|
’n Laslappie van Mieliestronk | |||||
|
FABELS EN SPROKIES: Stories
uit die verre verlede
’N
SPROKIE is ’n eenvoudige, kinderlike vertelling oor mense en fantastiese
wesens soos feë, hekse, monsters, aardmannetjies en kabouters. ’n Fabel
is ’n kortverhaal, dikwels met ’n sedeles, waarin menslike gebreke en
deugde deur diere uitgebeeld word. Die bekendste fabels is geskryf deur die Griekse digter Esopus of Aesopus (sesde eeu vC), die Romeinse skrywer Phaedrus (omstreeks 20 vC - 50 nC) en die Franse skrywer Jean de la Fontaine (1621 - 1695).
Vier beroemde sprokieskrywers was die Fransman Charles Perrault (1628 - 1703), die Duitse broers Jacob Grimm (1785 - 1863) en Wilhelm Grimm (1786 - 1859), die Deen Hans Christian Andersen (1805 - 1875) en die Engelsman Lewis Carroll (skuilnaam van Charles Dodgson, 1832 - 1898). Sekere sprokies het blykbaar lank reeds as oorgelewerde vertellings bestaan voordat skrywers soos Perrault en die broers Grimm hulle opgeteken het.
Kopieregvry vanweë verjaring. Onder
die bekendste fabels en sprokies is Die vos en die druiwe, ’n
fabel deur Esopus, Aspoestertjie, ’n oorgelewerde sprokie
opgeteken deur Charles Perrault, Sneeuwitjie, ’n oorgelewerde
sprokie opgeteken deur die broers Grimm, Rooikappie, ’n
oorgelewerde sprokie opgeteken deur Charles Perrault, Die avonture van
Pinocchio (deur C. Collodi) en Die drie varkies.
Kopieregvry vanweë verjaring.
Hoe
het sprokies ontstaan? Party mense meen dat hulle te voorskyn kom uit die
kind se wense. Die oorwinnings van Klein Duimpie is dié waarna
die swak kind self hunker. Die ''bose reuse'' is die baie grootmense wat
soms so lastig in die kind se wêreld kan wees. Die ''goeie feë'' is die
volwassenes wat hom liefhet en hom vertroetel... | |||||