|
’n Laslappie van Mieliestronk |
||
|
ENERGIE
•
Beskik Suid-Afrika oor
voldoende energiebronne sodat die toekomstige geslagte dit sal ook
sal kan gebruik in hul nywerhede en in die alledaagse lewe?
Die Wet van Behoud van Energie
Getyekrag
Met hierdie styging en daling
van die see kan bewegende water net soos in ’n
hidroëlektriese kragsentrale gebruik
word om turbines vir kragopwekking te laat draai. Omdat getyekrag
deur die wisselwerking van die swaartekragte van die aarde, son en
maan veroorsaak word, is dit wesenlik onuitputlik en word dit as ’n
hernubare energiebron beskou.
Branderkrag BRANDERKRAG
(of golfkrag) verwys na die energie van die golwe op die oppervlak
van die see en hoe die reëlmatige op- en afbeweging van die water
gebruik kan word om nuttige werk te doen. Dit sluit in die opwekking
van elektrisiteit, die ontsouting van die seewater en die pomp van
die ontsoute water in reservoirs. Hernubare en nie-hernubare energiebronne HERNUBARE
energie is energie wat verkry word van bronne wat hulself gedurig
hernu of vir alle praktiese doeleindes nie uitgeput kan word nie.
Hernubare energiebronne verskil dus grootliks van fossielbrandstowwe
(aardgas, olie en steenkool) en produseer nie soveel
kweekhuisgasse en
besoedelende stowwe as eersgenoemde
nie.
Beskik Suid-Afrika oor voldoende energiebronne sodat die toekomstige geslagte dit sal ook sal kan gebruik in hul nywerhede en in die alledaagse lewe?
SUID-AFRIKA se bestaande benutbare energiebronne is ongelukkig in baie opsigte nie toereikend genoeg sodat ons opkomende geslagte dit ook nog sal kan gebruik nie. Ander weë vir bekostigbare energie-opwekking sal dus noodwendig gevind moet word.
Die steenkoolreserwes is baiemaal laegraads en benutbare reserwes kan in die loop van hierdie eeu uitgeput wees. Dit kan die doodsklok laat lui vir Sasol waar olie uit steenkool verwerk word, tensy Sasol sy tegnieke verander en miskien tot ander metodes van brandstofvervaardiging besluit. Boonop is steenkool ’n hoogs besoedelende energiebron wat grootliks tot aardverwarming bydra en die gebruik daarvan moet in elk geval ontmoedig word.
Die gebruik van hidroëlektrisiteit (die opwekking van krag deur middel van vallende water by damme) is uiters beperk in Suid-Afrika waar die reënval dikwels wisselvallig en die gemiddelde neerslag, veral in die westekant van die land, baie laag is. As ’n mens daaraan dink dat al Suid-Afrika se riviere saam slegs soveel water in die see stort as die een enkele Europese rivier die Ryn, besef ’n mens ons land se nypende watertekort des te meer.
Suid-Afrika het voorts geen oliebronne om van te praat nie, en die aardgas wat van onder uit die see kom (soos by Mosselbaai) sal stellig net ’n klompie dekades lank ontgin kan word.
Waaraan ons wel ’n ryk voorraad het, is uraan—’n kosbare neweproduk van ons goudmyne. ’n Verbeeldingryke plan word nou van owerheidsweë beraam om die opwekking van elektrisiteit met kernkrag aansienlik uit te berei om vir toekomstige ontwikkeling voorsiening te maak—danksy ons uraanreserwes.
Die vervaardiging van etanol (brandstof met ’n alkoholbasis) uit mielies hou ook moontlikhede in, maar daar word op die oomblik gebatteer of die land met sy min water dit kan bekostig om ’n graanproduk wat vir kos gebruik behoort te word, in ons motorvoertuie te laat uitbrand.
BO: Uraan.
Hoe Suid-Afrika ’n energiekrisis kan voorkom
SUID-AFRIKA sal beslis ’n energiekrisis tegemoetgaan as ons volstaan met wat ons het.
Gelukkig is daar verskillende uitweë indien versiende owerhede nou reeds begin voorbrand maak om dit te voorkom.
Ons het hierbo reeds na ons ryk uraanneerslae verwys. Baie min verrykte uraan is nodig om ’n kernkragsentrale (soos dié by Koeberg) aan die gang te hou, al is dit ’n duur proses om uraan te verryk.
Foto: U.S. Department of Energy
“Pilletjies” verrykte uraan soos dié op die foto hierby word binne-in metaalstawe verseël om elektrisiteit in ’n kernreaktor op te wek. Die uraankorrels is so kragtig dat hulle eers ná drie of vier jaar hul krag verloor en vervang moet word. (Vergelyk dit met die berge besoedelende steenkool wat by steenkoolkragsentrales nodig is).
Ons het ook reeds etanol-vervaardiging genoem. Etanol uit mielies is ’n alternatiewe brandstof en bron van krag, maar dit is omstrede omdat mielies ook ‘n voedsel is. As ’n slim wetenskaplike egter ’n maklike en goedkoop metode kan bedink om etanol uit gras en blare te vervaardig, is ons kop deur.
’n Ander moontlike alternatiewe energiebron van kragopwekking is die son—en in ons sonnige land is nog nie eens geprobeer om die son op groot skaal te benut nie. Sonlig word in hierdie proses met ’n menigte spieëls opgevang en die strale word gekonsentreer op ’n groot houer met water, wat weens die hitte in stoom verander. Die stoom word dan gebruik om elektrisiteit op te wek.
Elektrisiteitsopwekking met windkrag is ook nog in sy kinderskoene in Suid-Afrika, maar in die Wes-Kaap is darem al ’n begin gemaak om die wind sinvol te probeer benut.
Energiebronne: hoeveel van wat het Suid-Afrika? • Steenkool: Steenkool is die vernaamste brandstof wat in Suid-Afrika geproduseeer en verbruik word. Die land het die sewende grootste hoeveelheid ontginbare steenkoolreserwes ter węreld (54,6 duisend miljoen Kaapse ton), wat sowat vyf persent van die węreldtotaal is. Suid-Afrika is die sesde grootste steenkoolprodusent en het in 2002 altesaam 245,3 miljoen Kaapse ton geproduseer. Met verhoogde ontwikkeling, meer olie-uit-steenkool-vervaardiging en groter uitvoer sou die produksie baie meer uitgebrei kon word. Steenkool is egter geen volhoubare energiebron nie en boonop erg besoedelend.
• Olie en sintetiese brandstof:
Suid-Afrika voer die meeste van sy ru-olie uit die
Midde-Ooste in. Daarteenoor het ons wel ’n hoogs
ontwikkelde bedryf vir die vervaardiging van sintetiese
brandstof wat ondersteun word deur ons steenkoolneerslae
en aardgas onder uit die see by Mosselbaai. • Uraan: Ons land se uraanreserwes teen ’n ontginningskoste van 80 Amerikaanse dollar per kilogram word op 186 000 ton geraam en dié in die hele węreld op twee miljoen ton (of van vyftien tot twintig miljoen ton węreldwyd as die ontginningskoste buite rekening gelaat word). Suid-Afrika oorweeg dit om tussen vier en ses nuwe kernreators te bou en ’n uraanverrykingsprogram van stapel te laat loop om brandstof vir die reaktors te verskaf. Die verrykte uraan wat by Koeberg gebruik word, word tans uit Frankryk ingevoer, hoewel Suid-Afrika ’n toonaangewende uraanprodusent is. Uraan is ’n neweproduk van die goudmynbedryf, maar daar is tans net twee maatskappye in die land wat uraan in sy onverwerkte vorm produseer. Veel hoop word op kernkragontwikkeling geplaas wat (hoewel die afval gevaarlik is en in digte houers in verlate plekke weggesteek moet word) die land eeue lank van krag kan bly voorsien.
• Waterkrag: Hidroëlektriese stelsels word by die Gariep- en
Vanderkloofdam bedryf, maar hulle voorsien minder as een
persent van Suid-Afrika se elektrisiteit. • Son- en windkrag: Son- en windkragontwikkeling belowe veel vir die toekoms as volhoubare energiebronne, maar statistieke vir Suid-Afrika is vanselfsprekend nog nie beskikbaar nie. |
||
|
|