ín Laslappie van Mieliestronk

HALFVLERKIGES  [Engels bugs]:

Eindelose orde van die Hemiptera

 

WeeluisPARTY mense noem hulle besies, ander praat van wantse, nog ander verkies om hulle eenvoudig as luise uit te kryt. Maar laasgenoemde term is misleidend. Die naam luis word immers ook vir ander insekte gebruik.

 

Hoe ook al, die geleerdes ken hulle as die Hemiptera, of Halfvlerkiges (die Engelse praat van bugs)óeen van die grootste insekordes, met ín ongehoorde sowat 67 500 soorte wat in die jare negentig reeds ontdek was.

 

Trouens, geen ander insekorde vertoon so ín groot verskeidenheid vorms as die Hemiptera nie. En sommige sal jy met die eerste kyk ook glad nie eens as insekte herken nie. ín Goeie voorbeeld is die dopluise, waarvan die wyfies sonder vlerke en dikwels ook sonder bene of oŽ is.

 

Blomluise, plantluise, wolluise, weeluise, sonbesies, skuimbesies, boomspringers, blaarspringers, witvlieŽ en waterskerpioene... almal is lede van hierdie eindelose orde.

 

Sekere soorte halfvlerkiges

Fotoís met vergunning van ín webblad van die U.S. Invironmental Protection Agency (EPA) by http://www.epa.gov/bioiweb1/html/photos_invertebrates_true_bugs.html

Halfvlerkiges (Hemiptera) Mesoveliidae  Foto: ESC / USEPA

Halfvlerkiges (Hemiptera) Mesoveliidae
  

Halfvlerkiges (Hemiptera) Corixidae  Foto: ESC / USEPA

Halfvlerkiges (Hemiptera) Corixidae

Halfvlerkiges (Hemiptera) Hydrometridae  Foto: USEPA

Halfvlerkiges (Hemiptera) Hydrometridae

Halfvlerkiges (Hemiptera) Belostomatidae  Foto: USEPA

Halfvlerkiges (Hemiptera) Belostomatidae

    

Baie van hulle lyk na kewers, maar ín mens kan die Halfvlerkiges maklik uitken deur na hul monddele te kyk. Kewers het kake wat horisontaal oor mekaar werk. Die Hemiptera het nie kake nie, maar die mond is altyd in die vorm van ín skerp, naaldagtige "snawel"óín lang snuit wat in staat is orn byvoorbeeld plantweefsels te deurboor en die sap in te suig.

 

Nog ín kenmerk by die meeste soorte is stinkkliere wat aan elke kant van die borsstuk naby die agterpote open en ín onaangename vloeistof afskei.

 

Hul lewensgeskiedenis is ín onvolkome meta≠morfose. In die jong stadiums is daar ín reeks nimfe wat slegs in grootte en klein besonderhede van die volwasse insekte verskil. Hulle raak volwasse deur ín reeks vervellings.

 

Die woord Hemiptera kom van die Griekse woorde hemi (half) en pteron (vlerk). Dit is omdat by sommige lede van hierdie insekorde, hoewel nie by almal nie, elkeen van die voorvlerke in twee helftes verdeel is: ín membraanagtige punt en ín dik, leeragtige basis.

 

Onder die insekte met hierdie kenmerk is die skildstinkbesies en die waterbesies. By die plantluise en die sonbesies is al vier die vlerke baie dun en membraanagtig. En dan is daar natuurlik diť sonder enige vlerke.

 

Afhangende van die struktuur van die voorvlerke word die lede van hierdie orde in twee afsonderlike groepe ingedeel: die Heteroptera en die Homoptera.

 

Net enkeles van die Halfvlerkiges is mooi insekte, en ín menigte tel miskien onder die mens se grootste vyande. Van die skadelikste plae is diť wat van die sap van tuinplante, landbougewasse en vrugtebome leef. Hulle saai nie net verwoesting deur hul vraatsugtigheid nie, maar versprei ook verwoestende siektes onder plante.

 

Dan is daar ook die roofwantseódie rowers onder die Halfvlerkiges. Die weeluis, byvoorbeeld, kom wyd en syd in die wÍreld voor en versprei gevaarlike siektekieme onder mense.

 

Tog is daar ook die nuttiges en onskadelikes. Van die Indiese lak-insek kom ín stof met die naam skellak, waarvan vernis gemaak word. En van die cochenille-dopluis van Mexiko, wat van kaktusplante leef, word ín skarlakenrooi kleurstof verkry.

 

Die sonbesies, daardie beroemde sangers van die somer wat ook in Suid-Afrika voorkom, is onder die interessante lede van die orde. Dis net die mannetjies wat skreeu, glo die hardste van alle insekte. Die klank kom van ín membraan aan die basis van die agterlyf wat in een sekonde tot 4000 keer tril.

 

Die bootsmannetjies (waterinsekte wat onderstebo swem) en waterlopers (wat op die oppervlakfilm van water rondskarrel) is nog bekende Hemiptera-spesies.

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad