Teks uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Wêreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
IS
donkermaan. ’n Honger straatkat
sluip
rond tussen ’n
paar
leë tromme op soek na ietsie om te vreet. Buiten die geritsel van
vullissakke is alles doodstil.
Dan,
skielik, skuur die kat se snorbaard teen ’n piepklein muisie wat in ’n
hoekie wegkruip. Die kat kan die muis glad nie sien nie. Maar—kerplaks—met
die snelheid en presisie van ’n muisval, het die roofdier die
knaagdier in sy dodelike bek.
Die
tassin is gewoonlik oor die hele liggaam versprei, met ’n hoër
konsentrasie op sekere dele.
Op
vrywel enige deel van die menseliggaam is daar byvoorbeeld haartjies
wat soos voelspriete werk om oor gebeurtenisse buitekant die liggaam
verslag te doen. Maar daar is ook ’n konsentrasie van
"fyngevoeligheid" in die vingerpunte.
Ongewerweldes
se tasorgane is versprei, met konsentrasies op die voelers en
tentakels. By baie werweldiere verskerp lang hare op die gesig die
tassin.
Om
te kan voel beteken ook dat die liggaam gewaarsku kan word teen
sensasies soos pyn, hitte en koue.
Laaste
maar nie die minste nie, help tas om verbintenisse tussen diere te
smee.
Tas
is so ’n kardinale deel van die lewe dat ’n mens jou kwalik kan
voorstel hoe mens en dier daarsonder sou gefunksioneer het.
|
Die kat se
snor... dis g’n blote klossies baard nie |
|
REGS:
As iemand hom verbeel hy’s die kat se snor, soos die
(Anglisistiese) spreekwoord lui, dink hy dat hy alte wonderlik
is. Waar die oorsprong van die Engelse idioom oor die
“cat’s whiskers” lê, is ’n ope vraag, maar die feit
bly staan dat katte se snorre
beslis iets is waarmee hulle sou kon gespog
het as hulle die intellek gehad het om dit te doen. Katte se
snorre—en dié van ander diere—is immers glad nie
sulke eenvoudige organe as wat ’n mens dalk geneig sou wees
om te dink nie. Die beweging van die hare is die sneller vir
sensoriese selle, wat impulse deur vertakkings van die
gesigsenuwees na die brein toe stuur. Snorre is gevoelig vir
vibrasies met ’n baie lae frekwensie. |
 |
|
Foto
deur VALE, wat dit in die vrye Wikipedia-ensiklopedie op
die wêreldwye web stel dat hy die kopiereg daarop hou, maar
(paradoksaal) die vrye gebruik daarvan toelaat met of sonder erkenning
|
Gevoelige voëls
BY
voëls is die sig- en hoorsin baie goed
ontwikkel
en die reuk-, smaak- en tassin betreklik swak. ’n Paar voëls wyk
egter hiervan af en maak goed gebruik van hul tassin.
REGS:
’n
Reënwoudvoël.
Foto
met vergunning van William Laurance / NASA Earth System Science Data
and Services (detail)
Daar
is byvoorbeeld Suid-Amerikaanse voëls wat met gevoelige snawels
rondvoetel in die los grond en
blare-afval
van woudbodems op soek na wurms en ander ongewerweldes. Die tassin
word versterk deur sensitiewe kwashare om die basis
van
die snawel, wat bewegings tussen die blarepuin gewaar.
Die
tassin van die see-anemoon
REGS:
’n See-anemoon.
Foto: NOAA
HULLE
kan dalk soos die blomblare van ’n blom lyk, maar die wuiwende
tentakels van die see-anemoon het ’n aggressiewe doel. Besaai met
netelselle, is hulle so dodelik vir ’n klein seediertjie as wat ’n
haai vir ’n vis is.
Die
anemoon gebruik sy tentakels om chemies tussen eetbare en oneetbare
voorwerpe te onderskei. As die voorwerp kos is, word die talle naalde
in die tentakels in die slagoffer ingespuit en word hy verlam.
Die
tassin van die vis
DIE
sig- en reuksin van visse speel ’n groot rol om hulle na hul prooi
en maats te lei en hulle teen roofdiere te waarsku. Maar daar is ’n
derde sintuig wat hulle hierin help en hulle baie bewus van trillings
onder die
water maak.
Onder
die vel is naamlik ’n reeks met jellie gevulde kanale waaraan
sensitiewe hare geheg is wat in die rigting van die water se beweging
buig. Dié is goed voorsien van senu-ente. Twee groot kanale loop
weerskante van die lyf. Party loop ook verspreid in
die
kop.
Hierdie
kanale is deur middel van klein porieë met die buitewêreld verbind.
Enige versteuring van die water buite die vis se liggaam word deur die
hare binne-in die kanale geregistreer. Benewens die opsporing van
prooi- en roofvyande, help hierdie stelsel blykbaar ook sekere visse
om te navigeer.
Die
tassin van die skoenlapper
VIR
sekere vlieënde insekte is dit noodsaaklik om die windsnelheid te
meet voordat hulle vlieg. Bye bereken hul vliegspoed volgens die
bepaalde uitwaartse kromming van hul voelhorings in die wind.
Skoenlappers
het ook ’n "private weerstasie". Die mannetjies van die
vlinders en motte vlieg altyd teen die wind in wanneer hulle die
reukmolekules van ’n wyfie volg. As die wind egter sterker stoot as
wat hulle kan vlieg, sou dit hul eenvoudig verder van hul
liefdesdoelwit af waai. Voordat hulle dus opstyg, bepaal hulle die
windsnelheid met hul voelhorings—en bly hulle aardgebonde as die
wind te sterk is.
Die
tassin van robbe
REGS:
’n Bebaarde rob op die ys.
Foto:
NMML Photo Gallery / NOAA
ROBBE
se smaak- en reuksin is swak ontwikkel. Die water waarin hul leef, is
dikwels troebel, en goeie sig is dus ook van weinig nut om hul prooi
op te spoor. Pleks daarvan maak robbe in mindere of meerdere mate van
hul tassin gebruik om kos te vind.
Hiervoor
het hulle ’n vlesigheid aan die snoet, en die moestasse wat
hiervandaan uitstrek, is goed voorsien van senuwees en uiters gevoelig
vir roeringe.
Dis
feitlik seker dat hulle dit gebruik om die vibrasies van diere in die
nabyheid op te vang of om, soos walrusse, in diep water na kos te tas.
Die
tassin van spinnekoppe
ALLE
webspinnekoppe leef in ’n
wêreld van tas. Hul sig is swak en hulle verlaat hulle op hul
gevoeligheid vir vibrasies om deur die lewe te gaan. Hul webbe werk
nogal soos telefoondrade om vir hulle inligting oor te dra.
LINKS:
Die spinnerak van ’n webspinnekop.
Foto
van NSF Collection, U.S. National Science Foundation, met
vergunning
Met
hierdie akute sensitiwiteit vir verskillende trillings kontroleer die
spinnekop die drade van die spinnerak en word onderskei tussen ’n
spartelende prooidiertjie, ’n blaar wat deur die wind in die web
gewaai is en—as die spinnekop ’n wyfie is—’n mannetjie wat
versigtig toenadering soek. Web-vibrasies dien ook vir kommunikasie
tussen die volwasse spinnekop en kleintjies.
Die
hengelspinnekop is ook gevoelig vir die vibrasies wat deur ’n
swemmende vis in die water veroorsaak word.
Die
tassin van ape
LINKS:
’n Gibbon-ma met haar kind. Gibbons word ook langarmape genoem. In
hul geval is daar geen sprake van die lang arm van die gereg nie, maar
wel van die lang arm van moeder! En hierdie arms se vertroeteling is
noodsaaklik vir die gesonde ontwikkeling van ’n gibbontjie.
Foto
met vergunning van Jim Zuckerman, Gibbon Conservation Center / Via
Genome.gov van VSA se sentrale regering
SOOS
by die mens, is liggaamlike aanraking en vertroeteling noodsaaklik vir
die normale, gesonde ontwikkeling van die jong ape. Die babas klou
soos nete aan hul ma’s—nie net omdat dié enige oomblik die
hasepad kan kies nie, maar ook omdat dit so lekker is om só gekoester
te word en dit hulle veilig laat voel.
Die
tassin van otters
WATERSOOGDIERE
soos otters, wat in troebel water lewe, maak grootliks van hul tassin
gebruik om prooi op te spoor en te vang.
REGS:
’n Otter, gevoelige snorbaard en al.
Foto:
Dennis Money / U.S. Environmental Protection Agency
Danksy
opvallende snorbaarde op hul bolippe kan die otters, terwyl hulle op
die oppervlak rondswem, hul prooi se woelinge in die water waarneem.
Otters
wat nie swempote het nie, soos die groot otter, is verbasend behendig
met hul voorpote. Hulle gebruik hul sensitiewe vingers om op die
modderige see- of rivierbedding of in smal skeure na
skaaldiere, weekdiere,
paddas en vissies rond te tas.