Sing lekker saam—die woorde is onderaan
Die padda het ’n kwelling oor ’n knobbel aan sy toon...
(Met apologie aan die bekende liedjie oor die padda wat in die vlei wou gaan opsit, waarvan ons ongelukkig nie die woorde hier kan plaas nie, omdat dit ’n onbegonne taak sou wees om die regte daarop te probeer verkry. Die sanggroep Groep 2, wat die Afrikaanse verwerking van Froggie goes a-courting beroemd gemaak het, bestaan lank nie meer nie. Wie nou die kopiereg daarop hou, is dus ’n ope vraag.)
As jou rekenaar die fasiliteit daarvoor het, behoort die midi-musiek van hierdie liedjie ná ’n rukkie op die agtergrond te begin speel. Sing lustig saam as jy so voel—die volledige woorde verskyn hieronder en die musiek sal twee keer herhaal. As jy nog herhalings van die musiek verlang, klik op die "Refresh"-ikoontjie in die gewel hierbo.
As jy wil teruggaan na die Midi's vir Afrika-bladsy, klik hier
Die Padda het ’n kwelling oor ’n knobbel aan sy toon - A-hammm
Die Padda het ’n kwelling oor ’n knobbel aan sy toon - A-hammm
Die Padda het ’n kwelling oor ’n knobbel aan sy toon
en hy hobbel na die bobbel waar die dokter woon
A-ham, a-ham, a-hammmDie Dokkie gee die vratjie so ’n skewe kyk - A-hammm
Die Dokkie gee die vratjie so ’n skewe kyk - A-hammm
Die Dokkie gee die vratjie so ’n skewe kyk
en hy wikkel met sy spatel deur die paddaslyk
A-ham, a-ham, a-hammmEn die Dokkie sê vir Padda hy moet opereer - A-hammm
En die Dokkie sê vir Padda hy moet opereer - A-hammm
En die Dokkie sê vir Padda hy moet opereer,
al is dit dalk vir Padda net so effens seer
A-ham, a-ham, a-hammmDie Padda sê toe: "Dokkie, nou’s ek moedeloos - A-hammm
Die Padda sê toe: "Dokkie, nou’s ek moedeloos - A-hammm
Die Padda sê toe: "Dokkie, nou’s ek moedeloos,
want my mediese fonds is maar arm en broos"
A-ham, a-ham, a-hammmEn die Dokkie sê vir Padda: "As jy nie kan betaal - A-hammm
En die Dokkie sê vir Padda: "As jy nie kan betaal - A-hammm
En die Dokkie sê vir Padda: "As jy nie kan betaal,
moet jy vort gaan met jou vratjie na die staatshospitaal"
A-ham, a-ham, a-hammmDie Padda het sy vratjie maar huis toe gevat - A-hammm
Die Padda het sy vratjie maar huis toe gevat - A-hammm
Toe sug hy tevrede: "Ag, sê my wat
is ’n uitgegroeide padda dan sonder sy vrat?!"
A-ham, a-ham, a-hammm(c) 2005 Mieliestronk.com