’n Ster-aanbieding van Mieliestronk.com 

500 plus

Meer as ’n halwe
 duisend

Afrikaanse idiome
met hul verklarings

Klik op skakel vir die afdeling van jou keuse:

Afd. 1
A--D 

Afd. 2
E--J 

Afd. 3
K--R 

Afd. 4
S--Y


 

Afdeling 2 [ E—J ]

E

Lelike eendjie — vaal meisietjie wat min belofte toon (en tog uiteindelik baie mooi is wanneer sy groot is).

Soos water op ’n eend se rug — gesκ van ’n vermaning waarop geen ag geslaan word nie.

Besin eer jy begin — dink voordat jy met iets begin.

Jou eersgeboortereg vir ’n bord lensiesop verkoop — dit wat vir jou dierbaar behoort te wees, nie behoorlik waardeer nie en maklik daarvan afstand doen.

Die eeu van (die masjien, die atoom, kernkrag, die ruimtevaart) — die tydperk van...

’n Eierdans uitvoer — so tussen moeilikhede deurstuur dat jy veilig anderkant uitkom.

’n Halwe eier is beter as ’n  leλ dop — liewer net ’n deel van iets ontvang of besit as om heeltemal niks te kry of te hκ nie.

Erfgeld is swerfgeld — geld wat geλrf word, word gou verkwis.

Die elmboog gelig (deur die wingerd geloop, tiermelk gedrink) — te veel gedrink.

Hunker na die vleispotte van Egipte — verlang na die beter tye wat jy vroeλr geken het.

F

Familie van Adam se kant af — baie ver langs verwant.

Vol fiemies wees — vol aanstellings of grille wees; oordrewe kieskeurig wees.

Flikkers gooi by ’n meisie — besondere aandag gee aan ’n meisie om haar belangstelling te win.

Moenie sκ: "Fonteintjie, ek sal nooit weer van jou drink nie" — moenie iemand verwerp wie se hulp jy dalk later weer baie nodig gaan kry nie.

G

Gal afgaan — skerp veroordelend praat of skryf.

Met iemand se gal werk — iemand kwaai bestraf.

Jou pen in gal doop — uiters bitsig skryf.

Iemand ’n gat in die kop praat — iemand ompraat om iets te doen (in ongunstige sin).

Alte goed is buurmansgek — as ’n mens te goed is, word jy deur ander mense misbruik.

Die gelag betaal — alleen die straf dra nadat ander saam met jou oortree het.

Geld wat stom is, maak reg wat krom is — ’n mens kan baie met geld doen.

Genadebrood eet — van liefdadigheid lewe, soos wanneer ’n mens te oud is om nog te werk.

Die gewoonte maak die gewente — gewoonte raak tweede natuur.

Mense wat in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie — ’n mens moet nie ander se foute kritiseer as jy self ook sulke gebreke het nie.

Goedkoop is duurkoop — goedkoop artikels se gehalte is gewoonlik so swak dat jy gou weer nuwes sal moet aanskaf en gevolglik meer sal moet betaal.

Alle grappies op ’n stokkie -- laat ons nou ernstig raak nα die geskerts.

Van die gras af maak — doodmaak.

Nie gras onder jou voete laat  groei  nie — nie talm nie, maar ’n taak dadelik aanpak.

Daar is 'n slang in die gras — daar is onraad, daar skuil iets agter.

’n Graswewenaar — ’n man van wie die vrou tydelik weg is.

Dis vir my Grieks — ek het daar geen benul van nie, ek verstaan dit glad nie.

H

Jou op die haai vlakte bevind — jou op die kaal en verlate vlakte bevind waar daar geen skuiling is nie.

Elke haan is koning op sy eie mishoop — elkeen is sterk op sy eie terrein.

Geen haan sal daarna kraai nie — niemand sal ooit iets daaroor rep nie.

Net ’n hanetreetjie — slegs ’n kort afstand.

Moenie jou kom haantjie hou by my nie — moenie so astrant wees in my teenwoordigheid nie.

Geen lui haar op jou kop hκ nie — fluks wees.

Hare kloof— beuselagtige onderskeidings maak.

Hoe meer haas, hoe minder spoed — hoe haastiger jy is, hoe minder kry jy iets uitgerig.

Vir jou probleme op die hals haal — self die oorsaak van jou probleme wees.

Met hals en mag — met alle krag en geweld.

Dis nie om die hondjie nie, maar om die halsbandjie — dis nie om die doel wat voorgegee word nie, maar met ’n bybedoeling (soos waar ’n jong kκrel net vriende maak met ’n meisie se broer sodat hy die meisie beter kan leer ken).

Iemand iets hand en mond belowe — iemand iets met groot erns belowe.

Die hand in eie besoem steek — jouself ondersoek.

Met hand en tand beveg — met alle mag beveg.

Die hand diep in die sak steek — baie betaal; baie geld gee vir ’n saak.

Die een hand was die ander (as die een hand die ander was, word albei skoon) — dis tot altwee se voordeel as die een die ander help.

My hande is afgekap — ek is magteloos.

Iemand onder hande neem — iemand berispe.

Ek is so oud soos my hande, maar nie soos my tande nie — skertsend gesκ wanneer iemand nuuskierig vra hoe oud jy is, maar jy die vraag wil ontwyk.

Sy hande staan vir niks verkeerd nie — hy is so vaardig met sy hande dat hy alle soorte handewerk kan doen.

Handgemeen raak — slaags raak, baklei.

(Meisies is) nie handvol nie, maar landvol — daar is baie om van te kies.

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor — ’n mens is geneig om baie te praat oor diι dinge waaraan jy baie dink.

Jou hart aan iets ophaal — jou daarin verlustig.

Sy hart sak in sy skoene — sy moed begeef hom heeltemal.

Van jou hart ’n moordkuil maak — nie in woorde sκ wat in jou gemoed omgaan nie.

Elke hart het sy smart — elke mens het sy eie sorge en hartseer.

Heelhuids van iets afkom —ongedeerd van iets afkom.

Net vir 'n heen-en-weertjie na die bure gaan — die bure net vir ’n kort kuiertjie besoek.

Sag heengegaan — vredig gesterf.

Die hef in die hande hκ — baas wees, die mag hκ.

Met die helm gebore wees — gebore wees met die (veronderstelde) gawe om vooruit te sien wat in die toekoms gaan gebeur.

Hemel en aarde beweeg — alles in die werk stel, alles in ’n mens se vermoλ doen (om jou doel te bereik).

Uit die blou hemel — onverwags.

In die sewende hemel wees — baie gelukkig wees.

Herwaarts en derwaarts — hiernatoe en daarnatoe.

Iemand heuning om die mond smeer — iemand vlei.

Almal hiet en gebied — almal links en regs beveel.

Op twee gedagtes hink — aarsel as jy tussen twee dinge moet kies.

Jou hoed vir iemand afhaal — iemand bewonder.

Jy kan jou hoed agterna gooi dat... — jy kan baie bly wees dat...

As jy ’n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok — as jy iemand wil benadeel, kan jy maklik ’n kamtige rede vind om dit te doen. 

Agter elke hond aan blaf — ander napraat sonder om ’n eie mening te hκ.

Hond se gedagtes kry — agterdogtig raak.

’n Hond uit ’n bos gesels -- vreeslik lekker gesels.

Ek kon nie hond haar-af maak nie — ek kon niks uitgerig kry met die taak wat ek wou of moes verrig nie.

Die hond in die pot kry — te laat wees vir ete.

Oor die hond se stert (of rug) wees — oor die ergste of die moeilikste wees.

Baie honde is ’n haas se dood — niemand is op die duur teen ’n oormag bestand nie; baie kan vermag word waar mense saamwerk.

Eie honde byt die seerste — jou eie mense kan jou die meeste leed besorg.

’n Hondelewe lei — ’n ellendige bestaan voer.

Kommandeer jou honde en blaf self — doen self wat jy voorstel en moenie van ander verwag om dit vir jou te doen nie.

Honger is die beste kok — as ’n mens honger is, smaak alle kosse vir jou lekker.

Soveel hoofde, soveel sinne — soveel mense, soveel menings.

Te veel hooi op jou vurk neem — meer onderneem as wat jy kan uitrig.

’n Naald in ’n hooimied soek — ’n onbegonne taak aanpak; die feitlik onmoontlike probeer vind.

Hot en haar — rond en bont.

Dit hotagter kry — swaar kry.

Uit goeie hout gesny wees — van goeie afkoms of karakter wees.

As dit met die groen hout gebeur, wat sal dan met die droλ geskied? ­— As so iets met gerekende mense kan gebeur, wat dan van diegene wat nie so vernaam is nie?

Die huis (of plek) op horings neem — erg te kere gaan in die huis (of plek).

Elke huis het sy kruis — elke huis het sy sorge en probleme.

I

Jou iets inbeeld — jou ’n voorstelling van iets maak (byvoorbeeld: jou inbeeld hoe dit sal voel om ’n minister te wees).

Iemand inklim — iemand kwaai aanspreek.

Indaba hou — onderling beraadslaag.

Dit vorm skering en inslag van iets — dit is alles, dis die allerbelangrlkste in die saak.

Iemand invra — ondersoekende vrae aan iemand stel.

J

Jakkals verander van hare maar nie van snare nie — ’n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie.

Jakkals trou met wolf se vrou — die son skyn terwyl dit reλn.

Die ware Jakob — die regte persoon of ding.

Mal Jan onder die hoenders — een kκrel onder baie meisies.

Jan en alleman — die deursneemens.

Liewer bang Jan as dooi(e) Jan — eerder versigtig as dood.

Jan Rap en sy maat — die hele gespuis.

Jan Taks — die belastinggaarder.

Iemand met ’n Janusgesig — ’n huigelaar.

'n Vreemdeling in Jerusalem wees — iets nie weet nie wat almal weet.

Hiervoor sal jy Job se geduld en Salomo se wysheid nodig hκ — in hierdie saak sal jy baie verdraagsaam en verstandig moet handel.

Die juk afgooi — vry word.

In dieselfde juk trek — saamwerk.  

Klik op skakel om te beweeg na die afdeling van jou keuse:

Afd. 1
A--D 

Afd. 2
E--J 

Afd. 3
K--R 

Afd. 4
S--Y 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad