|
Hoe die fossiele van dinosourusse in ’n onherbergsame wêrelddeel gesoek is—met behulp van ’n gesofistikeerde satelliet
In die jong dae van die aarde wei ’n dinosourus rustig in ’n vallei... net om verswelg te word deur ’n magtige sandduin wat weens ’n reënstorm platval. Al die eeue der eeue bly sy graf ’n volstrekte geheim. Maar dan sien ’n tegnologiese “oog” hoog bokant die aarde dit raak... |
|
En
tog is dit ’n tyd gelede moontlik bewys. Die fassinerende verhaal
waarin hulle bymekaar uitgebring word, begin ’n anderhalwe dekade of wat gelede...
Die
gebied word Ukhaa Tolgod genoem—Mongools vir "klein bruin
heuweltjies". Sedert 1993 is volmaak bewaarde skedels van
dinosourusse, soogdiere en akkedisse daar gevind. Versprei
oor slegs vier vierkante kilometer is daar meer fossiele gekry as al die
ander vondste in die hele Gobi-woestyn gesamentlik. Daar is trouens so
baie en so ’n groot verskeidenheid dat wetenskaplikes ’n beeld van
’n hele uitgestorwe dieregemeenskap voor hulle kon hê pleks van net
’n paar aanskoulike enkelinge. Tog
was die paleontoloë nog nie tevrede nie. Volgens hulle kon daar En
om die moeilike, tydrowende en duur jag na gefossileerde skatte te
bespoedig, het die span hulp uit ’n heel onverwagte oord aangevra—van 705 km bokant die aarde om presies te wees. Novacek
en sy museum-kollegas het naamlik beelde van die Amerikaanse
ruimte-administrasie (NASA) se ou Landsat 5-satelliet (illustrasie
HIERBY) begin Want
’n erger nagmerrie as die Gobi kan ’n fossieljagter hom kwalik
voorstel. Kaarte is dikwels onakkuraat, paaie bestaan nie en bedags styg
die kwik maklik tot so skuins duskant 40 grade C. Daarby is daar dikwels
sandstorms. Op een bepaalde dag moes die span hul vragmotors met
voorrade 21 keer uit die sand grawe. Maar
ná al hul ontberings in die Gobi het Novacek en sy groep ’n paar
praktiese reëls ontwikkel oor watter geologiese formasies moontlik
fossiele kan bevat. Fossielhoudende plekke kom gewoonlik aan die voet
van die Gobi se groot berge voor. Hulle is ook laagliggend en yl
begroei. Gelukkig
vir die span kan al sulke plekke op die Landsat-beelde Deur Landsat 5 se reeks van sewe verskillende ligsensors te gebruik, word ’n veelkleurige kaart (LINKS) van die Gobi saamgestel wat sy fossieldraende gesteentes letterlik in die beste lig vertoon! DIE
MEESTE van die Gobi se fossielrykdomme kom van die sogenaamde
Kryttydperk in die aarde se geskiedenis—volgens wetenskaplikes net
voordat die dinosourusse uitgewis is. Blomdraende plante, bestuiwende
bye en wespe en baie ander insekte het voorgekom in habitats wat baie
soos vandag se woude en boslande gelyk het. In
Mongolië het die nare reptiel-kalante soos dié van Jurassic Park
gehou, monsteragtige wesens met pantsers en skilde aan die lyf,
waaronder die tarbosourus, die boosaardige tirannosourus se Mongoolse
neef. Die
Gobi was destyds ook droërig, maar het baie meer reën gekry as vandag.
Die Mongoolse moerasse, riviere en vrugbare vloedvlaktes het genoeg
plantegroei voorsien om ’n groot verskeidenheid van dinosourusse,
akkedisse en ook soogdiere te onderhou. Stabiele, nie-verskuiwende sandduine het gevorm om die vrugbare moerasse
en rivieroewers waar baie dinosourusse kos gesoek, gebaklei en hul eiers
gelê het. Stabiele
duine bly egter nie vir altyd stabiel nie en wanneer dit swaar gereën
het, kon hulle meegee en alle lewe onder hulle verswelg. Fossiele kom in
verskillende sedimentgesteentes in die Gobi voor, maar dit is die
platgevalle sandduine wat die beste bewaarde fossiele bevat. Met
verloop van tyd het talle sedimentlae oor die gewese duine opgebou.
Vanweë die massiewe gewig van hierdie sedimente het die duine in
sandsteen verander en het die beendere gefossileer. Ná
nog ’n baie lang tyd van grondverskuiwings en -erosie is die fossiele
weer só blootgelê dat hulle binne die bereik van die paleontoloë
gekom het. Praat van ’n dinamiese dino-projek! |
|