|
’n Laslappie van Mieliestronk | |||
GROTTE:Geheime
van die gitswart duisternis
’N
OORWELFDE
grot vol goud en silwer... waarin
daar ook bome is wat met pêrels, diamante, srnaragde, robyne en juwele
belaai is. Só iets het "geen koning nog ooit besit nie", word
in die bekende Arabiese sprokie Aladdin en die Towerlamp vertel. ’n
Arm Chinese seun word deur ’n towenaar, wat hom as sy oom voordoen, in
dié fabelagtige grot ingestuur om ’n towerlamp te gaan haal. Fabelagtige
grotte is daar inderdaad plek-plek in die grond onder ons voete—nou nie
oorlaai met glansende metale en edelstene nie, maar met fantastiese
geologiese formasies wat ’n mens se asem kan wegslaan.
Hierdie
kamers en tonnels is deur water gekerf uit die rots—meestal kalksteen—en
dan deur ’n ingewikkelde proses van afsetting in ’n wonderland van
torings, koepels, watervalle, gordyne en kroonkandelare omgeskep. Om
spelonke te verken is nie iets waarvoor almal kans sien nie. Baie grotte lê
trouens honderde meters onder die grond en is modderig, plek-plek vol
water, donker en koud. By party is die dak vol vlermuise wat vergewe is
van die vlooie, terwyl die vloer en wande weer vol kan wees van
spookagtige wit kakkerlakke, spinnekoppe en ander grillerige goggas. Maar
diegene wat dapper genoeg is om speleologie of die bestudering van grotte
te beoefen, word
dikwels
deur die pragtigste tonele begroet. Niks op
die
oppervlak, sal hulle jou vertel, kan mooier
wees
as wat hulle daar ervaar nie. Hoe grotte en tonnels gevorm word DIE
meeste grotte word in kalksteen of ’n soortgelyke gesteente gevorm.
Ander soorte ontstaan deur vulkaanwerking uit lawa of word deur die wind
en golwe uit rotse langs die kus gevreet.
LINKS:
In kalksteengebiede (ook karst genoem) verdwyn
riviere baiemaal ondergronds, waar hulle voortgaan om die landskap te
erodeer en te vorm.
Foto: JIM GOODBAR / U.S. Bureau of Land Management
Die
water vloei hierna horisontaal in die rigting van ’n natuurlike uitlaat—sê
maar ’n rivier—en los onderweg die kalksteen op. Met verloop van
duisende jare word ’n hoof- horisontale kanaal uitgekerf. Stalaktiete
(hangdruipsteen) en stalagmiete (staandruipsteen) SKOUSPELAGTIGE
formasies wat druipsteen genoem word, ontstaan in grotte waarvan die water
weggedreineer het vanweë ’n verlaging in die watertafel. Twee van die
bekendste soorte druipstene is stalaktiete en stalagmiete, soos jy
moontlik sal weet as jy al die skouspelagtige Kangogrotte by Oudtshoorn
besoek het. Stalaktiete
hang van die grotte se dakke of wande af. Grondwater wat koolstofdioksied
bevat, los die mineraal kalsiet (kalsiumkarbonaat) in die kalkgesteente
op.
Foto: JIM GOODBAR / U.S. Bureau of Land Management
Namate
die water van die grotdak of -wande afdruip, word koolstofdioksied weer in
die lug vrygelaat en klein neerslaggies van kalsiet agtergelaat. Met die
saampakkery oor baie, baie jare heen word stalaktiete opgebou. Die
meeste stalaktiete lyk soos groot yskeëls,
hoewel
party soos strooitjies, naaide, geelwortels en golwende gordyne lyk. ’n
Stalagmiet vorm weer waar druppende water op die grotvloer land en verdamp
of deel van ’n ondergrondse stroom word. Stalagmiete groei van onder af
boontoe. Stalaktiete
en stalagmiete kan uiteindelik saamgroei om ’n groot pilaar of suil te
vorm. | |||