9. Spogreeks
Phylum: Arthropoda
Klas: Insecta

Insek-kaleidoskoop
Hoofstuk 9:
Wreld se groepe insekte

Klik hieronder op die skakel na die hoofstuk van jou keuse:

     Hoofstuk 1: Bou en ontwikkeling van insekte
   Hoofstuk 2: Taktieke vir oorlewing
   Hoofstuk 3: Hoe roofinsekte hul prooi vang
   Hoofstuk 4: Hoe insekte bou
   Hoofstuk 5: Onder skandeer-elektronmikroskoop

 

   Hoofstuk 6: Sprinkane
   Hoofstuk 7: Hottentotsgot
   Hoofstuk 8: Naaldekokers en waterjuffers
   Hoofstuk 9: Insekgroepe
   Hoofstuk 10:    Wonder van insekte se vlerke

 Vyf hoofgroepe insekte en ander groepe wat nie so baie spesies bevat nie (al is hulle dalk volop)

 

  


Daar is vyf hoofgroepe insekte, gegrond op die hoeveelheid spesies wat in elke groep voorkom:

  die kewers  (sowat 360 000 spesies is in die begin van 2009 reeds beskryf)
  die vlinders en motte (170 000 beskrewe spesies)

  die vlie (120 000 beskrewe spesies)
  die wespe (waaronder miere en bye, 110 000 beskrewe spesies)
  die halfvlerkiges (besies en wantse, 82 000 beskrewe spesies)

Hierdie vyf groepe omvat sowat driekwart van alle insektespesies. Tog is daar minstens nog vyftien soortgelyke, maar minder omvangryke groepe, en daarbenewens ook etlike groepe met veel minder spesies. Die vyf hoofgroepe word hieronder bekyk en daarna die minder omvangryke groepe. My wreld, oral kriewel dit! sou n mens werklik kon s...
 


Kewers [Engels: Beetles]

NAGENOEG 360 000 verskillende soorte kewers is reeds beskryf (begin 2009) en daar is min plekke op aarde waar jy nie n kewerspesie of twee, drie sal kry nie.  Kyk maar op besneeude bergpieke, hulle is daar. Selfs in versengende woestyne of in modderige waterpoele sal jy van hulle vind.

Kewers vreet allerhande soorte plante en diere, lewend of dood, en word self in hordes deur vols, akkedisse en klein soogdiertjies verorber. Hoewel hulle pesdiertjies kan wees, wat gesaaides aanval en stapels mensevoedsels verslind, speel kewers ook n belangrike rol in die natuur deur dooie plante en diere te vreet en te sorg dat hul bestanddele as waardevolle voedingstowwe terug in die grond beland.

Alle kewers ondergaan n volledige metamorfose. Uit hul eiers kom larwes, waarvan party etlike jare lank vreet en groei voordat hulle in papies verander en daarna volwasse insekte word.

Volwasse kewers het die swaarste pantsers van alle insekte. Hulle het harde dopvlerke voor, wat mekaar in die middel ontmoet om die delikater agtervlerke te bedek en te beskerm.

Kewers kom in allerlei groottes voor, van piepklein swamkewers kleiner as n speldekop tot die reusagtige Goliat-kewer van Afrika (Goliathus cacicus), wat tot 15 cm lank kan wees. Alle kewers is nie swart niebaie is so kleurryk soos vols en blomme. En hulle kan skitter soos juwele.

Interessant: gloeiwurms is nie wurms nie, maar kewers. Die vlerklose wyfies van sekere soorte kan hul sterte laat flits om n maat aan te lok.

 

BO: Goliathus cacicus, n reuse-kewer van Afrika. Hierdie gemonteerde knewel is van Ghana.
 

Foto: Sarefo,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die GNU Free Documentation-lisensie, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe wat deur die Free Software Foundation gepubliseer word


 

Vlinders en motte

BROOS maar feitlik regdeur die wreld bedrywigdit is slegs op die ysmassas by die pole waar n mens nie vlinders sal vind nie. Trouens, in Suid-Afrika alleen is daar n geraamde 10 000 tot 12 000 vlinder- en motsoorte. Selfs in die harde wrelde van woestyne, op die ho berge en die toendra gedy die skoenlappers, hoewel daar natuurlik minder soorte is.


  Lees meer hieroor in Mieliestronk se n volledige artikel oor vlinders en motte wat nie n deel van hierdie Insek-kaleidoskoop-reeks is nie.

 

 

BO: n Kleurryke vlinder  (Nymphalis urticae).

Foto: Uwe H. Friese van Bremerhaven, Duitsland,

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wreldwye web uitgeplaas en gelisensieer het ingevolge die GNU Free Documentation-lisensie, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe wat deur die Free Software Foundation gepubliseer word

 


 
Vlie

  Lees ook Mieliestronk se volledige artikel oor die huisvlieg en sy familie wat nie n deel van hierdie Insek-kaleidoskoop-reeks is nie.


ALLE vliegsoorte het net twee vlerke, pleks van die vier wat ons byvoorbeeld by naaldekokers en vlinders kry. In die plek van die agtervlerke in daar twee klein balanseerkolfies, wat tydens die vlug soos twee klein giroskope beweeg en die vlieg help om te stuur en om sy vlug te stabiliseer.

 

Ook muskiete behoort tot die orde van die egte vlie (Diptera), wat net twee vlerke het pleks van vier. Elders op die Mieliestronk-werfreg onderaan ons artikel oor muskieteis n besonderse nabyfoto van n muskiet waarop sy vlerke en balanseerkolfies duidelik te sien is.

Blindevlie is egter uniek onder die vlie deurdat hulle steeds normaal kan vlieg nadat die balanseerders afgesny is. (Kyk ook elders op die Mieliestronk-werf die foto van n blindevlieg in die artikel Vampiere van die insektewreld.)

Vlie het boonop groot samegestelde o (ja, ook die blindevlieg, wat in der waarheid baie goed kan sien) en kloue en kussinkies aan die voete wat hulle in staat stel om op enige voorwerp te loop.

Hulle kan verstommende akrobatiese toertjies in die lug doen, soos om onderstebo op die plafon te land, agteruit te vlieg of op een plek in die lug te hang.

Vlie word oral op aarde aangetref, van die ysige poolstreke af tot by die ekwatoriale renwoud. Party soorte help die mens deur voedselgewasse te bestuif, maar baie ander, soos die muskiete, is gevaarlike peste. Hulle versprei siektes, soos malaria en slaapsiekte, en dra kieme.

Alle vlie ondergaan n volledige metamorfose. Die larwes, of maaiers, lewe hoofsaaklik in water of in klam, verrottende plante- en diereweefsels. n Paar spesies vreet slegs lewende plante of diere.

Interessant: ons het ges alle vlie het vlerke, maar daar is die rare uitsondering: die piepklein vlermuisvliegie (Penicillidia fulvida) het glad geen vlerke nie. Hy leef in die pels van vlermuise en drink bloed. Die wyfie skenk die lewe aan n volgroeide maaier, wat op die grond val en n papie word.

   

 

BO: Die gewone huisvlieg (Musca domestica).

 

Foto: Stephen Ausmus / ARS / U.S. Department of Agriculture


 


   
Wespe, bye en miere

 []   Lees ook elders in Mieliestronk:

DIE wespe (perdebye), bye, miere en diesulkes vorm een van die grootste insektegroepe op aarde. Sowat  110 000 spesies is reeds beskryf, maar talle word nog voortdurend ontdek.

Met die uitsondering van die saagvlie word alle wespe, bye en miere maklik aan hul dun middeltjie uitgeken. Aan die einde van die agterlyf van baie wyfies van die wespe of bye is die ovipositordie orgaan waarmee eiers gel wordtot n geniepsige angel vir selfverdediging vervorm.

Verskeie spesies wespe, bye en miere is sosiale skepseltjies of samelinsekte, wat in n nes woon wat hul saam gebou het en waarin hulle saam-saam na die eiers omsien. Die mens het reeds vroeg-vroeg bye vir hul heuning begin aanhou en is deur die eeue geboei deur die komplekse gemeenskappe van miere, maar betreklik min is omtrent wespe bekend, al is hulle vir ons so belangrik.

Baie wespe is naamlik lewenslank besig om die larwes en ruspers dood te maak van  insekte wat ons gesaaides verniel en verwoes, en ander skadelike goggas. Saam met bye is hulle boonop belangrike bestuiwers, wat verseker dat ons goeie vrugte- en groente-oeste kry.

 

BO: n Sekere soort wesp (Muscidifurax raptor) op die papiedop van n vlieg. Sodra die wyfie n geskikte papiedop-gasheer vind, l sy een enkele eier daarin. Die eier broei dan uit en die wesp-larwe leef deur die vlieg-papie te vreet.

Foto: Agricultural Research Service / U.S. Department of Agriculture


Die meeste miersoorte lewe en werk in groot kolonies (van tot 100 000 enkelinge) saam en bou ingewikkelde neste waarin hul kleintjies grootgemaak word. Elke nes word deur n enkele koningin begin, wat al die eiers l; daar is geen koning nie.

Spoedig nadat sy in die ou nes uit haar papie te voorskyn gekom het, paar die jong koningin n enkele keer met n gevleuelde mannetjie en bewaar die sperma om dit regdeur haar lewe te gebruik.Sy byt dan haar vlerke af en begin n nuwe nes. Die nes word gebou deur vlerklose, steriele werksters, wat kos soek en die ontwikkelende eiers en larwes versorg. Miere kommunikeer by wyse van aanraking en reuk.

Afrika-swerfmiere (Dorylus nigricans) vorm ook groot kolonies, maar hulle het nie permanente neste nie. Hulle kampeer tydelik op n sekere plek terwyl die koningin haar eiers l. Dan beweeg hulle weer vort, terwyl hulle die ontwikkelende larwes met hulle saamdra. Die miere sal van tyd tot tyd uitsprei en alles vreet wat in hul pad is.

Miere se kake is merkwaardig sterk en hulle kan seer byt. Party spesies spuit boonop mieresuur uit die punt van hul agterlyf in die wond inwat dit dubbel so seer maak.

Miersoorte verskil eintlik baie van mekaar. Daar is ook eenlopers en parasiete; miere wat werkers van ander neste as slawe teel; en koekoek- koninginne wat neste binnegaan en die werkers oorreed om hul koningin dood te maak sodat hulle haar nageslag kan grootmaak.

Interessant: Jy is rens in die gramadoelas en n stuk doringdraad kerf n lelike sny in jou arm in. Jy weet jy moet dadelik steke kry, maar waar vind jy n dokter op hierdie verlate plek? Toe maar, daars n uitwegmits daar soldaatmiere in die omtrek is.

Vang vir jou n paar en laat hulle die wond vir jou toebyt! Dis n metode wat glo al eeue lank in Midde-Afrika gebruik word, by gebrek aan chirurgiese naalde.

n Strydmier word kop eerste op die wond gedruk sodat sy kake aan weerskante raak. Die mier sluit die kake dan instinktief en trek die geskende vel saam. Nou pluk jy blitsvinnig die lyf van die mier se kop af. Die kop en kake bly agter. En daar sal dit in die weefsel bly sit totdat die letsel geheel is.

 

Nog iets interessants: Teoreties sal so min as nagenoeg 30 gram heuning een heuningby van genoeg energie voorsien om reg om die aarde te vlieg.
 


 

Die Halfvlerkiges [Engels: bugs]

PARTY mense noem hulle besies, ander praat van wantse, nog ander verkies om hulle eenvoudig as luise uit te kryt. Maar laasgenoemde term is misleidend. Die naam luis word immers ook vir ander insekte gebruik.

Hoe ook al, die geleerdes ken hulle as die Hemiptera, of Halfvlerkiges (die Engelse praat van bugs)een van die grootste insekordes, met  sowat
82 000 spesies wat reeds beskryf is.

Trouens, geen ander insekorde vertoon so n groot verskeidenheid vorms as die Hemiptera nie. En sommige sal jy met die eerste kyk ook glad nie eens as insekte herken nie. n Goeie voorbeeld is die dopluise, waarvan die wyfies sonder vlerke en dikwels ook sonder bene of o is.

Blomluise, plantluise, wolluise, weeluise, sonbesies, skuimbesies, boomspringers, blaarspringers, witvlie en waterskerpioene... almal is lede van hierdie eindelose orde.

Baie van hulle lyk na kewers, maar n mens kan die Halfvlerkiges maklik uitken deur na hul monddele te kyk. Kewers het kake wat horisontaal oor mekaar werk. Die Hemiptera het nie kake nie, maar die mond is altyd in die vorm van n skerp, naaldagtige snaweln lang snuit wat in staat is om byvoorbeeld plantweefsels te deurboor en die sap in te suig.

Nog n kenmerk by die meeste soorte is stinkkliere wat aan elke kant van die borsstuk naby die agterpote open en n onaangename vloeistof afskei.

 

 

BO: n Stinkbesie deurboor die larwe van n blaarkewer met sy snuit.

 

Foto: Agricultural Research Service / U.S. Department of Agriculture

 



Hul lewensgeskiedenis is n onvolkome metamorfose. In die jong stadiums is daar n reeks nimfe wat slegs in grootte en klein besonderhede van die volwasse insekte verskil. Hulle raak volwasse deur n reeks vervellings.

Die woord Hemiptera kom van die Griekse woorde hemi (half) en pteron (vlerk). Dit is omdat by sommige lede van hierdie insekorde, hoewel nie by almal nie, elkeen van die voorvlerke in twee helftes verdeel is: n membraanagtige punt en n dik, leeragtige basis.

Onder die insekte met hierdie kenmerk is die skildstinkbesies en die waterbesies. By die plantluise en die sonbesies is al vier die vlerke baie dun en membraanagtig. En dan is daar natuurlik di sonder enige vlerke.

Afhangende van die struktuur van die voorvlerke word die lede van hierdie orde in twee afsonderlike groepe ingedeel: die Heteroptera en die Homoptera.

Net enkeles van die Halfvlerkiges is mooi insekte, en n menigte tel miskien onder die mens se grootste vyande. Van die skadelikste plae is di wat van die sap van tuinplante, landbougewasse en vrugtebome leef. Hulle saai nie net verwoesting deur hul vraatsugtigheid nie, maar versprei ook verwoestende siektes onder plante.

Dan is daar ook die roofwantsedie rowers onder die Halfvlerkiges. Die weeluis, byvoorbeeld, kom wyd en syd in die wreld voor en versprei gevaarlike siektekieme onder mense.

Tog is daar ook die nuttiges en onskadelikes. Van die Indiese lak-insek kom n stof met die naam skellak, waarvan vernis gemaak word. En van die cochenille-dopluis van Mexiko, wat van kaktusplante leef, word n skarlakenrooi kleurstof verkry.

Die sonbesies, daardie beroemde sangers van die somer wat ook in Suid-Afrika voorkom, is onder die interessante lede van die orde. Dis net die mannetjies wat skreeu, glo die hardste van alle insekte. Die klank kom van n membraan aan die basis van die agterlyf wat in een sekonde tot 4000 keer tril.

Die bootsmannetjies (waterinsekte wat onderstebo swem) en waterlopers (wat op die oppervlakfilm van water rondskarrel) is nog bekende Hemiptera-spesies.
 



Groepe insekte wat nie so baie afsonderlike spesies in hul geledere het nie (al is hulle self dalk baie volop)

ONDER die minder omvangryke groepe is byvoorbeeld kakkerlakke, oorkruipers, naaldekokers, hottentotsgotte, sprinkane en stokinsekte. Hulle kan enorm baie in getalle wees, maar daar is nie so baie verskillende spesies van elk soos by die bogenoemde vyf hoofgroepe nie. Oor naaldekokers, hottentotsgotte, sprinkane en stokinsekte word meer vertel in ander hoofstukke in hierdie reeks; oor kakkerlakke is daar n uitgebreide artikel elders op die Mieliestronk-werf.

Dan is daar ook stofluise, wat in pakkies gedroogde kos lewe; blaaspootjies, wat baie skadelik vir tuinbougewasse is; kouluise, wat op vols lewe; en vlooie en suigluise, wat mense sowel as diere irriteer.

Stokinsekte kan groen of bruin van kleur wees en is gewoonlik lank en dun met slanke pote en voelers. Bedags flous hulle hul roofvyande deur feitlik letterlik stokstil aan struike en bome te hang, waar hulle net soos takkies lyk. Snags is hulle beweegliker en vreet hulle blare. Die mannetjies van baie soorte het vlerke, maar die wyfies is dikwels vlerkloos.

Met hottentotsgotte is dikwels slank, soos stokinsekte. Baie soorte is in heldergroen of dofbruin skakerings gekamoefleer. Hulle jag ander insekte, wat hulle met hul spesiaal gevormde voorpote vasgryp.

Volwasse vlooie is almal bloedsuiers, en elke soort verkies die bloed van n bepaalde soort dier of vol of di van n mens. n Diervlooi sal net n mens aanval as hy baie honger is. Die piepklein vlooilarwetjies lewe van verrottende stowwe in neste en tapyte. Die volwassenes kan dikwels lank sonder kos klaarkom.

Die mannetjies van die grassprinkane maak geluide om die wyfie te lok deur hul agterpote teen hul harde voorvlerke te vryf. Die bleekgroen Afrika-grassprinkaan (Physemacris variolosa) het n spesiaal verlengde agterlyf wat as n weergalmende trom dien. Daarteenoor sing krieke deur die twee voorvlerke saam te vryf.

Die meeste waterjuffers vou die vlerke saam oor die liggaam wanneer hulle rus, terwyl die naaldekokers hul ruskansies met oopgespreide vlerke benut. n Indonesiese spesie (Nannophya pygmaea) is, sover bekend, die kleinste naaldekoker. Die meeste waterjuffers is klein, delikate insekte en hulle is dikwels helder gekleur. n Spesie van Costa Rica (Megaloprepus caerulatus) is die grootste waterjuffer ter wreld. Sy nimfe hou in die water wat in verrottende boomholtes versamel.

Die nimfe van naaldekokers en waterjuffers lewe altyd in water, waar hulle ander insekte vreet. Agterpote wat soos linte lyk, sleep agterna en lei roofvyande se aandag van die kwesbare dele van die liggaam af weg.

Deur n mikroskoop lyk hy soos n monsterdie kopluis wat op mense voorkom. Hierdie luise vreet dooie vel en klou met spesiale kloue aan die hare vas.

Van die oorkruipers is Titanolabis colossea van Australi die grootste ter wreld. Mense het eenmaal verkeerdelik geglo dat oorkruipers in mense se ore inkruip en hulle doodmaak. Oorkruipers vreet lewende en dooie plante en diere. Hulle het kort, donker voorvlerke waaronder die langer, deursigtige agtervlerke ingevou word.

Kakkerlakke lewe feitlik oral en vreet omtrent alles. Party soorte kan peste raak in huise waar hulle met hul plat lywe in smal skeurtjies wegkruip en moeilik bestry word. Baie soorte kakkerlakke ontwikkel geen vlerke nie.


 <   Terug na hoofstuk 8          Voort na hoofstuk 10   >

   Gaan na die begin van hierdie hoofstuk vir die skakels na al die hoofstukke in hierdie reeks

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk.werf