Diere-sintuie
(4): Smaak
Die tongtippie-toets
Foto
van kameelperd: The NASA SCI Files (gewysig) |
|||||||||||
OËLS
doen dit. Visse doen dit. Graatjiemeerkatte, groenmambas en goggas
doen dit. En die mens natuurlik ook—hoekom sou hy juis anders
wees? Ons
praat van proe. Hoe vervelig sou die wêreld nie sonder die smaaksin
gewees het nie. Kos sou tog te saai gewees het as ons dit nie met
die tongtippie-toets kon takseer nie. Die
sinne vir smaak en ruik is dikwels verstrengel. Dis hoekom jou smaak
(maar eintlik jou reuk) baiemaal aangetas is wanneer jy verkoue het
en jou neus toe is. Die
doel van reuk is in die reël om dinge te ondersoek, dikwels van
’n afstand af. Smaak sorg weer vir ’n deegliker taksasie van die
tasbare en nabygeleë dinge. Reuk vul smaak aan deur die volle geur
van die kos uit te bring. Smaak
verskil
BY die werweldiere op land is die smaaksintuig tot die mond beperk. Die smaakorgaan bestaan uit klein smaakknoppies wat veral bo-op die tong aangetref word.
By
ongewerweldes en die werweldiere van die see is die smaaksintuie
baie meer verspreid, en die smaakknoppies kan rond en bont op die
liggaam lê. Diere
se smaakontvangers is dikwels só toegerus dat slegs die smake van
hul eie soorte kos onderskei word. Krewe proe byvoorbeeld die
aminosure wat tydens die verrotting van vleis afgeskei word. Sekere
insekte proe net die spesifieke stowwe in die plante wat hulle
vreet. Die
mens kan slegs vyf basiese smake onderskei: soet, bitter, suur, sout
en
die sogenaamde umami, ’n
smaak wat gevoelig is vir glutamaat. Alle bykomende "smake" word in der waarheid deur die
neus "geproe". ’n
Kastaiing van ’n fynproewer BAIE
stadig bewegende ongewerweldes soos seekastaiings, roofslakke,
seesterre en sekere insekte wat selfs stadiger of stilstaande prooi
jag, is nie gebore in staat om hul slagoffers van ’n afstand af te
vind nie. Pleks
daarvan wag hulle maar totdat hulle daarteen bots, óf toevallig óf
doelbewus. Die dier gebruik dan sy smaakorgane of sy voelhorings,
pote of ander liggaamsdele om vas te stel hoe eetbaar die prooi is. Die sagte, plooibare vel om die vyf tande en sentrale mond van die pers seekastaiing verwittig byvoorbeeld die stekelrige seedier van sy kos se tekstuur en chemiese kenmerke.
Onsmaaklike
dierbaarheid
WIE sal nou ’n oulike ou buideldiertjie soos die opossum wil seermaak? Jy stellig nie, maar ’n honger roofdier sal nie só redeneer nie. Daarom dat die Amerikaanse opossum met sy eie weermiddels toegerus is.
Foto: Dr. William J. Krause / National Agricultural Library / U.S. Department of Agriculture (effens gewysig) As
die opossum wil spore maak, sal hy allereers ’n boom soek om in te
vlug. As hy dit nie kan regkry nie, sal hy hom dood hou.
("Playing possum," soos die Amerikaners sê.) Maar
die opossum het nog ’n weermiddel—hy smaak sleg. Huiskatte
jag graag allerhande goeters en bring dit huis toe. Maar hulle sal
nie sommer enigiets vreet nie. Dit lyk of sekere diere (insekte,
wurms en amfibieë byvoorbeeld) nie deur roofdiere gevreet word nie
om die eenvoudige rede dat hul vleis so onsmaaklik is. Snorre wat proe
LINKS en REGS BO: Katvisse met hul "snorre", wat smaakknoppies bevat.
• Foto links bo:John G uthrie / U.S. Fish & Wildlife Service • Foto regs bo: ARS / U.S. Departement of Agriculture DIE
meeste visse het slegs twee sinne nodig om te funksioneer: reuk en
tas. Daar is egter ’n paar soorte visse wat hul smaaksin gebruik
om kos te soek. Katvisse
en ander het byvoorbeeld sensoriese apparate (moestasse) wat soos
snorre van hul bekke of kele afhang. Hierdie hoogs beweeglike aanhangsels is met smaakknoppies toegerus en, as hulle oor die bodem gesleep word totdat hulle teen iets interessants raak, sal hulle rapporteer of die voorwerp eetbaar is of nie.
Foto: U.S. Department of the Interior / U.S. Geological Survey DIE smaakorgane van ’n paar soorte insekte sit aan hul pote. Die skoenlapper het byvoorbeeld smaakorgane aan die pote wat sensitief vir suiker is. Wanneer hy op ’n suikeragtige stof gaan sit, herken die smaakorgane die kos en word die suigslurp geprikkel om oop te rol. Die lang, buisvormige suigslurp van die meeste vlinders kan slegs vloeibare kos hanteer. Tentakels
soos tonge
HOEWEL die seekat goed kan sien, speel sy hoogs ontwikkelde smaak- en tassin ’n groot rol om hom teen gevaar te waarsku en om vas te stel of sy prooi geskik is. Hierdie
sintuie is die beste ontwikkel in die arms van die seekat. Hulle kan
tot twee keer meer senuselle wat sensoriese inligting verwerk as die
brein hê. Die suiers is ook besaai met chemiese sensors, waarmee hy
sowat tien keer fyner kan proe as die menslike tong. Slegs
nadat die suiers die prooi geproe het, word dit stewig vasgevat en
in die mond geplaas.
Nog
smaaklike brokkies
•
Dit hang van bestuiwende insekte se monddele af na watter
tipe blomme hulle aangelok
word.
Insekte met lang tonge benut buisvormige blomme en dié met
korter
tonge besoek blomme wat breër en oper is. •
Ons is maar te geneig om te dink dat die belangrike sintuie
altyd aan die kop moet sit. Maar by sekere diere, veral insekte, is
hulle op heeltemal ander liggaamsdele. Die liggaam van die vlieg is
byvoorbeeld met talle klein haartjies bedek wat as tongetjies
funksioneer om die insek te vertel of ’n ding eetbaar is of nie.
Dis hoekom die gewone huisvlieg so knaend op kos wil sit. Hy moet
werklik aan die kos raak voordat sy harige "tonge" hom
genoeg prikkel om dit te vreet. Ander insekte gebruik hul
voelhorings as ’n soort samegestelde ruik- en proe-orgaan. •
Anders as mense het honde nie sweetkliere in die vel nie. As
Wagter warm kry of opgewonde raak, haal hy vinnig asem met ’n
uithangende tong. Water verdamp van die tong en keel af, en dit help
om hom af te koel. •
Maar honde is nie die enigste diere wat hul tonge gebruik om
af te koel nie. Arende sweet ook nie deur hul vel nie en hyg nes
honde. •
Al gesien hoe skiet ’n vaardige verkleurmannetjie sy tong
uit om ’n insek met sy klewerige tongpunt te vang? Alles geskied
binne slegs een sestiende van ’n sekonde, waarna hy sy slap tong
en prooi in sy bek inkatrol. • Maar praat van ’n strekbare tong! Die miervreter het een wat ideaal geskik is om in die gange van mier- en termietneste in te steek en die insekte op te lek. Daar is min wegkomkans van ’n tong wat 60 cm ver uitstrek.
Foto: Probert Encyclopedia / Free pic |
|||||||||||
Skakels na al die artikels in hierdie reeks oor diere-sintuie: •
Inleiding |
|||||||||||