ín Laslappie van Mieliestronk

Indiese vrou op die land tussen aangeplante gewasse

Die vlag van IndiŽ

 

BO: Die vlag van IndiŽ.
 

 

GROEPE boere het hulle die eerste keer in die vierde millennium vC gevestig in die Pandjap (Noordwes-IndiŽ en Pakistan), die vrugbare landstreek van die vyf riviere. Hierdie groepe was die voorsate van die mense van die beskawings wat later langs die riviere Indus en Ganges ontwikkel het.

 

Die dinastieŽ wat gevolg het, moes aanhoudende invalle en verdelings van hul grond die hoof bied. Die Perse onder Darius I (522-486 v.C.) het Noordwes-IndiŽ geannekseer; Alexander die Grote (356-323 v.C.) het op sy beurt die Indusvallei bereik en die beheer oor die Pandjap oorgeneem.

 

Tydens die Gupta-dinastie, in die derde eeu, het die kunste en letterkunde floreer in wat nou as die klassieke era van IndiŽ beskou word. In die vierde eeu is die Gupta-ryk opgebreek deur die Hunne, wat gedreig het om die eenheid van IndiŽ te verwoes.

 

In IndiŽ staan die afgeslote kringe van die verskillende stande  (volksgroepe) as kastes bekend. Die radjas, of prinse, gesteun deur die militÍre kaste, het vroeŽr in swierige paleise gewoon. Die brahmaan, of priesterlike kaste, was ook baie magtig.

 

In die meer moderne tyd was IndiŽ ín deel van die Britse Ryk. Mahatma Gandhi het burgerlike ongehoorsaamheid verkondig teen wat as onbillike wette beskou is. Hy het die Moslems en Hindoes probeer saamvoeg, maar kon nie daarin slaag om IndiŽ verenig te hou nie. In 1947 het die Moslemse deel van die land die onafhanklike staat Pakistan geword. IndiŽ het ook in 1947 sy onafhanklikheid verkry.

 

Presidentswoning in Nieu-Delhi

 

BO: Rashtrapati Bhavan, die presidentswoning in Nieu-Delhi.

  

Foto: Eric Draper / U.S. White House photo (cropped)

 

Kaart van IndiŽKaart: CIA / Public domain (met vertalings deur Mieliestronk.com)

 

ē  Oppervlakte: Altesame
3 287 590 vk.
km (teenoor
Suid-Afrika
se
1 219 912
vk. km). Die landoppervlakte
is 2 973 190 vk. km en die wateroppervlakte 314 400 vk. km. IndiŽ se kuslyn strek oor sowat 7000 km (Suid-Afrika se kuslyn is 2798 km lank).

  
ē 
Bevolking:
1 166 079 217 (raming vir Julie 2009), die tweede digs bevolkte land op aarde, nŠ China.  Lewensverwagting by geboorte:
69,89 jaar (raming 2009).

 

ē  Godsdienste en ou letterkunde: Gelowe volgens die sensus van 2001: Hindoe 80,5%, Moslem 13,4%, Christelik 2,3%, Sikh 1,9%, ander 1,8%, ongespesifiseer 0,1%. Bekende godsdienste het in IndiŽ ontstaan, en die land het ook ín belangrike bydrae tot die letterkunde gelewer. Die Boeddhisme en HindoeÔsme het hier ontwikkel. Epiese gedigte soos Ramanyana en Mahabharata is in IndiŽ geskryf, terwyl die oorsprong van die oudste verhaleversameling ter wÍreld, Duisend-en-Een Nag, vermoedelik ook hier lÍ.

 

ē  Tale: Engels is die vernaamste taal vir nasionale, politieke en kommersiŽle verkeer. Hindi is die nasionale taal en eerste taal van dertig persent van die inwoners. Daar is nog veertien ander amptelike tale.

 

Indiese vroue besig om botter te karring (historiese foto)

REGS: ín Ou foto (in 1934 geneem) van twee Indiese vroue wat in Bombaai besig is om botter te karring.

 

Foto: New York State Archives

 

 

 

ē  Geld: Die IndiŽrs koop met die Indiese roepee (INR).

 

ē  Ekonomie: IndiŽ se ekonomie omvat tradisionele kleindorpse boerderye, moderne landbou, handvlyt, ín breŽ reeks moderne nywerhede en ín menigte ondersteuningsdienste. Oorbevolking is egter ín ernstige remfaktor, en sowat ín kwart van die bevolking is te arm om behoorlik te kan eet. Daar is egter ook groot getalle goed opgeleide mense wat bedrewe is in die Engelse taal.

 

Die landsekonomie word voorts gerem deur droogtes aan die een kant en skielike oorstromings andersyds. Boonop is daar wydverspreide en vernietigende oorstromings weens moesonreŽns.

 

Boere is gemoeid met die lewering van rys, koring, oliesaad, katoen, hennep, tee, rietsuiker en aartappels, en die teel van beeste, waterbuffels, skape, bokke en hoenders. Vis word ook gevang.

 

Wit marmertempel in Kulkatta (historiese foto geneem in 1912)

  
BO: Wit marmertempel in Kulkatta (ou foto, geneem in 1912).

 

Foto: New York State Archives

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad