|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
IWAN
DIE VERSKRIKLIKE:
|
|
REGS: ’n Afbeelding in die Kremlin.
Kopieregvry (openbare domein) |
HY
het sy eie seun vermoor—en duisende van sy onderdane. Vir die mense van
Rusland was hy Grozni, die Gedugte; vir die res van die wêreld Iwan die
Verskriklike.
Iwan
IV was
een van Rusland se berugste heersers.
REGS:
Iwan vermoor sy seun. Detail van ’n ou skildery deur Ilja Repin.
Kopieregvry (openbare domein)
Hy
is in 1530 gebore en het sy pa opgevolg toe hy maar net drie jaar oud was,
hoewel ’n raad van adellikes in sy vroeë jare namens horn regeer het.
In
1544 het hy self die gesag oorgeneem en hom in 1547, op net sewentien, tot
tsaar laat kroon, waardeur hy die algehele beheer oor Rusland verkry het.
Die woord "tsaar" kom van "Caesar". Iwan IV
was
die eerste Russiese heerser wat homself tsaar genoem het.
Vroeë
jare
IN
die eerste jare van sy heerskappy het die tsaar hom as ’n lewendige en
doeltreffende heerser bewys. Hy het vir verskeie hervormings gesorg wat die
regstelsel en administrasie in die land verbeter het. Hy het die kunste
bevorder en Moskou verfraai.
In
1553 het hy ’n verdrag met koningin Elizabeth l van Engeland onderteken
wat die handel tussen die twee lande bevorder het.
Hy
het ook uitbreidingsoorloë aangevoer. Hy het teen die Tartare by Astrachan
en Kazan geveg en hul grondgebied ingepalm. Sy magte het die Oeralgebergte
oorgesteek en groot dele van Siberië tot sy domein toegevoeg.
Skrikbewind
IWAN
IV het
as Iwan die Verskriklike bekend geraak vanweë die wrede manier waarop hy
teen elkeen opgetree het wat hom teëgegaan het.
In
die 1560's het Iwan se persoonlikheid drasties versleg. Hy het ál
agterdogtiger geraak teen almal om hom, veral gesagspersone, en in vlae van
depressie verval wat tot ’n skrikbewind en die dood van duisende van sy
onderdane gelei het.
Hy
het ’n geheime polisiemag gehad wat honderde aristokrate gearresteer en
vermoor het. Hy het talle groot en klein dorpe aan die brand laat steek en
die inwoners laat vermoor. Self kerkleiers wat hom in die harnas gejaag het,
is doodgemaak.
Party
mense glo dat Iwan geleidelik kranksinnig geword het. Eendag het hy in ’n
woedebui sy oudste seun, ook genoem Iwan, doodgemaak.
Hy
het "’n oog vir die dames" gehad en vir hom altesaam sewe vroue
uit Rusland se mooistes gekies. Een van hulle het hy uiteindelik in ’n
klooster laat opsluit. Hy het ook op ’n keer koningin Elizabeth l die hof
probeer maak.
Hy
is in 1584 dood, na bewering weens vergiftiging.
Nuus
uit die graf...
IWAN
IV is
in ’n grafkelder in die Kremlin begrawe saam met twee van sy seuns, Fedor
en Iwan (nie die een wat hy vermoor het nie).
In
1961 het KGB-amptenare Iwan se graf oopgemaak en daar is gepoog om sekere
onsekerhede oor hom op te klaar. Ontledings
van die beendere het getoon dat daar geen gif in Iwan se liggaam was toe hy
dood is nie, wat ’n einde maak aan die gerug dat hy vergiftig is. Sy
beendere het egter wel groot hoeveelhede kwik bevat.
In
die sestiende eeu het dokters gereeld geslagsiekte met kwik behandel.
Geskiedkundiges reken dat Iwan juis daarvoor groot dosisse kwik ontvang en
die medikasie tot sy vlae van depressie en onstuimige optrede kon bygedra
het.
Dalk
het dit hom sy eie seun laat vermoor...