|
Bartolomeu
Dias
Bartolomeu
Dias en sy manne was, volgens die heersende beskouing, die eerste
Westerlinge wat in Suid-Afrika voet aan wal gesit het. Maar in sy lewe was
Dias ’n onbesonge mens. Hy is trouens so gering geag dat daar in
oorblywende dokumente uit sy tyd omtrent niks van hom en sy see-avonture
langs Afrika verskyn nie. Daar bestaan boonop geen outentieke portret van
hom nie. Ook in vandag se boeke oor die groot ontdekkers van die verlede
word Dias erg afgeskeep of selfs heeltemal geïgnoreer. • Maar uit die newels van die eeue verrys sy gedagtenis... word ná meer as vyf eeue eers ietwat beter besef wat die waarde van sy ontdekking vir die wêreld was. Bartolomeu Dias was immers ’n voorloper wat die weg gebaan het vir kontak tussen Europa, Afrika en die Ooste…
|
Karveel...
nederige baanbreker van die see
DIE karveel, die nederige soort seilskippie waarmee Dias sy epiese
ontdekkingstog onderneem het, is in Portugal ontwikkel tydens die eerste
jare van daardie land se bloeityd as seemoondheid. Maar hoe het karvele
werklik gelyk? Geen noukeurige illustrasie van die karveel het, sover
bekend, behoue gebly nie en vir eietydse rekonstruksies moet tekenaars of
modelbouers hulle op karige getuienisse verlaat. Dit was egter ’n klein,
ligte en vinnige seilvaartuigie. Epiese
vaart
BARTOLOMEU DIAS (1450?-1500) was die opsigter van die koninklike
Guinee-pakhuise in Lissabon, en die bevel oor die karveel Sao Cristovao is
in 1486 deur koning Joao II aan hom opgedra. Met nog ’n karveel, die Sao
Pantateao, en ’n naamlose vragskippie het sy ekspedisie in Julie of in
Augustus 1487 die Taag-rivier in Portugal verlaat met die koninklike
opdrag om ’n seeweg na die speseryryke Indië te vind.
Oor
Dias se lotgevalle voordat hy by Mosselbaai aangekom het, was daar in die
verlede nie eenstemmigheid nie. Geskiedkundiges aanvaar dit egter vandag
as ’n mite dat hy deur ’n storm ver suidwaarts gedryf is, en toe hy
weer noord vaar, die suidpunt van Afrika naby Mosselbaai bereik het. Dit
het nie so gebeur nie, word vertel. Dias was naamlik ’n kranige seeman.
Hy het in Januarie langs die weskus suidwaarts gevaar. Hy moes teen die
suidewinde oplaveer. Soos dit ’n goeie seevaarder betaam, het hy eers
baie ver suidwes gevaar, moontlik tot 39 of 40 grade suid. Toe
het hy oos gedraai en met die wind agter die bak-boordwindveer in ’n
noordelike, noordoostelike rigting gevaar. Naby Gouritsmond het hy die
eerste keer land gesien. Hy het die kus ooswaarts gevolg totdat hy by
Mosselbaai uitgekom het. Dias,
wat die lang gesogte suidpunt van Afrika omseil het, se kennismaking met
die Khoi-Khoi het ’n ongelukkige voorval tot gevolg gehad. Omdat die
Portugese en inboorlinge nie mekaar se tale kon verstaan nie, was die
ontmoeting gewelddadig: die Khoi-Khoi het die Dias-manne wat by ’n
stroom kom water skep het, onder die klippe gesteek. Dias het uit
selfverdediging een met ’n kruisboog doodgeskiet en die ander het toe
gevlug. Hy
het verder oos geseil, maar hy moes kopgee en uiteindelik omdraai omdat sy
hoër offisiere en ander matrose nie wou verder nie. By Kwaaihoek het hy
sy eerste padrao, ’n klippilaar met ’n betreklik klein kruisie aan die
bopunt, geplant. Op
sy terugvaart het Dias ook ’n kruis geplant by die Kaap die Goeie Hoop
en by Lüderitz. Nog ’n interessante brokkie geskiedenis: Op Dias, wat sy voorradeskip by Lüderitz agtergelaat het, het daar volgens die geskiedskrywer John de Barros met sy terugkeer ’n skok gewag: van die nege man by die voorradeskip het net drie nog gelewe, en een van dié was so bly om sy kamerade weer te sien dat hy op die plek dood neergeslaan het.
Foto: NASA / JPL / NIMA Die
terugkeer... en Dias se roemlose dood
NÁ SY baanbrekersreis van meer as sestien maande was Bartolomeu
Dias teen Desember 1488 terug in Portugal. ’n Helde-ontvangs? Dit klink
vandag vreemd dat hy nie eens die een of ander eretitel ontvang het nie. Die
volgende staaltjie oor sy verslag aan sy koning (afkomstig van die
geskiedskrywer De Barros, wat sowat 65 jaar later daaroor geskryf het) is
geslagte lank vertel: "Dit sal die Kaap van Storms genoem word,"
sou Dias gesê het, gedagtig aan die stormsee wat hy doer onder by die bog
in die suide van Afrika beleef het. Maar die koning, wat gehoop het dat ’n
seeweg na die Ooste nou spoedig gevind kon word, sou geantwoord het:
"Nee, liewer die Kaap van Goeie Hoop." Vandag
word egter geglo dat nie die koning nie, maar Dias self vir die Goeie
Hoop-naam verantwoordelik was, soos die geskiedskrywer Duarte Pacheco
slegs twintig jaar ná die ontdekking van die Kaap geskryf het. Die
onbesonge Dias is in 1500, twaalf jaar ná sy ontdekking van die Kaap,
tragies dood toe sy karveel in die Atlantiese Oseaan wes van dieselfde
Kaap vergaan het. Die karveel was ’n deel van die vloot van Pedro
Alvares Cabral wat na die Ooste onderweg was. •
WAS Dias werklik die Westerse "ontdekker" van
Suid-Afrika? Geskiedskrywers sê nee. Sowat 2 500 jaar gelede het die
beroemde farao Neko in Egipte regeer, van wie ook in II Konings 23:29 in
die Bybel vertel word. Historici
sê dat dit juis hierdie Neko was wat ’n aantal skepe beman deur
Feniciese matrose uit Egipte op ’n ekspedisie rondom Afrika gestuur het.
Een skrywer het al selfs ’n kleurryke beeld versin van hoe die Feniciërs
in wat vandag Kaapstad is, voet aan wal kon gesit het: Straks het hulle
oor hul reis sit en gesels waar die Parlementsgebou nou staan, ’n bok in
die Kompanjiestuin geskiet en hul ete op die terrein van die Mount Nelson
Hotel genuttig! Dias
onder die grootste ontdekkers
’n
Ander groot ontdekkingsreisiger, wie se In
die Middeleeue is nog gedink dat die aarde plat is— met die hemel bokant die hemelboog en die hel onder die grond. Dit
was dié soort opvatting wat seevaarders aanvanklik te bang gemaak het om
dit te ver op die see te waag… netnou tuimel jy van die rand afl Maar
die Portugese ontdekkingsreise van weleer—ook die belangrike reis van
Bartolomeu Dias—het meegehelp om sulke vrese te besweer en wêrelddele
te verbind met ander wêrelddele wat voorheen in volslae isolasie bestaan
het. |
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |