|
’n
Inleidende kykie na die rare sespotige wesentjies wat die aarde saam met
ons bewandel ’n Insek is baie meer as net ’n skepseltjie wat vir kwaadgeld op die aarde rondloop. Of ’n kriewelige dingetjie wat die gewasse bestuif waarvan ons so gretig die vrugte pluk. ’n Insek is jou werklik ’n wonderlike organisme op pote. En ons planeet behoort aan die goggas, al besef ons dit nie... |
|||||
AAR op
aarde sal jy tog ’n plek vind waar g’n gogga jou sal pla nie? Geen
vergalste vlieë wat jou soggens vroeg uit die bed jaag en geen mislike
muskiete wat jou byt nie? Nou ja, gebiede sonder muskiete en selfs
huisvlieë sal daar natuurlik Daar is insekte wat die vrieskoue van
die poolstreke en die hoogste berge kan trotseer en ander wat in
stomende woude en versengende woestyne floreer. Party soorte is heel
tuis in varswaterpoele Natuurlik is alle insekte darem nie
verpestings soos daardie huisvlieë en muskiete nie. Party, soos die
bye, tel selfs onder ons grootste bondgenote, want hulle bestuif ons
gewasse en sorg só vir dosyne dinge wat ons eet.
Nog verstommender: iemand het al
bereken dat die insektebevolking op ’n enkele heuwel op ’n someraand meer kan wees as al die mense in die hele wêreld. En hierdie grillerige goggabies kom in
alle vorms en relatiewe groottes voor. Sommige piepklein parasitiese
insekte is kleiner as ’n kwart van ’n millimeter lank wanneer hulle
volgroeid is, terwyl minstens een fossielspesie wat aan die naaldekokers
verwant is ’n vlerkspan van meer as 60 cm gehad het. Die grootste
insekte wat vandag bestaan, is sekere stok-insekte
("stokkiesduiwels" of "wandelende takke") van
nagenoeg 30 cm en sekere motte met ’n vlerkspan wat omtrent net so
lank is.
Foto links: DLS Insekte vaar uitstekend in die droëlandse
omgewing, waar organismes dit nie kan bekostig om te veel van hul
liggaamsvog te verloor nie. Hierdie vernuftige, ongewerwelde diertjies
beperk waterverlies met ’n "geraamte" wat nie in die
binnekant sit nie maar aan die buitekant—’n beskermende dop of
huidskelet met ’n horingagtige bestanddeel genaamd chitien, wat
waterdig en feitlik onbuigbaar is.
Weefsel wat die verskillende dele van die huidskelet verbind,
maak die insek se liggaam beweeglik.
Foto: CDC/PHIL Vlieënde insekte se vlerke is ook
’n klaarblyklike sleutel tot hul sukses, omdat hulle daarmee oor groot
gebiede kan versprei, nuwe omgewings kan koloniseer en nuwe
voedselbronne kan benut. Vlerke beteken voorts dat hulle vinnig aan
roofvyande kan ontsnap. Vir oorlewing is baie van hulle boonop besonder rats. Só het die huisvlieg byvoorbeeld ’n reaksietyd van ’n vyftigste van ’n sekonde, teenoor die menslike reaksietyd van slegs sowat ’n kwart sekonde. As jy ’n vlieg wil doodslaan, moet jou naderende hand vir hom lyk soos iets vir ons wanneer ons dit in die rolprente in stadige aksie sien. Geen wonder dis so moeilik om ’n vlieg met jou hand dood te klap nie!
Krediet: Insect Molecular Genomics Lab, Brigham Young-iniversiteit; foto deur Allison Whiting / BYU / Vergunning US National Science Foundation ’n
Insek se liggaam is vanselfsprekend heeltemal anders saamgestel as dié
van die mens. Sy hart sit byvoorbeeld naby sy rug en hy het nie ’n
stelsel van verskillende bloedvate soos ek en jy nie. Uit ’n enkele
groot slagaar wat van die hart af deur die bors loop, word die bloed
deur die hele liggaam versprei.
Op plekke waar die bloed
na afgeleë eindpunte gestuur moet word, sit klein hulp-hartjies of
pompies om die taak oor te neem. Die bloed is gewoonlik groen of geel of
helder en kleurloos. Insekte
het ook nie longe nie. Hulle haal wel asem, maar dit gebeur deur
vertakkende lugbuise wat sorg dat hulle die hele tyd deur ’n stroom
lug geventileer word.
Die
oë van insekte vertel boonop vir ons dat hul manier van sien bes moontlik
baie anders moet wees as ons eie. Aan die
kop van ’n tipiese insek is ’n paar groot samegestelde oë. Daar is
ook drie enkelvoudige oë bo-op. Elke
samegestelde oog bestaan uit 'n menigte oogeenhede (ommatidia) wat
dikwels heksagonaal (seskantig) ineenskakel.
Elke ommatidium vorm ’n beeld van die voorwerp wat gesien word en is dus eintlik 'n ogie op sigself.
Maar
wat sien ’n insek dan? Moontlik is dit ’n mosaïekbeeld van die
voorwerpe om hom, maar dit is natuurlik ook moontlik dat die insek se
brein alles op ’n sekere manier tot een beeld saamvoeg.
ALLE
lewende organismes kan in groepe ingedeel word met die oog op
klassifikasie en uitkenning. Hierdie indeling in kunsmatige kategorieë—wat
op ooreenkomste en verskille gegrond word—word gedoen in ’n poging
om die uiterlike verwantskappe tussen die verskillende organismes beter
te begryp. Die stelsel van hiërargiese klassifikasie, waar elke
"hoër" (groter) kategorie al die "laer" (kleiner)
kategorieë insluit, is die eerste keer in die middel van die agttiende
eeu deur die Sweedse natuurkundige Carolus Linnaeus (of Carl von Linné) voorgestel.
Die stelsel werk heel goed en word vandag steeds baie gebruik.
Die basiese stelsel van hiërargiese
klassifikasie sluit sewe hoofkategorieë in, in die volgende volgorde
van die hoogste tot die laagste.
Die spesie of soort is die basiese
eenheid van hierdie stelsel van klassifikasie. ’n Spesie is
’n groep organismes, gelykvormig van gedaante, wat onderling
kan voortplant. Uiterlik naby verwante spesies (wat een of meer
duidelike ooreenkomste toon) word in die volgende hoër kategorie, die
geslag, saamgegroepeer. Verwante
geslagte vorm ’n familie; verwante families word in ’n orde gegroepeer;
verwante ordes vorm ’n
klas; en verwante klasse hoort saam in ’n stam of phylum. Alle lede van die klas Insecta behoort
tot die phylum Arthropoda, algemeen bekend as die geleedpotiges, wat
benewens die insekte ook die skaaldiere, soos krappe en krewe, en die
spinagtiges, soos die spinnekoppe en skerpioene, insluit. Ongeveer 95
pesent van alle dierespesies is geleedpotige spesies, en insektespesies
vorm op hul beurt weer
sowat 95 persent van alle geleedpotiges. Geen wonder die wêreld is so
vervuil van die insekte en die klassifisering en identifikasie van
insektespesies is so ’n formidabele taak nie. Maar
presies wat maak ’n insek wat hy is? Ondanks die geweldige
verskeidenheid is daar tog spesifieke eienskappe wat alle insekte gemeen
het. Die
klas Insecta verskil van die ander geleedpotiges
(soos krappe en selfs spinnekoppe) en natuurlik ander diere deur die
volgende kenmerkende eienskappe te vertoon:
Volgens
die moderne klassifikasie van insekte word die Insecta in 29 ordes
ingedeel, waarvan baie ook gewone name het wat ons almal ken. Onder die
bekendste ordes is:
Groei, ontwikkeling en lewensiklusse
Groei.
Alle insekte kom uit eiers. Die eiers kan gelê
word wanneer die embrio’s (die insekte in hul eerste
ontwikkelingstadium) nog feitlik glad nie ontwikkel het nie of wanneer
die embrio’s byna volgroeid is. Hulle kan selfs in die liggaam van die
wyfie geberg word totdat hulle uitbroei. Die meeste wyfies is geen sorgsame
mammas nie, om die waarheid te sê, hulle laat hul eiertjies heeltemal
aan hul eie lot oor nadat hulle dit êrens gedeponeer het. Tog is daar
’n paar soorte wat darem wel probeer sorg dat hul eiers veilig is.
Party eiers word met beskermende stowwe bedek om dit te isoleer,
waterverlies te voorkom of te kamoefleer. Wanneer ’n larwe of ’n nimf
gereed is om uit te broei, moet hy sy pad deur die dik buitedop van die
eier oopdwing. En soveel
spesies, soveel eiersoorte—daar is eiers van alle vorms, kleure en
relatiewe groottes.
Vervelling. Namate
die weefsels van ’n insek groei (die grootte van die individuele selle
toeneem én die
aantal selle in sy liggaam vermeerder) word ’n punt bereik waar sy dop
of huidskelet nie meer verder kan rek om die uitsetting te akkomodeer
nie. Die huidskelet moet dus afgewerp en deur ’n nuwe vervang word.
Dit staan bekend as vervelling. Die insek se brein reguleer die
vervellingsproses deur die vrylating van spesiale hormone in die liggaam
te beheer. Die meeste insekte vervel vier of vyf keer in hul lewe, maar
party soorte kan tot veertig keer vervel. Die tydsduur tussen
vervellings word bepaal deur die gehalte van die kos en hoeveel daarvan
die insek verorber, asook deur die omgewingstemperatuur. Insekte
is koudbloedig, dit wil sê hulle kan nie hul eie liggaamshitte opwek
nie en is vir hul funksionering afhanklik van die temperatuur van die omgewing. Sodra ’n insek volwassenheid
bereik, het hy nie meer vervellingshormone nie en kan hy nie verder
groei nie. Metamorfose (of gedaanteverwisseling). Wanneer insekte hul buiteskelet afwerp, kan dit ook gebeur dat hul liggaam van vorm verander. Hierdie proses staan bekend as metamorfose. Daar is ’n klompie verskillende manifestasies van hierdie verskynsel, maar daar is basies twee tipes, volkome en onvolkome metamorfose.
By
insekte vind volkome gedaanteverwisseling by die meeste tweevlerkiges,
by miere en vlinders plaas: eier
>
larwe
of maaier of ruspe
>
papie
>
volwassene
In
die eerste fase vorm ’n embrio binne-in ’n eier. Wanneer die eier
uitbroei, verskyn ’n larwe, wat op sy beurt in ’n papie verander.
Aan die einde van die papiestadium kruip die
volwasse insek uit die papie. Ander diere benewens insekte wat op
hierdie manier ontwikkel, sluit baie soorte visse en weekdiere in. Paddas
ondergaan ’n ander soort volkome gedaanteverwisseling.
Uit die eier verskyn ’n paddavissie, wat in die water lewe, met kieue
asemhaal en ’n stert het. Namate die paddavis groei, ontwikkel longe
en pote, en die kieue en stert word in die liggaam opgeneem. Uiteindelik
verlaat die volwasse padda die water en lewe hoofsaaklik op die droë
grond. Onvolkome
gedaanteverwisseling EN daarmee kom ons aan die einde van hierdie kuiertjie by die eienaardige sespotige wesentjies wat die aarde met ons deel. Dit beteken egter nie dat ons ooit moet ophou om deur hulle gefassineer te word nie. O togga, ’n gogga! kan jy dalk sê as jy ’n kakkerlak op jul kombuisvloer gewaar. Maar sodra jy begin oplees oor daardie einste kakkerlak waarvoor jy so gril, gaan ’n hele nuwe wêreld voor jou oop. En dan kyk jy sommer met nuwe oë en selfs verwonderd na die kokkerot! Lees ook: Wat is ’n insek en wat is nie? |
|||||