6. Spogreeks
Phylum: Arthropoda
Klas: Insecta

Insek-kaleidoskoop
Hoofstuk 6:
Sprinkaneógevreesde vrate

Klik hieronder op die skakel na die hoofstuk van jou keuse:

  ē   Hoofstuk 1: Bou en ontwikkeling van insekte
ē   Hoofstuk 2: Taktieke vir oorlewing
ē   Hoofstuk 3: Hoe roofinsekte hul prooi vang
ē   Hoofstuk 4: Hoe insekte bou
ē   Hoofstuk 5: Onder skandeer-elektronmikroskoop

 

ē   Hoofstuk 6: Sprinkane
ē   Hoofstuk 7: Hottentotsgot
ē   Hoofstuk 8: Naaldekokers en waterjuffers
ē   Hoofstuk 9: Insekgroepe
ē   Hoofstuk 10:    Wonder van insekte se vlerke

Sprinkane

Strooptogte van die gevreesde vrate

  

BO: Sprinkane op die verwoestingspad... en hierdie dreigende kontingentjie kan maar net ín klein, klein deeltjie van legioene wees...

 

Foto: World News Network / Public Domain Image

 
    

Sprinkaan. Noem net die woord aan ín saaiboer en hy dink aan welige gesaaides wat binne ín ommesientjie tot erbarmlike stoppels weggevreet is. Daar is sowat sewe sprinkaanspesies wat groot verwoesting saai en selfs hongersnood kan bring. Lees hieronder meer oor die strooptogte van die gevreesde vrate...


 

 

BO: ín Byna honderd jaar oue sprinkaanfoto
(-illustrasie?) uit 1915.

  

Foto bo: U.S. Library of Congress / Public Domain Old

 

REGS: ín Onheilspellende wolk van stropende spinkane wat daarop uit is om elke groenigheidjie te verteer.

 


OP ín snikwarm dag hou ín boer inspeksie in die veld. Alles lyk vreedsaam. Dan hoor hy ín veraf geritsel en gesuis. Aan die horison sien hy ín grys newel. Donderwolke? Rook?
 
Die geluid word harder. Sy skape begin onrustig rondmaal. Die hemel verdonker en die grys wolk is op hulle. Bruin sprinkane, hordes van hulle, onverskrokke, skynbaar besete van die honger, bedek die land soos ín golwende mantel en verslind elke blaartjie en grasspriet in hul drif.
 
Dae lank hang hulle in die lug. Saans gaan sit hulle op die gesaaides. Omtrent niks wat ooit groen was, bly oor nie, nie eens die bas aan die bome nie. Die sprinkane lÍ hul eiers in die grondódie broeiende sade van ín nog katastrofe later...
 
Dis ín toneel wat sekere Suid-Afrikaanse boere maar te goed ken. Elke af en toe moet bestrydingseenhede maar weer opruk om van hierdie alles verterende sprinkaanhordes dood te maak. Die bespuitings kan miljoene rande kos.
 

REGS: ín Sprinkaan onderweg na skade...

 

Foto: Earth Observatory / NASA

 


Maar selfs Jan van Riebeeck moes al in sy eerste somer aan die Kaap toesien hoe sy tuin deur diť klein verdelgers verwoes is. En oor die eeue heen is baie swart stamme deur hongersnood bedreig nadat hul oeste weggevreet is.
 
Ons laaste ernstige sprinkaanplaag in die twintiger- en dertigerjare van die twintigste eeu het elf jaar geduur. Tot daardie tyd kon die boere niks aan die insekte doen nie. Hulpeloos soos hulle was, kon hulle hulle maar net op die sprinkaanvoŽls verlaat, wat vinniger as sprinkane kan vlieg en die insekte in die lug vreet.

 



Hoe ín swerm ontstaan

WAT veroorsaak ín sprinkaanplaag? En hoe verskil diť trekswerms van die gewone sprinkaan wat ons in ons tuine sien?
 
Die skielike verskyning van swerms was altyd ín tergende geheim, totdat wetenskaplikes in 1921 ontdek het dat die trekker en die alleenlopende korthoring-sprinkaan een en dieselfde insek is, al lyk hulle so verskillend.
 
Die Suid-Afrikaanse bruinsprinkaan het byvoorbeeld twee heeltemal verskillende vorms. Die alleenloper-voetgangers is gewoonlik groen, bruin of grys; die swermvoetgangers het helder swart-en-oranje patrone. (Diť staan bekend as rooibaadjies, omdat hulle in kolonne marsjeer soos die Britse rooibaadjie-soldate in die Eerste Anglo-Boereoorlog.)
 
Sprinkane trek in die reŽl nŠ ín paar jaar van gunstige klimaatstoestande, met genoeg kos en water, asook die regte temperatuur. Namate die voetgangers in ín sekere gebied toeneem, veroorsaak die verdringing dat hulle mekaar irriteer. Dit lei tot die swermfase. Die nimfe word donkerder, koorsiger en aktiewer.
 
Uiteindelik begin die hele menigte marsjeer asof hulle deur ín massapsigose voortgedryf word. Algaande word hulle volwasse en ontwikkel vlerke en begin vlieg.

 

 

BO: Alleenlewende sprinkane verskil van sprinkane in die swerm­fase, nie net wat hul kleure aanbetref nie, maar ook in hul vorm, reuk en gedrag. Die mees dramatiese kleurveranderings is te sien by die nimfe, soos diť op hierdie fotoís.

Foto: Compton Tucker / GSFC / NASA

 


 

Eet en word geŽet

TREKSPRINKANE teister die mens al van die vroegste tye af. Dink maar aan die sprinkane in die tyd van Moses die agtste plaag van Egipte was.
 
Daar is sowat sewe spesies wat groot verwoesting saai en hongersnood kan bring. In Suider-Afrika is die ergstes die bruinsprinkaan en die rooisprinkaan.
 
Die woestynsprinkane is egter die berugste vreters. Hulle word in die woestyne van Noord-Afrika, die Midde-Ooste, ArabiŽ, Pakistan en IndiŽ aangetref.
 
Ironies genoeg is die vernielsugtige treksprinkane eintlik ín ryk proteÔenbron. Johannes die Doper het hulle geŽet en selfs vandag nog is hulle ín heerlike gereg vir die Algeryne.
 
Die statistieke oor swerms is indrukwekkend. Die gewig van ín groot swerm is al op 15 000 ton geskat en die daaglikse voedselinname is glo gelyk aan diť van 1,5 miljoen mense.
 
NŠ ín sprinkaan-inval vrek die diere dikwels van die honger of omdat hulle gedwing word om giftige plante te vreet wat die sprinkane oorgeslaan het. Hongersnood tref die mense. Deesdae kan regerings plae beheer deur gif te spuit, maar dit maak ook ander diere dood.

 

BO: Wat verorber ons vandag? Lekker, sappige gebraai­de sprinkane, vooraf gemarineer in kruiesous! Maak net seker dat jy eers die vlerke, pote en sulke stekelrige dele verwyder voordat jy braai... Sprinkane is  wel ín ryk proteÔenbron, dog sien jy rÍrig kans om hierdie krakerige goggas te eet soos Johannes die Doper gemaak het? Vir party mense is hulle tog tot vandag toe ín heerlike geregómaar die meeste van ons sterflinge sal stellig nooit aan die idee byt om aan ín sprinkaan te hap nie. Of sal jy?

 Foto deur Fraser Lewry,
wat dit op hierdie bladsy by flickr op die wÍreldwye web gepubliseer en dit gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution-Non-Commercial-Share Alike 2.0 Generic-lisensie.


 
Berugte plantvrate

IN die boek JoŽl in die Bybel word die verwoesting beskryf wat sprinkane saai: ďVoor die koms van die sprinkaanswerm is die veld soos die tuin van Eden; as hy verby is, is dit ín onbewoonbare woestyn. Hy laat niks oorbly nie.Ē
 
Sprinkane vreet meestal plante. Hul monddele bestaan uit ín paar skerp, getande bytkake bekend as mandibels, wat sywaarts werk, bra soos ín skÍr, om stukkies plantmateriaal af te kou.
 
Agter diť lÍ twee maksillae of onderkake. Aan die punt van elkeen is ín tweetal strukture, die galea en lacinea, wat help om die kos te hou en te manipuleer. Elke maksilla het ook ín gelede maksillÍre taster wat sintuiglik is en plantkos kan proe.
 
Agter die maksillÍre tasters is die labium of onderlip met sy labiale tasters. Die labium keer dat kos uit die mond val terwyl dit gekou word en die tasters is ook sensories.
 
As jy van voor na die gesig van ín sprinkaan kyk, sien jy nog ín struktuur, die labrum of bolip tussen die mandibels. Dit beskerm die monddele daaronder en lei kos tussen die kake deur.

 


 
Bobaas-vlieŽrs

SPRINKANE is meesters van insekvlug. Woestynsprinkane kan byvoorbeeld nege uur lank vlieg. Diť eienskap bring mee dat sprinkane ver na kos kan soek, maats kan soek om te paar en van hul vyande kan wegkom. Vlug is veral belangrik vir treksprinkane wat oor die aardbol moet kan vlieg.
 
Volwasse sprinkane het twee paar goed ontwikkelde vlerke. Diť bestaan uit ín dubbele laag uiters dun chitien met ín netwerk van are. Die voorvlerke word egter nie vir vlieg gebruik nie, maar dien as beskermende bedekkings vir die ondervlerke wat soos ín waaier oopmaak en dikwels pragtig gekleurd is. Die bedekkings word weg van die vliegvlerke gehou wanneer die sprinkaan vlieg en dien as balansorgane.

 


   
Van allerhande kleure en geure

DAAR is wÍreldwyd meer as 10 000 sprinkaanspesies, waarvan ín groot deel in die trope aangetref word.
 
Sů is daar die klipsprinkaan wat vir beskerming op doeltreffende kamoeflering staatmaak. Hy lyk soos klippe, dooie blare, boombas of takke en kan gewoonlik net raakgesien word as hy beweeg.
 
Ook blaasopsprinkane se kleure laat hulle met die agtergrond saamsmelt sodat vyande hulle miskyk. Hulle is meestal groen, maar party is pienk en ander het aanskoulike vlekke. Die mannetjies maak ín geluid baie soos diť van ín groot blaasoppadda.
 
ín Ander soort, die melkbos-sprinkaan, vreet, soos sy naam aandui, slegs melkbosse.
 
Sprinkane behoort tot die superfamilie Acridoidea in die orde Orthoptera. Die treksprinkaan word geklassifiseer as Locusta migratoria.

 



Kampioenspringers

VIR hul gewig en grootte is insekte die sterkste springers in die diereryk. En sprinkane blink uit op diť gebied. As die mens byvoorbeeld die gewone veldsprinkaan se springvermoŽ gehad het, sou hy ín derde van ín rugbyveld ver kon spring. Loodreg sou hy bo-oor ín vyfverdiepinggebou kon laat waai.

 

 

REGS: Klein maar ďgetrynĒ... om ín bars te spring.

 

Foto: World News Netword / Public Domain Image


 
Sprinkane se agterpote is besonder lank en groot en die hoek tussen die dy en skeen besonder klein. Wanneer die hoek skielik vergroot word, skiet dit die sprinkaan in die lug op. Die agterpote werk boonop saam en dit gee nog meer krag aan die spronge. Die agterpote het sterk spiere wat fyn beheer word sodat die springkrag byna agt keer groter as die insek se gewig is.
 
Insekte spring om aan hul vyande te ontsnap. Sprinkane spring altyd wanneer die serkus (ín groeisel waarvan daar twee onderaan die agterlyf is) geprikkel word. Hierdie gevoelsorgane reageer op die effense verandering in die lugdruk wat deur klankgolwe of ín naderende roofdier veroorsaak kan word. Wanneer die prikkeling plaasvind, word impulse oorgedra na die senuwees wat die springspiere beheer.


 <   Terug na hoofstuk 5           Voort na hoofstuk 7   >

ē   Gaan na die begin van hierdie hoofstuk vir die skakels na al die hoofstukke in hierdie reeks

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf