Diere-sintuie
(3): Reuk
Snuf in die neus
|
|||
IGGAAMSREUKE...
dankie tog vir seep en reukweerders, sê ons vandag. Dog dit was
maar eers betreklik onlangs dat die gebruik by die mensdom begin
posvat het om sy geure en odeure te verbloem of te verwyder. Tot
laat in die negentiende eeu het hordes mense dit immers nooit eens oorweeg
om hul natuurlike reuke weg te skrop nie. "Moenie
jouself was nie," het die Franse staatsman en veldheer Napoleon
glo op ’n keer aan sy geliefde Josephine geskryf, "ek is op
pad huis toe." Hoewel
die mens se reuksin bra sleg afsteek teen dié van baie diere,
gebruik hy dit tog in sy omgang met ander mense. By
’n primitiewe stam in Nieu-Guinee is dit byvoorbeeld gebruiklik om
reuke te ruil wanneer mense vir mekaar tot siens sê. Jy druk jou
hand onder jou kieliebak in en vryf dit oor jou medemens se lyf. Dit
klink egter teenstrydig dat ons moderne mense, wat niks van ons eie
reuke wil weet nie, dit verdoesel met die seksuele lokmiddels van
diere: afskeidings uit die aarskliere van die sivetkat;
pensklierafskeidings van die muskushert...
Hoe mense ruikMENSE
(en soogdiere) se reukorgane sit in hul neusholtes. Wanneer ons
Die
reukslymvlies bevat twee soorte selle. Die groot selle word
steunselle genoem. Hulle vorm ’n ondersteunende massa waarin die
kleiner reukselle lê. Die reukselle is die
"reuk-ontvangers". Aan die vry punt van elke reuksel is
klein reukhaartjies, wat in die rigting van die neusholte strek. Reukimpulse gaan in die brein na die deel wat die seeperd, of hippokampus, genoem word, en daar word hulle as ’n bepaalde reuk waargeneem en uitgeken. Reuk is die mees basiese van al die sintuie en is 10 000 keer skerper as ons smaaksin. Trouens, die meeste "smake" word geruik en nie geproe nie. Hoe bye ruikDIE
heerlike geure van blomme lok bestuiwingsinsekte soos heuningbye
aan. Sig speel ook ’n belangrike rol om die insekte na die regte
blomme te lei. Hoewel
’n onervare by instinktief die patrone van blomme sal herken, het
sy geen ingebore kennis van hul geur nie, en dit moet aangeleer
word. Sodra
’n by egter ’n bepaalde blom besoek het, sal sy soortgelyke
blomme soek en hulle deur middel van haar voelhorings aan hul reuk
uitken.
Foto: Jack Dykinga / U.S. Department of Agriculture Nie
alle blomgeure is noodwendig vir die mens lekker nie. Sekere plante
stel ’n reuk vry wat die sekslokmiddel van ’n wyfieby (nie die
heuningby nie) naboots. Party
blomme se geure is ’n nabootsing van kosreuke. Die insek word deur
die "kos" aangelok en bestuiwing vind plaas. Dan is daar
party vleisvretende plante wat vrot reuke vrystel, wat insekte soos
miskruiers of vlieë aanlok. Hoe sekere ander insekte ruikVERSKILLENDE
soorte sluipwespe lê hul eiers op die larwes van sekere insekte wat
diep in die hout van boomstamme skuil. Maar van buite gesien, is
daar geen aanduiding dat daar larwes binne-in is nie. Hoe spoor die
wyfies hulle dan op?
Foto deur ANDRÉ KARWATH, wat dit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web uitgeplaas het, onder die inskrywing "Ichneumon wasp", ingevolge die Creative Commons-lisensie, weergawe 2,5. (Foto deur ons verklein en ietwat gewysig.)
Die
sluipwesp gebruik haar fyn reuksin, het insektekundiges bevind.
Hierna luister sy ewe fyn om presies vas te stel waar hulle is en
boor dan in die hout in. Die
sywurmmot-mannetjie het een van die skepste reuksinne in die
diereryk. Wanneer ’n motwyfie ’n maat wil aanlok, lig sy die
punt van haar agterlyf op en laat ’n kragtige seksuele lokmiddel (’n
feromoon) vry uit spesiale kliere in die agterlyf. Die
mannetjie kan meer as 2 km weg wees, maar neem steeds die reuk waar
met sy veeragtige voelhorings, en hy volg die reuk tot hy die wyfie
kry. Ruik-ruik in die waterBY
sekere diersoorte is die reuksin belangrik vir jag—selfs onder die
water. Die groot duikkewer, ’n vleisvreter, is byvoorbeeld ’n
regte verskrikking in poele in baie wêrelddele waar hy
paddavissies, vis, wurms, watersalmanders en groot insekte jag.
Foto deur EVANHERK, wat sy kopiereg daarop in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web opgesê en dit tot openbare besit (“public domain”) verklaar het Hoewel
die kewer sy prooi baie goed
kan sien, jag hy nie slegs met
sy oë nie. Hy moet eers die reuk van sy prooi kry voordat hy dit
agtervolg. Selfs
as ’n moontlike prooidier heeltemal onsigbaar is tussen plante of
onder modder, sal die groot duikkewer hom nog met behulp van sy
voelhorings uitruik en reguit op hom afpyl. Water
is die ideale medium om ’n menigte reuke oor groot afstande te
vervoer. Een dier wat dit ten volle benut, is die haai. Hoewel hy
reageer op die vibrasies wat deur ’n spartelende vis gemaak word,
gebruik hy ook sy reuksin om sy prooi te vind. Trouens,
sowat twee derdes van die haai se brein word aan hierdie sin gewy. As
’n haai honger het, swem hy tydsaam in kringe of draaie rond.
Indien die trillings of sy reuk aandui dat kos naby is, raak sy
bewegings koorsagtiger. Die haai beweeg sy kop heen en weer om hom
die rigting te help vasstel waaruit die reuk kom. Die
reukorgane lê in sakkies in die snoet waar die water geproe word.
As die haai vorentoe swem, vloei water die neusgate binne en beweeg
deur die sakkies. Party
groot haaie kan bloed in water meer as ’n kilometer ver waarneem. Hoe diere hul gebied met reuke afbakenTALLE
diere is gebiedsgebonde en maak van reukmerke gebruik om hul gebied
af te merk. As ’n indringer die reuk kry, kan hy óf spore maak
óf besluit om die baas van die plaas tot ’n geveg uit te daag. Jou
hond se beenliggery teen ’n lamppaal of ’n motorwiel is
waarskynlik die bekendste voorbeeld van dié soort gedrag. Ander
diere doen dieselfde ding op verskillende maniere. Die seekoei sprei
sy mis op die bosse deur sy stert te waai terwyl hy ontlas. Nagapies
urineer op hul hande en vryf dan hul voetsole sodat hulle nat,
onwelriekende voetspore kan agterlaat. Herte
en antilope het ’n sekere klier net voor elke oog, wat hulle teen
plante en boomstamme skuur om territoriale afskeidings agter te
laat. Omdat die klier so naby die oog is, moet die dier besonder
versigtig wees om nie sy oog te beseer nie. Nog
neuse van naderby
Illustrasie: NLM / U.S. National Institute of Health
DIE neus van die krimpvarkie is nie om dowe neute so spits
nie. Dié diere jag snags, maar omdat hulle so sleg sien, moet hulIe
hulle op hul reuksin verlaat as hulle na weggesteekte prooi onder
blare of in die grond soek. Proewe
het getoon dat die krimpvarkie ’n kewer 1 m ver kan ruik en ’n
mens omtrent 10 m ver. •
DIE vertonerige spronge van ’n impala of springbok is nie
rêrig vir vertoon nie, maar ’n kragtige oorlewingsmeganisme. As
só ’n bok ’n naderende roofdier gewaar, spring hy in die lug op
en skop met sy agterpote. Terwyl
hy dit doen, word alarm-chemikalieë uit spesiale kliere aan sy pote
vrygelaat, wat vinnig in die lug na ander troplede versprei en die
boodskap van gevaar oordra. Só
word die trop nie net gewaarsku om te vlug nie, maar kenners reken
dat ’n soort lugspoor agtergelaat word wat die diere kan volg
sonder om tyd te mors deur op die grond te snuif. •
KAMELE het gespierde neusgate wat hulle kan sluit om hulle
teen waaisand te beskerm.
Foto:
© J. Jern & Susan Clark / CITES
Photo Gallery
• DIE neusaap het ’n verstommende neus wat groot raak en afhang namate die aap ouer word. Dit word reguit wanneer die mannetjie sy harde, snaterende alarmroep gee. •
ALLE krokodille het opgehewe neusgate wat bokant die water
uitsteek, sodat hulle kan asemhaal en ruik wanneer die res van die
liggaam onder die water is.
|
|||
Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie: •
Inleiding |
|||