|
|||
|
|||
LMAL van ons pas diskriminasie toe. Pieter hou meer van blondines as van swartkoppe, maar hy sal deur kokodilriviere swem as hy net een bepaalde rooikoppie se hart kan verower. Linda is ’n meisie wat van stemmige geselskap hou, maar jy sal Jeanette nooit buitenskools sonder haar rare vriendekring sien nie.En
Emmie is doller op een sekere onderwyser as op al die ander in die
skool.
Om
tussen mense te diskrimineer, is ’n inherente deel van ons
mens-wees. Dit beteken bloot dat ons verskillende mense verskillend
bejeën. Wanneer dit egter blyk dat ons ’n onregverdige onderskeid
tussen mensegroepe tref, ’n onderskeid wat tot die skreiende nadeel
van sekere mense strek, is ons besig om diskriminasie in sy lelikste
vorm toe pas.
Dit
is die soort diskriminasie wat in hierdie artikel ter sprake is.
Daarvolgens word
mense ongelyk behandel bloot op grond van aangebore of verworwe
kenmerke, soos hul geslag, moontlike gestremdheid, ouderdom, afkoms,
ras en dies meer. By onbillike diskriminasie gaan dit nie net oor
gesindhede en voorkeure nie, maar veral oor hoe ons teenoor sekere
mense optree. Dit het alles te make met gedrag en uitlatings in die
omgang met andere.
Van
nader beskou, kan daar onder meer gediskrimineer word op grond van:
Diskriminasie
vererger wanneer daar op meer as een van sulke gronde teen mense
gediskrimineer word, soos omdat iemand ’n Afrikaanssprekende vrou is
en boonop fisiek gestremd is (taal, seksisme en liggaamlike
belemmering), of omdat iemand tot ’n sekere kerkgenootskap behoort
(godsdiens) en sy oupa jare lank in die tronk was weens
geldverduistering (herkoms). Gevolge
van diskriminasie
ELKEEN
kan diskrimineer of teen gediskrimineer word. In die praktyk is die
gevolge van diskriminasie groter wanneer dit deur mense vanuit
gesagsposisies toegepas word, soos byvoorbeeld deur skoolhoofde of
werkgewers.
Ook wanneer ’n
groot groep mense in byvoorbeeld ’n buurt teen ’n minderheidsgroep
diskrimineer—die lewe vir hulle moeilik maak om hulle miskien te
dwing om uit die buurt uit weg te trek—
is dit erger as wanneer dit bloot een gesin is wat deur hul
naaste bure getreiter word.
Die
gevolge van diskriminasie sny soos ’n verwoesende laserstraal deur die
hele spektrum van ’n samelewing waarin dit die norm is. Van die
vernaamste gevolge is:
Die
ellendes wat al deur sulke gedwonge skeidings van mensegroepe veroorsaak
is, kan vandag in duisende geskrifte gelees word. En stellig die ergste
soorte diskriminasie wat nog op aarde bestaan het—en ongelukkig steeds
bestaan—is die onregverdige onderskeide wat op grond van ras en geslag
tussen mense getref word. Dit is dus nodig dat ons hierdie twee vorms
van onderskeidmaking van nader sal bekyk.
Diskriminasie op grond van ras (rassisme)
DIT
is nie so maklik om vas te stel waar rassisme se wortels in die
geskiedenis lê nie. Die praktyk om sekere mensegroepe gering te skat en
selfs te verslaaf, is immers so oud, nee, sekerlik ouer, as die tyd toe
die Israeliete nog deur die Egiptiese farao's onderdruk is.
Maar
die begin van die rassisme lê nie slegs hier nie. Die meeste
vooroordele vind hul oorsprong in vrees vir die vreemde, gepaard met die
vrees om ’n mens by ander bevolkingsgroepe te moet aanpas.
Vandag word algemeen aanvaar dat rasse gelykwaardig is. Volgens die
verklaring van menseregte, wat al in 1948 deur die Algemene Vergadering
van die Verenigde Nasies aanvaar is, het alle mense gelyke regte, ongeag
hul ras, kleur, geslag, taal of godsdiens. Desondanks kom rassisme
steeds voor—ook in Suid-Afrika, al is diskriminasie reeds etlike jare
gelede met mening uit ons wetboeke geskrap. Apartheid in sy breër sin was natuurlik nooit net beperk tot Suid-Afrika nie. In die geskiedenis is rassediskriminasie in verskeie ander lande in wette vasgelê—byvoorbeeld in Nazi-Duitsland met sy die diskriminasie teen Jode. Selfs in Amerika is die verskil tussen wit en gekleurd lank deur wetgewing gereël. (Daarom was dit in 2008 so ’n epogmakende gebeurtenis toe Barack Obama, die seun van ’n blanke Amerikaanse vrou en ’n swartman uit Kenia, tot Amerikaanse president verkies is.)
Maar
“afsonderlike ontwikkeling” is in ons land tot die mees ekstreme
uiterstes gevoer. Dit was selfs verbode vir wit en swart om saam op die
strande te verkeer en dus saam in die see te swem, of om hysbakke in
geboue te deel. Groot probleme is boonop veroorsaak deurdat huwelike
tussen die rasse nie net verbied is nie, maar omdat selfs
liefdesverhoudings tussen blank en gekleurd tot tronkstraf kon lei.
Voorts is baie soorte werk en eiendomsreg in "blanke" gebiede
net vir witmense gereserveer.
Ook
die destydse verbod op Indiërs om in die Vrystaat te woon, of selfs
sonder ’n permit deur die provinsie te reis, is ’n voorbeeld van
flagrante diskriminasie.
Hierdie uitsluitings van die verlede het daartoe gelei dat baie instellings duidelike patrone van die bevoorregting van blankes getoon het. Vandag verbied die nuwe Grondwet van Suid-Afrika egter uitdruklik enige vorm van diskriminasie.Trouens,
dit verbind en verplig ons land tot ’n kultuur van menseregte
en die handhawing van fundamentele vryhede aan die hand van omvattende
omskrywings en voorskrifte, in pas met die beste wat elders bestaan. Dit
gee ook erkenning aan die diversiteit van die Suid-Afrikaanse nasie en
die regte van kultuur-gemeenskappe wat daaruit voortvloei. Baie mense voel egter dat dinge in ons samelewing nie werklik genormaliseer kan word solank die sogenaamde regstellende aksie nog bestaan nie. Regstellende aksie word dikwels geregverdig as nodig om die onreg van die verlede te herstel. Hoewel dit belangrik is om foute reg te maak, voel baie mense dat regstellende aksie nuwe vorme van onreg skep teen bekwame (wit) mense, wat as gevolg daarvan uitgesluit word. Die argument is dat ’n mens nie een onreg met ’n tweede onreg behoort te herstel nie. Soos
oud-pres. F.W. de Klerk dit ook al op ’n keer in ’n toespraak gestel
het: “Die Grondwet is duidelik in sy voorskrifte in Artikel 9 dat die
sterk verbod teen diskriminasie op watter grond ook al aan die een kant,
en die behoefte aan regstellende aksie ten opsigte van diegene wat
benadeel is deur 'unfair discrimination' aan die ander kant, in samehang
met mekaar hanteer moet word. Regstellende aksie, wat in wese
diskriminasie ten gunste van bepaalde klasse of groepe van persone
beteken, kan en moet dus aan bepaalde toetse onderwerp word. “Ongelukkig vind hierdie balans tussen nie-diskriminasie en regstellende aksie nie voldoende neerslag in die praktyk nie. Trouens, die oorheersende indruk by baie is dat die verbod teen diskriminasie heel dikwels in die naam van regstellende aksie verkrag word; dat die begrip benadeeldes (disadvantaged) verkeerdelik bloot aan ras en kleur gekoppel word; en dat Suid-Afrika ’n ernstige risiko loop om weer eens ’n staat te word waarin diskriminasie op grond van kleur die norm word,” het mnr. De Kerk gesê. Diskriminasie
teenoor vroue
GESLAGSDISKRIMINASIE
beteken dat iemand sekere regte ontneem word bloot omdat hy of sy ’n man
of ’n vrou is. In die praktyk kom dit meestal daarop neer dat daar
teenoor vroue gediskrimineer word. Daar word selfs gedink dat hulle
verstandelik minder bedeeld as die mans is of dat hulle fisiek nie in
staat sou wees om in “die harde manswêreld te oorlewe” nie. Só ’n onderskeid word in Suid-Afrika ontmoedig—en ook van owerheidsweë sterk teengestaan, soos blyk uit die aanstelling van verskillende vroue in hoë regeringsposte. Op
baie terreine van die sameling geniet vroueregte egter nog lank nie die
nodige erkenning nie. Daar heers steeds in verskeie gemeenskappe die
opvatting dat die vrou die man se ondergeskikte is, ook in die huwelik.
Sy moet na haar heer en meester se pype dans en net sorg dat hy gelukkig
is. Die idee dat ’n huwelik ’n band van liefde tussen gelyke vennote
moet wees, het beslis nog nie oral ingang gevind nie.
Daar is weliswaar ’n groter beweging in die sakewêreld om vroue in verantwoordelike bestuurposte aan te stel. Gelyke betaling vir gelyke werk raak ook al hoe meer die aanvaarde norm. Dit gebeur ook elders ter wêreld. Selfs die bevelvoerder van die onlangse uitvaart van die pendeltuig Discovery is ’n vrou—die veteraan Eileen Collins.Maar
die ware emansipasie (volle gelykstelling) van die Evasgeslag moet nog
gebeur.
Soos
een waarnemer dit stel: Dit beteken nie dat die vrou haar vroulikheid
moet prysgee en die wêreld soos ’n gespierde Amasone moet regeer nie,
maar bloot dat sy haar plekkie in die son gegun moet word as die
gewaardeerde vennoot en hulp van die man.
Hoe
kan ons dan diskriminasie in al sy vorms uitroei? IN
die Europese Unie is daar vandag ’n beweging wat
Be Equal * Be Different
genoem word. Dit is ’n projek wat aksies en maatreëls teen
diskriminasie binne die Europese Unie wil versterk. Be Equal * Be
Different verbind mense uit verskillende lande vir ’n doeltreffende,
transnasionale en standhoudende benadering teen diskriminasie op
verskillende terreine. In
die nuwe Suid-Afrika stry ons Kommissie vir
Menseregte weer vir die ontwikkeling
van ’n kultuur van menseregte in ons land. Die Kommissie vir
Geslagsgelykheid hanteer klagtes oor diskriminasie op grond van geslag
en die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie hanteer
gevalle van onregverdige arbeidspraktyke. Om
’n kultuur van menseregte te bou is dit verder nodig dat elke burger
moet weet wat sy regte is en dat hy sy verantwoordelikhede sal verstaan. Die
Handves vir Menseregte, soos vervat in ons Grondwet, bevat talle riglyne
wat ons moet ken sodat ons sal weet hoe om onregverdighede soos ’n
diskriminerende denke uit ons lewensuitkyk te weer. Daarin
word onder meer verklaar dat elke persoon die reg op respek vir en
beskerming van sy of haar waardigheid het. Niemand mag gemartel of
wreedaardig behandel word nie. Slawerny en dwangarbeid is nie toelaatbaar
nie.
Jy
moet kan assosieer met wie jy wil, stem vir wie jy wil en werk waar jy
wil, terwyl gemeenskappe die reg moet hê om hul eie kultuur te geniet,
hul eie geloof te volg en hul eie taal gebruik. Op
die keper beskou, kan die ware einde van diskriminasie dus op die ou end
slegs met twee dinge bewerkstellig word:
Dis so eenvoudig soos dit. |
|||
|
Naskriffie in ’n ligter trant...
Foto links bo: Bryan Harry / U.S. National Park Service
Foto regs bo: Budd Christman
/ NOAA Corps |
|||