taamlik lank in die land en permanent getand is, is dit onwaarskynlik dat jy nog nooit die spreuk hieronder in die een of ander vorm iewers gelees of gehoor het nie:

 

Moet  nooit aan andere doen wat jy nie aan jouself gedoen wil h nie.

 

Maar wie het dit ges? En waar en wanneer? As jy aan party mense vertel dit was Confucius, is hulle dalk dadelik sommer so effens gekonfuus (verward)!

 

Want wie was hierdie persoon nou weer? O, ja, hy was mos n Chinees, was hy nie? n Groot Chinese denker?

 

Inderdaad. Confucius (551-479  v.C.) het so n groot invloed op die Chinese denke uitgeoefen dat elkeen wat hierdie enorm talryke etniese groep se lewensuitkyk en waardestelsels in die teenswoordige en historiese sin behoorlik wil leer verstaan, eenvoudig ook van hom moet kennis neem.

 

In Taiwan is 28 September, die dag waarop sy verjaardag gedenk word, selfs n amptelike feesdag in die skole. Leerders gee dan geskenkies en bosse sonneblomme aan hul onderwysers.

 

Confucius se eintlike (Taiwanse) naam was Kong-foe-tzi, wat meester Kong beteken. Dit was Katolieke sendelinge wat eeue n sy dood in China aangekom en van hierdie denker gehoor het, wat sy naam na Confucius verlatyns het.

 

Eintlik weet ons baie min van sy lewe, maar uit die legendes wil dit voorkom of hy n ernstige en teruggetrokke man was wat baie gelees en gedink het. Nadat hy belangrike staatsposte beklee het, sou hy glo sowat dertig jaar van sy lewe daaraan gewy het om n groep dissipels te onderrig en sy land se antieke geskrifte te redigeer.

 

Hy was n tyd lank n provinsiale goewerneur, maar die manier waarop die land geregeer is, het hom met soveel afkeer vervul dat hy uit sy amp bedank en twaalf jaar gaan rondreis het.

 

Uit sy leer spruit die Chinese se filosofie die Confucianisme. Dit is streng gesproke geen godsdiens nie, maar n denkwyse. Confucius word nie as die stigter daarvan aanbid nie, en daar word vertel dat hy dit self nooit s sou wou gehad het nie. Tog word die Confucianisme vandag deur baie miljoene mense in Asi as n tradisionele godsdiens beskou.

 

Confucius het geglo dat kennis die belangrikste van alles is. Hy het die mense aangespoor om posie en musiek te bestudeer, groot waarde aan seremonies en maniere te heg, hul voorvaders te eer en die staat se oppergesag te erken. Sy wyshede is deur Mencius (372-289 v.C.) saamgevat.

 

n Paar van sy spreuke lui:

 

Die versigtige maak selde foute.

 

Om te sien wat reg is en dit nie te doen nie, is gebrek aan moed.

 

Wanneer jy n ding weet, s dat jy dit weet; wanneer jy dit nie weet nie, gee toe dat jy dit nie weet nie: dit is kennis.
  

Om in harmonie met alles te wees, om almal lief te h, om geen selfsugtige gedagtes toe te laat niedit is die essensie van goedheid.

 

Een Christen se standpunt omtrent Confucius: Hierdie ou wysgeer het wel kennis as die grootste deug beskou, maar hy het tog ook menseliefde voorop gestel. En dit is interessant dat daar soveel leringe in verskillende kulture is wat medemenslikheid en liefde benadruk en die kwaad afkeur. Dui dit nie, om dit so te stel, op alle volkere se inherente soeke na die Waarheid wat hulle sal vry maak nie? Ek dink so. Dit is nie dat ons die Christendom moet gelykstel aan ander leringe nie, want elke mens sal by die Kruis mt uitkom om die ewige lewe deelagtig te word. Maar ons moet mos tog ook waardering h vir elke wysgeer wat harmonie, gehoorsaamheid aan gesag, liefde en onselfsugtigheid verkondig.

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad