5. Spogreeks
Phylum: Arthropoda
Klas: Insecta

Insek-kaleidoskoop
Hoofstuk 5:
Insekte onder elektronmikroskoop

Klik hieronder op die skakel na die hoofstuk van jou keuse:

     Hoofstuk 1: Bou en ontwikkeling van insekte
   Hoofstuk 2: Taktieke vir oorlewing
   Hoofstuk 3: Hoe roofinsekte hul prooi vang
   Hoofstuk 4: Hoe insekte bou
   Hoofstuk 5: Onder skandeer-elektronmikroskoop

 

   Hoofstuk 6: Sprinkane
   Hoofstuk 7: Hottentotsgot
   Hoofstuk 8: Naaldekokers en waterjuffers
   Hoofstuk 9: Insekgroepe
   Hoofstuk 10:    Wonder van insekte se vlerke

Insekte onder die skandeer-elektronmikroskoop

Og, n gedrog
van n gog!

  

BO: n Swartvlieg (Simulium yahense) met n rondewurm-parasiet (Onchocerca volvulus) wat uit een van sy voelhorings te voorskyn kom. Die rondewurm veroorsaak die sogenaamde rivierblindheid by mense en is die grootste verwekker van blindheid in Wes- en Midde-Afrika. Trouens, nagenoeg 99 persent van die sowat 18 miljoen lyers woon in Afrika. Die parasiet word na die mens oorgedra wanneer die slagoffer deur n genfekteerde bloedsuiende swartvlieg gebyt word.

Foto: ARS / U.S. Department of Agriculture
 

As jy skielik so klein kon word as n korreltjie sand, sou jy n heeltemal ander wreld betree as die een waaraan jy gewoon is. Dis n wreld van behaarde monsters met honderde of selfs duisende lense in hul o gedrogte wat wyd en syd blare verslind of mekaar heelhuids opvreet. Danksy die elektron­mikroskoop kan ons egter n boeiende reis meemaak na die domein van die insekte sonder om werklik self klein te word. Insekte lyk soveel anders as soogdiere, reptiele of vols dat n mens skoon verstom staan oor die groot verskeidenheid in die skepping...


 

 

 

BO:  Van die kant af gesien: die samegestelde oog met sy menigte oogdeeltjies en die roltong of suigslurp van... ja, glo dit, n mot. HIerdie mot is een van die Pyralidae of snuitmotte. Die insek se oog is ongeveer 800 mikron breed (een mikron is n duisendste van n millimeter).

 

Foto: Louisa Howard / Dartmouth College / Public Domain

 

 


 

 

BO: Hierdie blik op die samegestelde oog van n vrugtevlieg (asynvliegie)  toon n aantal van die oog se 760 eenheidsogies of ommatidia. Vrugtevlie word wyd in genetiese proefnemings gebruik, omdat hulle so vinnig aanteel en hul erflikheidstelsels goed verstaan word. S is die vliegie n uitstekende organisme vir die bestudering van die uitwerking wat ouderdom op meiose het. Meiose is die gespesialiseerde soort seldeling wat tot die ontstaan van eiers en sperma lei. By mense verhoog die voorkoms van babas met Down-sindroom namate hul mas ouer word.

Foto: Louisa Howard / Dartmouth College / Public Domain



BO: Dat die liewenheersbesie (ladybird) van baie naby gesien nie die oulike klein skilpadjie is waar­mee hy baiemaal geassosieer word nie, blyk uit hierdie elektron-mikroskopiese beeld van een van die voet­kloue van so n insek. Liewenheersbesies is formi­da­bele miniatuur-soldaatjies, wat onder die plantluise en ander plae maai wat ons kosproduserende gewasse en tuinplante kan vernietig.

Foto: Louisa Howard / Dartmouth College / Public Domain

 



 BO: n Blaaspootjie op n madeliefie. Hierdie soort insekte is baie skadelik vir tuinbougewasse.

Foto: Louisa Howard / Dartmouth College / Public Domain



BO: Geen eienaardige speelding soos n wol-olifantjie met meer as die gewone getal pote nie, maar n kalander van baie naby gesien. Van hierdie soort snuitinsekte is daar n menigte spesies in verskeie families, meestal  in die familie Curculionidae. Baie van hulle is erg skadelik vir gesaaides. Kalanders word ook baiemaal in dro kossoorte aangetref, waaronder neu­te, sade, graankorrels en graanprodukte.

Foto: Louisa Howard / Dartmouth College / Public Domain

 <   Terug na hoofstuk 4            Voort na hoofstuk 6    >

   Gaan na die begin van hierdie hoofstuk vir die skakels na al die hoofstukke in hierdie reeks

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk.werf