Diere-sintuie
(2): Gehoor
Kleine
muisies, grote
ore...
|
|||||
|
Teks uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Wêreld
Y
hoor die dreuning van die branding, of die weeklag van ’n voël,
of ’n warrelwind wat so kirts-kirts oor die bossieveld kerjakker.
Jy luister van ver af na dié geluide en jy dink jy hoor nogal goed. Maar
hoe goed, verwaande mens, hoor jy rêrig? Het
jy al ooit die skril krete van insekvretende vlermuise gehoor terwyl
hulle vlieg? Of die steelse seine van ’n rot wat onder in die lang
gras met ’n ander rot kommunikeer? As
ons na die duisternis stille gille, getjank en getierelier van
diere-kommunikasie kon luister, sou alles saam waarskynlik
oorverdowend geklink het. Klanke
word deur die vibrasies van ’n voorwerp veroorsaak. As iets
vibreer, laat dit die omringende lug ook vibreer. Hierdie trillings
beweeg as golwe in alle rigtings uitwaarts en word deur die brein
onderskep, wat hulle as klank interpreteer. Die
aantal kere dat ’n vibrasie homself elke sekonde herhaal, staan
bekend as die frekwensie. Die hertz (Hz) is die eenheid waarin
frekwensie gemeet word. Een hertz staan gelyk aan een siklus per
sekonde. Mense
kan klanke met ’n frekwensie van tussen sowat 20 en 20.000
Hz hoor. Enigiets daaronder word as ’n vibrasie aangevoel en
enigiets bokant dit word supersonies genoem. Baie
diere, daarenteen, kan frekwensies ver bokant dit hoor. Motte kan
frekwensies van tot 240 000 siklusse per sekonde opvang en die
dolfyn ’n verbysterende 280 000... Bou
van die oor
SOOS
by oë is daar ook baie verskillende soorte “ore”. Voëls en
soogdiere het groot oortrommels, slange het glad niks nie. Pleks
daarvan vang dié pootlose reptiele die trillings deur die bene in
hul liggame op. Insekte hoor weer deur middel van eenvoudige
membrane aan hul pote of gewaar vibrasies in hul pote.
Die
middeloor is ’n kamer met drie klein beentjies wat die trillings
van die oortrommel versterk en na die binneoor voer. Dié is ’n
klein, spiraalagtige struktuur wat ontvangerselle bevat. Wanneer
die laaste van die klein beentjies beweeg, word die vloeistof in die
spiraal in beroering gebring, wat veroorsaak dat die ontvangerselle
senu-impulse na die brein stuur waar hulle as klank geïnterpreteer
word. Insekte
PARTY
insekte wat wel gehoor het, het ’n gespanne membraan wat nie in
ore geleë is nie, maar op die bors, agterlyf of voorpote. Hierdie
tromagtige orgaan tril as klankgolwe daarteen vasslaan. Die
langhoringsprinkaan
is ’n voorbeeld van ’n insek met ’n gehoororgaan op die poot.
Ander insekte hoor met hare of spesiale voelhorings wat vibrerende
lugmolekules waarneem.
PaddasDIE
wêreld sou alte koddig geklink het as ons padda-ore gehad het—ingeskakel
op die roepstemme van ander paddas en die gerase van hul prooidiere
en roofvyande. Die meeste ander geluide word uitgeskakel. Paddawyfies
is besonder sensitief vir die paringsroepe van die mannetjies van
hul spesie. Proefnemings het getoon dat sekere wyfies wat van een
gebied na ’n ander geneem word, die liefdesliedere van die
plaaslike mannetjies ignoreer omdat hulle dit eenvoudig nie hoor
nie.
Grote
ore
DIERE wat op geluide staatmaak om hul prooi te vind, het gewoonlik groot oortrommels en dikwels ook groot oorskulpe. Laasgenoemde kanaliseer soveel klank as moontlik af na die oortrommel.
Foto: Ralf Schmode, wat dit in die vrye Wikipedia-ensklipedie op die wêreldwye web tot openbare besit (“public domain”) verklaar het Die
woestynvos van die Sahara-woestyn het reusagtige vlermuisagtige ore
wat geluide baie goed opvang.
Hulle help ook om hitte van die liggaam af weg te straal.
Die
bakoorjakkals van Suidelike Afrika vreet op groot skaal termiete wat hy
met behulp van sy reuse-ore in hul ondergrondse tonnels kan hoor
kriewel. Die jakkals weet presies waar die insekte is en grawe dan in
die grond om hulle by te kom.
Voëls
Foto: Marshall Iliff / U.S. Geological Survey (detail)
VOËLS
het ’n bonte verskeidenheid van liedere en roepe, en hulle hoor
min of meer binne dieselfde frekwensies as die mens. Maar anders as
die mens het hulle nie uitwendige oorskulpe nie en die middeoor is
ietwat anders saamgestel. Die
ore van die meeste voëls is met vere bedek. Dit help om die
windgeraas te demp terwyl hulle vlieg. Uile
is nie net bobaas-vlieërs nie, maar kan ook besonder goed hoor. Die
hoë gepiep en sagte geritsel van muise en ander knaagdiertjies word
so fyn waargeneem dat hulle sekuur op hul prooi kan toeslaan—nie
verder as een graad weerskante van die teiken af nie. Dié
uil se ore sit asimmetries langs die kante van die kop, en
wanneer
die voël ’n geraas aan die een kant hoor, vang die naaste oor dit
’n breukdeel van ’n sekonde voor die ander een op. Die
tydsverloop—al is dit slegs een 30 000ste van ’n sekonde—is
genoeg vir die jagter om te bepaal van watter kant die geluid kom en
om hom soontoe te wend. VlermuiseDIE
meeste vlermuise navigeer met behulp van ’n gehoorsisteem wat
eggolokasie genoem word. Dit stel hulle in staat om hindernisse te
vermy en prooi in stikdonkerte op te spoor.
Foto: U.S. Geological Survey
Terwyl
hy vlieg, maak dié vlermuis ’n string hoë geluide, wat teen
voorwerpe in sy pad vasslaan en na sy groot ore toe terugkaats. Die
geluide word in ’n kegelvormige straal voortgebring, waarvan die
deursnee bepaal word deur die vlermuis se bek of die vorm van die
neusflap. Sekere
vlermuise kan laag oor die grond vlieg en selfs insekte op die grond
raaksien. Ander gebruik dieselfde stelsel om oor die water te skeer
en vis te vang. Hul trillings kan nie werklik die water binnedring
nie, maar hulle kan die golwings waarneem wat deur bewegende visse
gemaak word. ’n
Paar soorte vlermuise maak van die sogenaamde Doppler-effek gebruik
om hul prooi te vind. Wanneer ’n voorwerp in die rigting van ’n
luisteraar beweeg, verskil die frekwensie van die golwe van dié wat
gemaak word wanneer dit wegbeweeg. Die
geluide van vlermuise haal tot sowat 200 000 hertz (siklusse per
sekonde). Dis is ver bokant die
perk van menslike gehoor. Sekere
vlermuise kan ’n muggie op ’n afstand van 20 m gewaar. DolfyneVLERMUISE is nie die enigste diere wat eggolokasie gebruik om hul weg te vind nie. Die
walvisagtiges bring talle verskillende klankgolwe voort om met ander
lede van hul spesie te kommunikeer en om ’n "prentjie"
te vorm van wat voor hulle lê. Hierdie golwe kaats terug van die
omringende voorwerpe.
Foto: Karen Pearce, US National Science Foundation / Met vergunning van US National Science Foundation
Dolfyne
maak twee uiterste soorte geluide. Lae klanke bied die soogdier ’n
breë "uitsig" op die see voor hom. Hoë of ultrasoniese
tone voorsien hom van ’n vlakby-beeld van sy prooi. Walvisse
maak ook klikgeluide met ’n lae frekwensie om algemene inligting
in te win. Klikklanke met ’n hoë frekwensie en fluitgeluide word
gebruik vir onderlinge kommunikasie en om te jag. Dolfyne
se stelsel van geluide is so ingewikkeld dat geleerdes sê dit grens
aan spraak. Gehoor en balansDIE
sin vir gehoor en balans is verweef, en die orgaan vir balans by
gewerweldes is die binneoor. Elk van die drie met vloeistof gevulde,
halfsirkelvormige buise in die binneoorse labirint is aan die einde
met sensoriese hare bedek. Die hare reageer op die beweging van die
vloeistof in die buise en verwittig die brein van die houding van
die liggaam. Ewewig
by ongewerweldes word op verskillende maniere bewerkstellig. Baie
vlieënde insekte hou hul balans met behulp van hul voelhorings,
hare of ander organe. By weekdiere en skaaldiere is ewewigsorgane
weerskante van die kop wat elk ’n sandkorrel bevat en baie soos
die messelaar se waterpas werk om hulle oor die liggaam se posisie
in te lig. |
|||||
|
Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie: •
Inleiding |
|||||