|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
INTELLIGENSIEKWOSIËNT (of IK): Is die metingsresultate betroubaar?
Met vergunning van 3DScience.com IK
of Intelligensie- ’n
Tipiese vraag in ’n IK-toets sou wees: Watter
syfer ontbreek in hierdie reeksie? 3
6 9
12 9
... 3 IK-toetse
is jare lank gebruik om veral leerders se intelligensie te bepaal. In die
afgelope dekades is sowel die geldigheid as die waarde van sulke toetse
egter skerp bevraagteken. Baie geleerdes glo dat IK-toetse dit nie in ag
neem dat verskillende mense verskillend kan dink en verskillende sterk en
swak punte kan hê nie. Die
meeste mense sal byvoorbeeld saamstem dat Mozart ’n genie was—maar
Mozart sou waarskynlik soos die res van ons geworstel het om Einstein se
teorieë te begryp. Dit beteken nie dat die een persoon slimmer as die ander
was nie—hulle het net op verskillende maniere gedink. Baie
sielkundiges glo nou dat dit wat ons intelligensie noem in verskillende
kategorieë ingedeel kan word, wat almal onafhanklik van die ander gemeet
kan word. Verskillende soorte denke is nodig om verskillende probleme op te
los. |