Bande-loos
weggesmyt!
Foto:
U.S. Department of Transportation
’n
Hele werf vol ou buitebande is al erg genoeg, maar die berge weggooigoed
regom die aardbol is om van te huil. Want waar die mens is, is daar
gemors, en dié gemors is meer as net ’n aanslag op die sintuie.
Wanneer vullis verbrand word, gee dit gasse af wat die omgewing en
atmosfeer besoedel en vergiftig. Vullis is ’n ál groter wordende
probleem, maar daar is hoop—as ek en jy net sal uitspring en betrokke
raak by herwinning... |
|
|
Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com DIE
kreef is darem ’n netjiese kêrel! Kyk net hoe herbenut hy sy dop
elke keer wanneer hy "vervel".
In
die natuur word niks vermors nie. Die produkte van enige natuurproses
word in ander natuurprosesse opgeneem. Die blare wat in die herfs van
die bome val, verander in voedingstowwe vir Dis
net die mens wat met sy bedrywighede oortollige stowwe skep wat nie
slegs nutteloos is nie, maar baiemaal ook skadelik. Dit word afval
genoem. Van
die vroegste tye af is die mens ’n rommelmaker. Die beskawing het
feitlik sinoniem geraak met die vullishoop. Maar dit is net in die
afgelope aantal dekades, en veral sedert die ontwikkeling van die
"weggooi"-gemeenskap, dat afval werklik ’n reuse-probleem
geword het. Baie
mense dink jy kan maar papier weggooi omdat dit gou in die natuur
vergaan, en dat plastiek sleg is omdat dit nooit ontbind nie. Navorsing
wat in Amerika gedoen is, het egter ’n aantal verbasende feite
opgelewer oor wat werklik gebeur met die dinge wat ons weggooi. Ondersoeke
by ou vullishope het getoon dat telefoongidse partykeer so te sê
onvernietigbaar is. Selfs koerante kan nog gelees word nadat hulle
twintig jaar op ’n hoop gelê het. Papier,
wat organies is, skep boonop metaangas wanneer dit verrot. Dié is hoogs
vlambaar en kan ’n vullishoop selfs laat ontplof. Weggooi-plastiek,
daarenteen, hoe onooglik dit ook al is, vorm darem nie gifstowwe wanneer
reën daarop val nie. Maar dan weer: die vergaanbare soort plastiek
breek wel
af tot ’n poeierige stof wat na die watertafel deursypel en dit
besoedel. Boonop
is water en sonskyn vir die plastiek nodig om te kan vergaan—wat dit
nie maklik kan bereik wanneer die plastiekvoorwerpe diep begrawe lê op
stortingsterreine nie. Vullis
is werklik ’n toenemende probleem. Wat
gaan ons dan doen om die lelike vullishope kleiner te maak sonder om die
omgewing te benadeel? Een van die beste oplossings lê in herwinning: Om
nuttelose afval tot bruikbare produkte te omskep. Só
word vandag se koerante môre se ontbytgraanbokse. Vandag se
koeldrankbottel word die stopsel in môre se slaapsak. Herwinning
help nie net om besoedeling te bestry nie, maar dra
ook
by tot die bewaring van natuurlike hulpbronne. Dit kan op die koop toe
tot groot besparings vir die verbruiker lei.
Geskiedenis
van herwinning
DIE
tegnologie van herwinning bestaan al ’n stuk of 3000 jaar. Glasmakers
het glasbottels gesmelt en vervorm sedert hul ambag ontstaan het. Papier
was eenmaal skaars én duur, en word reeds honderde jare herbenut.
Afvalmetaal word sedert die laat 1800’s hergebruik. In
die jare sestig van die twintigste eeu was daar ’n hernieude
belangstelling in herwinning. Die mens het terdeë begin besef dat hy
besig is om sy natuurlike hulpbronne uit te put en dat van sy fabrieke
die omgewing besoedel. Beter
georganiseerde metodes vir die sortering en verwerking van herwinbare
stowwe het hul beslag gekry. Glasmakers het byvoorbeeld versamelpunte
begin vestig waar mense leë bottels en ander glasprodukte kon inlewer. Later
het die probleem van weggooiplastiek die bewaringsbewustes aan die dink
gesit. Soorte plastiek is toe ontwikkel wat chemies in sonlig kan
afbreek of deur die werking van bakterieë. En,
betreklik onlangs in Suid-Afrika, het die regering streng maatreëls
aangekondig om die gewraakte plastieksakke te verminder wat wyd en syd
aan heinings langs die paaie gewapper het. Maar kom ons bekyk die jongste herwinningstegnologie van naderby. Eers kyk ons hoe rubberbuitebande (soos dié op die hooffoto bo-aan hierdie bladsy) herbenut kan word en daarna plaas ons ander herwinbare dinge soos metale, papier, glas, ens. onder die vergrootglas.
Foto’s: NASA Metale
DIE
herbenutting van metale bespaar baie geld. Die metaal is immers
byderhand en die erts hoef nie nog ten duurste gemyn en verwerk te word
nie. Onder die metale wat só hergebruik kan word, is aluminium, staal,
koper, goud en platinum. Die
volopste bronne van herwinbare aluminium is drankblikkies,
tinfoelie-borde, tuinmeubels, geute en deur- en vensterrame. Die
aluminium word eers platgedruk om makliker vervoer te word en dan na ’n
versmeltingsentrum gebring waar dit versnipper word. Die
gedrukte etikette of verf aan die buitekant en die vernis aan die
binnekant word met hitte verwyder, en die aluminium in ’n smeltoond
gesmelt. Hierna is dit gereed om
weer gebruik te word. Metale
is baie nuttig deurdat dit oor en oor gebruik kan word. Papier
DAAR
is ’n aantal jare gelede al bereken dat Suid-Afrikaners jaarliks 50 kg
papier per kop gebruik. Hoeveel
Wanneer
papier vir hergebruik bewerk word, word dit in ’n groot vat water
geplaas en tot ’n pulp geklop. Reinigingsmiddels
word bygevoeg om die drukkersink op te los. Die ink word daarop met
water weggespoel, terwyl vreemde voorwerpe soos skuifspelde en vullis
deur ’n filtreerskerm verwyder word. Die pulp word dan net soos die oorspronklike houtpap gebruik—nie net om papier te maak nie, maar ook liggewig-karton vir, sê, ontbytgraanbokse, toiletpapier en snesies, papierhanddoeke, bruinpapiersakke, eierhouers en boustowwe soos isolasiemateriaal, pleisterborde en dakbedekking.
Glas
VAN
afvalglas word ’n hele reeks goed
gemaak—glashouers, padboumateriaal, noem maar op.
Die
vergruisde glas word daarop in ’n smeltoond met sand, kalksteen en
soda-as versmelt. Die gesmelte glas kan nou in vorms gegiet word vir
nuwe houers. Glas
is baie geskik vir herbenutting omdat dit nie weens gebruik of ouderdom
bederf nie. Bottels
NIE
alle glas hoef gebreek te word om herbenut te word nie. Koeldrank- en
wynbottels en sekere bottels vir bier en spiritualieë kan vir geld aan
supermarkte en drankwinkels terugbesorg word.
PlastiekKyk ook uitgebreide artikel oor plastiek: klik hier DAAR
is ’n aantal probleme verbonde aan die hergebruik van plastiek.
Eerstens kan nie alle soorte plastiek herbenut word nie. Die harde stof
in elektriese muurproppe, om een voorbeeld te noem, kan nie weer gesmelt
word nie. Tweedens
spesialiseer baie herwinners net in sekere soorte plastiek. Dit beteken
dat plastiek voor hergebruik gesorteer moet word—’n
arbeidsintensiewe praktyk.
Probleme
soos dié maak herwinning duur. Nogtans kom plastiekherwinners vorendag
met merkwaardige produkte wat van blompotte tot videokassethouers en
stortbadgordyne wissel. |
|
|
•
Probeer
om, waar moontlik, nie "rommel" te koop nie. Gebruik jou eie
houers as jy kan en koop dinge soos koeldrank in bottels wat weer
ingelewer kan word. •
Deel
jou afval op. Hou die glas, papier, plastiek en metale apart van mekaar en
neem dit na versamelpunte of herwinningsdepots.
•
Moedig
jou skool aan om aan herwinningsbedrywighede deel te neem.
|
|