|
’n Laslappie van Mieliestronk |
GRONDWET VAN SUID-AFRIKA(Aanhef en Grondliggende bepalings) Aanhef
Ons,
die mense van Suid-Afrika, Erken
die ongeregtighede van ons verlede; Huldig
diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het; Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en Glo
dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons
verskeidenheid. Daarom
neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as
die hoogste reg van die Republiek ten einde— Die
verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op
demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te
skep; Die
grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering
gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die
reg beskerm word; Die
lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens
te ontsluit; en ’n
Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n
soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem. Mag
God ons mense beskerm. Nkosi
Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.
God
seën Suid-Afrika. God bless South Africa. Mudzimu
fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika. Grondliggende
bepalings
Republiek
van Suid-Afrika
1.
Die Republiek van Suid-Afrika is een, soewereine, demokratiese
staat gegrond op die volgende waardes:
(a)
Menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou
(b)
Nie-rassigheid en nie-seksisme.
(c)
Die oppergesag van die grondwet en die heerskappy van die reg.
(d)
Algemene stemreg vir volwassenes, ’n nasionale gemeenskaplike Oppergesag
van Grondwet
2.
Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek; enige
regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig, en die
verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word. Burgerskap
3.
3.
(1)
Daar is ’n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap. (2)
Alle burgers is in gelyke mate—
(a)
geregtig op die regte, voorregte en voordele van burgerskap;
(b)
onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede (3)
Nasionale wetgewing moet voorsiening maak vir die verkryging, Nasionale
lied
4. Die nasionale lied van die Republiek word deur die President by proklamasie bepaal. Nasionale
vlag
5. Die nasionale vlag van die Republiek is swart, goud, groen, wit, rooi en blou, soos in Bylae 1 beskryf en geskets.
Tale
6. (1)
Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana,
siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele,
isiXhosa en isiZulu.
(2) Gesien die
historiese inkorting van die gebruik en status van die (3) (a) Die nasionale regering en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik.
(b)
Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul (4) Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls hul gebruik van amptelike tale reël en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.
(5) ’n
Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur nasionale wetgewing ingestel moet (a)
die ontwikkeling en gebruik bevorder en omstandighede
(i)
alle amptelike tale;
(ii)
die Khoi-, Nama- en Santale; en
(iii)
gebaretaal; en (b)
respek bevorder en verseker vir — |