|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
HALLEY
SE KOMEET
Krediet: U.S. Library of Congress HALLEY
se komeet is genoem na die Britse sterrekundige Edmund Halley.
Halley het vasgestel dat ’n helder komeet wat in 1682 verskyn het in der
waarheid in ’n elliptiese baan beweeg wat hom op gereelde tye weer en weer
na die binnekringe van ons sonnestelsel—en dus binne sig van ons
aardmense—bring. Volgens
sy berekeninge was dit dieselfde komeet wat in 1456, 1531 en 1607
waargeneem is. Deur gebruik te maak van Newton se teorie oor swaartekrag—en met inagneming van die invloed van die swaartekragte van die groot
planete Jupiter en Saturnus op die komeet se baan—kon Halley voorspel
wanneer die komeet weer sou verskyn.
|