|
|||
DIE aankondiging was
opspraakwekkend, maar nie heeltemal onverwags nie. Dit lyk of
wetenskaplikes op die punt staan om moderne tegnologie te
gebruik om n uitgestorwe diersoort te laat herlewe. In
die trefferprent Jurassic Park is dit hoeka gedoen:
kastige behoue geblewe DNS van dinosourusse is gebruik om
die gevreesde Tyranosaurus Rex en sy gespuis te herskep. Maar
hierdie keer is dit anders—en heeltemal buite die kamma-wêreld
van die wetenskap-fiksie. Pleks van dinosourusse van
miljoene jare gelede te kloon, wil geleerdes dit
probeer doen met diere wat in die afgelope eeue of selfs
net n aantal dekades gelede uitgesterf het. Daar
is naamlik n tyd gelede in Australië bekend gemaak dat "werkende"
DNS—die bloudruk van die lewe—onttrek is van n
Tasmaniese tierwelpie wat in n bottel alkohol
gepreserveer is nadat dit in 1866 dood is. Die
Tasmaniese tier, Thylacinus cyanocephaplus,
was geen tier nie. Trouens, hy het veel eerder soos
n hond of n wolf gelyk, en n liederlike
een
op die koop toe. Party mense noem hom selfs die Tasmaniese wolf. In der waarheid was hy nóg n
groot kat nóg n wolf, maar n vleisvretende buideldier. Hy
het wyd verspreid oor Australië voorgekom totdat hy
etlike duisende jare gelede slegs tot die suidelike
eiland Tasmanië ingeperk geraak het. Dit was waarskynlik
weens sy wedywering met die dingo, n soort wilde
hond, wat in die gryse verlede saam met die Australiese
inboorlinge na Australië gekom het. Regdeur
die negentiende eeu het Britse setlaars weer duisende van
die Tasmaniese tiers doodgeskiet om hul skape te beskerm,
en toe was die Thylacinus cyanocephaplus se doppie
geklink. Die laaste een is in 1936 in n dieretuin
dood.
Presies
wat behels dit? Allereers moet ons weet dat geen hoëre
dier (of mens) n enkelvoudige wese is nie, maar
n versameling van miljoene der miljoene piepklein selletjies. (Kyk
ook artikel oor die menslike genoom.)
In die kern van elke sel is n stof wat
soos n opgedraaide touleer of n spiraaltrap
lyk, die molekule DNS, oftewel deoksiribonukleïensuur. En in
die "sporte" van hierdie ``touleer'' is al die
oorgeërfde eienskappe van die dier saamgevoeg—elk in
die vorm van n bepaalde kombinasie van n
sekere aantal van die "sporte". Daarby—baie belangrik—is elke sel in staat om te verdeel.
Hy kan presiese weergawes van homself maak—met die
nodige aanpassings sodat byvoorbeeld hare, oë, ledemate
en die brein gevorm word. Uit een enkele sel kan dus
n heeltemal nuwe wese ontstaan. Die embrio word hierna in n surrogaat-ma (c) ingeplant en hierdie dragtige wyfie baar uiteindelik die gekloonde kleintjie (d) . Vir die kloning van die Tasmaniese tier sal sowel b as c feitlik verseker ander soorte buideldiere moet wees waarvan die gene met syne ooreenstem. OMDAT DNS gou tot
niet gaan in n dooie dier, kan ons omtrent honderd
persent seker wees dat ons nooit regtig n
dinosourus sal kan kloon soos in Jurassic Park nie. Selfs
die kloning van onlangs uitgestorwe diere sal bitter
moeilik wees. Dis
natuurlik tensy
daar faktore was wat van hul DNS betreklik ongeskonde
laat bly het. Soos die geval was met die Tasmaniese tiertjie in die
alkohol. Toe
die projek
net die
Tasmaniese tier aangekondig is, was daar eenstemmigheid dat die verloop met groot belangstelling deur
wetenskaplikes—ook die talle skeptici—gevolg sou word. En
daar is gewonder of die kwagga, moa, dodo, mammoet en hoeveel ander
uitgestorwe diere almal uiteindelik op hierdie manier
soos die mitologiese feniks uit die as sal kan opstaan Dit
sal, om die minste te sê, die begin wees van n enorme omwenteling
in die biologiese wetenskap. |
|||