10. Spogreeks
Phylum: Arthropoda
Klas: Insecta

Insek-kaleidoskoop
Hoofstuk 10:
Wonder van insekte se vlerke

Klik hieronder op die skakel na die hoofstuk van jou keuse:

  ē   Hoofstuk 1: Bou en ontwikkeling van insekte
ē   Hoofstuk 2: Taktieke vir oorlewing
ē   Hoofstuk 3: Hoe roofinsekte hul prooi vang
ē   Hoofstuk 4: Hoe insekte bou
ē   Hoofstuk 5: Onder skandeer-elektronmikroskoop

 

ē   Hoofstuk 6: Sprinkane
ē   Hoofstuk 7: Hottentotsgot
ē   Hoofstuk 8: Naaldekokers en waterjuffers
ē   Hoofstuk 9: Insekgroepe
ē   Hoofstuk 10:    Wonder van insekte se vlerke

Wonderlike vleuels van die insek


Wieke op die wind

Hul ragfyn vlerke voer hulle mee oor al die windstreke van die wÍreld om nuwe plek­ke te koloniseer, aan gevare te ontsnap en kos te soek. Insekte is ou pioniers van die lug en dis juis hierdie vermoŽ wat hulle so verstommend suksesvol maak...

BO: ín Naaldekoker (spesie Hemicordulia tau) in vlug in Swifts Creek, Victoria, AustraliŽ. Naaldekokers se vlugvermoŽns is verstommend. Hulle woerts, hulle warts, hulle wikkel en hulle maneuvreer... en kan soms self seŽ oorsteek. Die vleuels word aangedryf deur spiere wat regstreeks aan die vlerkbasisse gekoppel is.

 

Foto: Fir0002

(webwerf. www.flagstaffotos.com.au)

wat dit op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web gepubliseer het en gelisensieer het ingevolge die GNU Free Documentation License, slegs Weergawe 1.2 soos gepubliseer deur die  Free Software Foundation; met geen Invariante Seksies, geen Voorbladtekste en geen Agterbladtekste. ín Kopie van die lisensie is vervat in die afdeling getiteld  "Text of the GNU Free Documentation License."

 

Ragfyn vlerkies van die naaldekoker... volmaak gevorm om vry deur die lugstrome te beweeg

 

 

BO: Die vlerkies van naaldekokers is besonder dinamiese strukture, geen eenvoudige plat voorwerpies nie. Die riffels in die vleuel sorg byvoorbeeld wonderbaarlik vir verminderde wrywing, en naby die vlerkpunt is ín gewiggie wat die vlerkpuntgebied met elke vlerkslag laat buig en aŽrodinamiese doeltreffendhrid verhoog. Wat meer sÍ, naaldekokers kan vlieg met verskillende van hul vlerke wat verskillende dinge doen. Hul vliegkunsies is steeds baie beter as enigiets wat die mens al ooit probeer nadoen het.

 

Krediet: Christopher Adlam,

wat die beeld op hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web gepubliseer het en dit onder meer gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 2.5-lisensie, wat onder meer erkenning van die bron vereis

 

... en hierís ín nagemaakte vlieŽnde naaldekoker (maar kyk net hoe strak en kru lyk sy vlerke!)

 

BO: In die museum van die Amerikaanse Inligtingsdiens (Central Intelligence Agency of CIA) in McLean, VirginiŽ, is hierdie nagemaakte vlieŽnde insek, wat as die ďinsectothopterĒ bekend staan. Dit is meer as dertig jaar gelede as ín spioenasiehulpmiddel ontwerpóín luistertoestel wat tot naby sy teiken moes vlieg om gesprekke af te luister wat belangrike inligting sou kon bevat. Hoewel die ďinsectothopterĒ nooit operasioneel aangewend is nie, was dit die eerste masjientjie wat so groot soos ín insek was en kon vlieg. Van naby gesien, is die vlerkies van hierdie ďnaaldekokerĒ egter maar baie kru as dit met diť van enige ware vlieŽnde insek vergelyk word.

 

Foto: CIA Museum / U.S. Central Intelligence Agency

  



VIR minstens ín miljoen verskillende soorte insekte is die aarde ín aanloopbaanóvir opstygings en landings in ín daaglikse lugvertoning vol akrobatiese maneuvers.

Insekte is ou pioniers van die lug en dis juis hierdie vermoŽ wat hulle so verstommend suksesvol maak. Hul ragfyn vlerke voer hulle mee oor al die windstreke van die wÍreld om nuwe plekke te koloniseer, aan gevare te ontsnap en kos te soek.

ín Insek soos ons inheemse motby, ook bekend as die doodshoofmot, trek selfs die ontsaglike afstand van hier af tot in Europa.
 
Dis gewoonlik die voŽls wat die eer kry vir verbasende vlugvaardigheid. VoŽls is trouens soveel groter en makliker om raak te sien dat die insekte se vliegprestasies oor ín lang tyd glad nie erken is nie.
 
Taamlik onlangse navorsing het egter getoon dat die vlug van ín insek geensins ondergeskik is aan diť van die voŽl nie. Wat meer sÍ, die mees gevorderde menslike vlugte (met vliegtuie) lyk in vergelyking daarmee bra baie onbeholpe en primitief.

DEURSKYNEND, papieragtig, vol piepklein aartjiesósů is die fladderende vlerke van baie soorte insekte. Tog verskil die vorm en bou van hul vlerke ook baie, soos gesien kan word as ín mens, sÍ nou maar, ín vlieg en ín vlinder sín vergelyk.

Gewoonlik is die vlerke egter saamgestel uit ín vlies wat deur ín aantal chitien-vlerkare versterk is. (Chitien is ín horingagtige stof in die insek se ďbuite-geraamteĒ). Ons kan die vlies of membraan met ín sambreel vergelyk. Die vlerk-are verteenwoordig die ribbe van die sambreel wat hom oop en styf hou.

Dis egter nie al nie. Namate jy die insekvlerk Šl meer onder die mikroskoop vergroot, kom talle ander dinge te voorskyn op diť wonderlike aanhangsel van die insek se liggaam: haartjies, riffels, boŽ of skubbe wat die vlerk bedek en dikwels die pragtigste patrone vorm wat ín mens jou kan voorstel.

In die natuur is egter nie oorbodige dinge nie. Al hierdie dele het uiteindelik ín rol te speel om die insek die bedrewe vlieŽr te maak wat hy is.

Die vlerk van ín skoenlapper is byvoorbeeld bedek met skubbe wat mekaar gedeeltelik oordek soos die teŽls op ín dak. Hulle vergroot die stygkrag van die vlerk.

 


LINKS BO: Skubbe van ín skoenlappervlerk soos vergroot deur ín skan­deer-elektronmikroskoop en ín verdere vergroting van ín deel van die beeld (REGS BO).

Foto: William Sharp
van Arizona-staatsuniversiteit se
Ask a Biologist-webwerf met spesiale vergunning


Op die koop toe gee die skubbe die vlerk sy kleure. Hulle speel dus ook ín rol in sekondÍre funksies soos seksuele seleksie, kleurwaarskuwing en kamoeflering.

Omdat die lengte en vorm van verskillende insekte se vlerke so ontsaglik verskil, vlieg hulle natuurlik op verskillende maniere. Party vlerke, soos diť van die skoenlapper, het ín starre oppervlak, terwyl ander ín toiingrige soom van haartjies het.

Fossiele is gevind van naaldekokers wat ín vlerkspan van langer as 50 cm gehad het. In vergelyking daarmee is die vlerke van vandag se insekte amper onbeduidend klein.

Maar moet hulle nie onderskat nie! Daar word beweer dat blindevlieŽ se vlerke so sterk is dat hulle selfs vinniger kan vlieg as wat die vinnigste perd kan hardloop. Van die groot soorte blindevlieŽ, wat tot 3 cm lank kan wees, is bereken dat, terwyl hulle vlieg, daar byna twee liter lug per sekonde deur die vlerke beweeg!

Insekvlerke is nie plat soos papier nie, maar in mindere of meerdere mate bolrond. Dit vergroot die vlugvermoŽ van die insek en hou hom stabieler wanneer hy sy vlerke klap of sweef.

Die meeste gevleuelde insekte het twee pare vlerkeóín paar bo- of voorvlerke en ín paar onder- of agtervlerke. Die vlerke het, anders as diť van voŽls, geen inwendige spierstelsel nie. Hulle word deur spiere van die toraks, waaraan die vlerke vas is, aangedryf.

Die toraks word feitlik heeltemal deur vliegspiere gevul en hierdie spiere kan die insek feitlik enige beweging laat maakóneerduik, bolmakiesie slaan, sweefhang, onderstebo vlieg, sywaarts vlieg, agteruit vlieg. En dan kan ta byna oombliklik weer ín nuwe toertjie uithaal. Kyk net hoe sukkel jy byvoorbeeld om ín lastige vlieg te vermorsel.

En die muskiet: party soorte kan glo selfs in ín reŽnbui vir elke druppel koes en droog anderkant uitkom!

Soos by die mense is daar egter by die vlieŽnde insekte ook die koersloses. Sekere vrugtetorre beland dikwels op blink sinkdakke of in damme omdat hulle, wanneer hulle daaroor vlieg, skielik die lig van onder kry en dan onderstebo begin vliegómet noodlottige gevolge.

Insekte kan ůf met hul vlerke sweef ůf daarmee klap dat dit so gons. Swewers kan, net soos die voŽls, van opstygende lugstrome gebruik maak. Sprinkane is uitstekende swewers.

By die vlerkklappers kan die spesifieke gonsgeluide juis aan die getal vlerkbewegings per sekonde toegeskryf word. Die vlerke van ín huisvlieg maak 330 tot 335 bewegings per sekondeódie heuningby sín is sowat 440.

Die geluide wat hierdie trillings meebring, kan glo met sekere musieknote vergelyk word. Daar word beweer dat die gonsgeluide van ín huisvlieg met die noot F en diť van die by met A ooreenkom.

Waar is die vernuftige platemaker wat vir ons deuntjies kan saamstel uit al die tjir-, zoem- en gonsgeluide wat die wÍreld om ons vul?

Hoewel talle soorte insekte vlerke het, is daar baie soorte wat hul vlerke maar min gebruik of heeltemal vlerkloos is. Afgesien van vlieg, gebruik die vlieŽndes hul vlerke soms ook vir kamoeflering (die kolle en selfs vals oŽ op skoenlappers se vlerke), as lugversorgers (die heuningbye in hul nes) en om klanke en seine te maak wat die mannetjies en wyfies saambring vir die paring.

Praat van vlerksleep by ín meisieódie gevleuelde goggatjies het hierdie kunsie hoeka bemeester!


ē ē ē ē
 
ín Proefneming met vlieŽnde motte

DAARíS ín eksperiment wat miskien meer met insekte se gehoor te doen as met hul vlieŽry, maar straks sal jy dit nietemin wil doen, want dis baie interessant.

Rinkel ín bos sleutels in die aand by ín klomp motte wat om ín lig vlieg. Party sal ongestoord om die lig bly rondomtalie, maar ander sal ongewone bewegings begin maak. Hulle sal byvoorbeeld grond toe duik, verwilderd wegvlug of net doodstil gaan sit. Dis ín sekere toonhoogte in die geluid van die sleutels, vertel wetenskaplikes, wat die motte sů laat maak.

 

REGS: ín Mot wat om ín lig draai, raak oŽnskynlik die kluts kwyt weens die klank van sleutels.


Die rede is dat vlermuise motte met sonar in die lug opspoor deur klankseine uit te stuur. Sogenaamde uilmotte kan hierdie seine hoor met hul gehoororgane wat langs die liggaam is. Hulle maak dan allerhande wilde bewegings om die vlermuise te probeer pypkan.


 <   Terug na hoofstuk 9

ē   Gaan na die begin van hierdie hoofstuk vir die skakels na al die hoofstukke in hierdie reeks

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk.werf