Die fassinerende węreld van die “rysmier”
|
||||||||
|
Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com
Y
ken
hulle moontlik eerder as "rysmiere"—vanweë hul eiers wat
soos gedopte ryskorrels lyk. Of anders as "witmiere"; in
Engels "white ants". Maar
eintlik is termiete nie wit nie en nog minder is hulle miere. Hul kleure
wissel van roomgeel tot donkerbruin (anders as miere wat ’n
verskeidenheid van kleure soos rooi, swart, geel, bruin of selfs groen
kan hę). En pleks van miere, is hul naaste lewende familielid die
kakkerlak. Hierdie
wesens van die onderwęreld is swak toegerus vir die lewe soos ons dit
ken. Die meeste is blind. Hulle het nie die buitenste skelet van die
mier nie, omdat hulle weens hul beskermde leefwyse nie ’n harde
buitekant nodig het nie. Hul dun kutikel bied weinig beskerming teen
hitte en koue. Tog tel hulle onder ons planeet se onvernietigbare insekte. Die rede is hul verbasende gemeenskapstruktuur, wat hulle in staat stel om hul eie węreldjie binne-in ’n węreld te skep.
Termiete
wat ondergronds leef, sorg baiemaal vir tamaai groot grondhope wat
verkeerdelik “miershope” genoem word.
Foto van Australiese termiethoop: Scott Murphy / Nightglow / GSFC / NASA
Foto van termiethoop in Botswana: John Walker / Images of Africa / Deur Walker verklaar tot openbare besit (“public domain”)
Die
kolonie
DIE
lede van die meeste
termietkolonies
val in een van drie kategorieë, bekend as kastes of stande: •
die koning en koningin; •
die werkers; •
en die soldate. Elk
van die termiet-kastes verrig spesifieke take.
Die
koning en koningin
DIE
koning en koningin is die ouers van die kolonie. Saam met sommige jonger
termiete, wat dalk in die toekoms koninklikes kan word, word hulle die
voortplanters genoem. Dit beteken dat hulle die liggaamsdele vir
voortplanting het. Die
koningin lyk mettertyd soos ’n vet worsie. Dis omdat haar maag vol
eiers is, wat haar onbeweeglik maak. Sy is omring deur helpers wat haar
versorg en die eiers wegdra wat sy gedurig lę. Die koning is nie so groot soos die koningin nie. Hy paar gereeld met haar. Hulle is lewensmaats. Altwee is van die werkers afhanklik vir hul kos. Dit is heeltemal anders as in mierkolonies, waar daar slegs ’n koningin is wat een keer met ’n mannetjie (of mannetjies) paar en sy geslagselle haar lewe lank met haar saamdra.
LINKS
BO: Lewensmaats. Hier is die koningin en koning van een soort termiet, nie van
dieselfde spesie as die vet geworde koningin op die foto regs bo nie, maar die
tyd sal bes moontlik ook sy tol van hierdie koningin eis. Die werkersIN
die meeste termietneste hang die wel en wee van die kolonie van die
werkers af. Hulle verrig die daaglikse roetinetake soos die soek van kos,
skoonmaak, versorging, bou en herstelwerk. Daar
is manlike én vroulike werkers.
Hul koppe is ietwat gerond, sodat hulle soos ruimtevaarders met helms lyk.
Werkers het sterk kake om in hout in te byt en dit fyn te maal voordat dit
in die spysverteringstelsel opgeneem kan word. Hulle is al beskryf as die
"mes en vurk" van die kolonie. Die werkers is die termiete wat die skade aan houtstrukture aanrig. Hulle is gewoonlik onvrugbaar.
LINKS BO: Twee volwasse termiete van die “werkersklas” en die “militęre korps” onderskeidelik. Bo is ’n werker en onder ’n soldaat. REGS BO: Nog werkers en soldate. Let op die gekleurde koppe van die soldate en die bleek koppe van die werkers.
Foto links bo: Gerald J. Lenhard / Invasive.org / via National Agricultural Library / U.S. Department of Agriculture Foto regs bo: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture
Die soldateDIE
soldate bestaan uit
manlike
en vroulike termiete. Hul koppe en monddele is vir verdediging en aanval
toegerus. Sommige het sekelvormige kake en ander het monddele wat ’n
taai vloeistof uitspuit. Tydens
’n aanval kan sommige van die kleiner soldate as
"verkeerskonstabels"
optree om vir die jong werkers wat in veiligheid hardloop of die ouer
werkers wat die jonges dra, die pad te wys. Soldate is gewoonlik
onvrugbaar. SwermvormingDIE
skielike verskyning van ’n massa vlieënde termiete is iets om te
aanskou. Volgens Eugéne Marais is die begin van ’n termietnes die
oomblik wanneer die termiete vlieg. (Nadat dit gereën het, gewoonlik teen
skemer.) Die
gevleueldes is gereed om van die kolonie weg te trek sodra die vertreksein
gegee word. Die hele kolonie is opgewonde. Die werkers
hardloop vinnig rond. Die soldate lyk onrustig. Almal berei hulle op die
een of ander manier voor op die uittog van die gevleueldes.
Foto: Probert / Free pic Anders
as met ’n swerm bye of miere, is die termietswerm nie ’n paringsvlug
nie, maar ’n proses wat die verspreiding van die kolonie verseker. Die
voortplanters raak gevestig en maak nes voordat hulle paar. Voortplanters
word egter in yslike getalle afgemaai deur hul talle vyande wat op die
groot swerms feesvier. VestigingNADAT
die termiete gevlieg
en
gaan sit het, gebeur verskeie dinge: •
Die teelwyfie ontbloot ’n reukklier om mannetjies in die omtrek
te lok. Een word haar maat. •
Die termiete raak ontslae van hul vlerke, omdat dit nou onnodig
geword het en trouens voortaan net ’n las sou wees. •
Die mannetjie volg die wyfie terwyl hulle ’n plek soek om nes te
skop. •
Nadat hulle gepaar het, sit die koning en koningin huis op en word ’n
koninklike egpaar. Wat
termiete vreet PRAAT
van termiete en baie mense dink aan die skade wat hierdie insekte
aan houtstrukture aanrig. Dis omdat baie spesies uitsluitlik van hout
leef. Maar talle termiete vreet gras, papier, graan, leer, wol en selfs
linne. Alles bevat sellulose.
Foto: ARS / U.S. Department of Agriculture
Vir
die meeste diere is stowwe wat sellulose bevat onverteerbaar. Maar in ’n
termiet se maag is ’n menigte mikroskopiese protosoa wat dit afbreek. Wanneer
kossoekende termiete na die nes terugkeer met voedsel, kou die werkers dit
en verteer dit gedeeltelik. Bedelende termiete streel die koppe
van
die werkers of tik saggies op hul kake met hul voelers. Voedsel word dan
verskaf en daardeur word die "reuk" van die gemeenskap tussen
die lede versprei en dit verseker dat indringers dadelik bespeur word. Party
termietspesies het swamtuine in hul neste, wat geoes word vir kos. Binne-in
die termietnes
’N
TERMIETHOOP
is ’n selfgenoegsame
węreld wat dit vir termiete moontlik maak om selfs in landstreke te leef
waar hulle andersins nie sou oorleef het nie. Die
soliede buitewande van die termietnes, wat uit grond bestaan wat met
speeksel verhard is, verskaf isolasie teen die warm son en maak dit ’n
doeltreffende vesting teen vyande.
Foto: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture Die
woongebied is in die middel van die nes of ’n entjie ondertoe. Hier is
ook die tuine met swamme, wat ’n voedselbron is. Binne-in
die nes word die lug slim gesirkuleer, onder meer deurdat werkers die
luggange herhaaldelik oop- en toemaak om die mikroklimaat van hul węreldjie
te reguleer. Terwyl dit gebeur, dring suurstof die poreuse wande van die termiethoop binne en koolstofdioksied diffundeer buitentoe. Dit lyk dus of die nes selfs asemhaal—soos daardie lewende organisme van Eugčne Marais! |
||||||||