Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Sit die hond op sy plek, Jack

Klik telkens op die "Refresh"-ikoon in die gewel
as jy weer die musiek wil hoor ..
.


Sit die hond op sy plek, Jack,
Sit die hond op sy plek.
Tik die hond op sy bek, Jack,
So nie byt hy jou vrek.

O, walla!

Piets die perdjie se stert, Gert,
Piets die perdjie se stert.
Wys die perd jy's iets werd, Gert,
Piets die perdjie se stert.


Ag, die koei ly aan sproei, Louis,
Ag die koei ly aan sproei.
Foei, haar bek is aan't bloei, Louis,
Foei, haar bek is aan't bloei.


O, walla!

Wilde boere, dis ons, Koos,
Wilde boere, dis ons.
Niemand maak ons ook boos, Koos,
Want ons slaat hulle voos.


Kam die vark met 'n hark, Mark,
Kam die vark met 'n hark.
Slag die vark in die park, Mark.
Neem die vark na die mark.

O, walla!

Sit die hond op sy plek, Jack.
Sit die hond op sy plek.
Tik die hond op sy bek, Jack,
So nie byt hy jou vrek.

Liriek: Mieliestronk

Orrelnote

Klik hier vir hoofinhoudsblad