|
’n Laslappie van Mieliestronk |
GROENTE:Noodsaaklik vir gesonde groei
Foto: USDA
IN
die somer word groente in tuine en landerye gekweek. Dié wat egter in
kweekhuise gekweek word, word regdeur die jaar benut. Groente
bevat groot hoeveelhede vitamiene en minerale, wat noodsaaklik is vir
gesonde groei. Dis wensliker om groente rou te eet, omdat baie van die
voedingstowwe in die gaarmaakproses verlore gaan.
Uie
is knolle wat onder die grond groei. Hulle bevat olie wat die oë irriteer
wanneer dit verdamp. Dis waarom ons ''huil'' wanneer ons uie sny.
Die
eierplant, wat inheems is in Asië, het ’n pers, bleekgroen of wit skil. Teenoor
die groot groen, geel en rooi soetrissies, kry ons ook die klein rooi of
groen brandrissies. Spinasie
bevat yster, wat baie belangrik is vir die bloedselle. Geelwortels is ryk aan vitamien A. |