ín Laslappie van Mieliestronk

Japan... die tradisionele en die moderne

 

BO en REGS BO: Japan... die tradisionele en die moderne.

  

Fotoís: United States Government Export Portal

  

JAPAN:

Land van die Opkomende Son

 

Land van die Opkomende Son...Illustrasie: U.S. Library of Congress Country Studies

 

Nota: Buiten in die geval van name waar geykte Afrikaanse spelwyses steeds geld (soos Tokio) is die Engelse spelwyses vir hierdie artikel gevolg. Dit lyk of dit ter wille van eenvormigheid vorentoe al hoe meer nodig sal wees by Oosterse name in ín wÍreld wat al hoe kleiner word. Dit maak tog geen sin nie (en dis boonop baie verwarrend) as ons die Japanse premier se naam in Afrikaanse geskrifte tot Djoenitsjiro Koizoemi fonetiseer, terwyl almal in die groot Engelstalige wÍreld Junichiro Koizumi skryf!

 

JAPAN, genoem Nippon Koku, dit wil sÍ Land van die Opkomende Son, is ín ryk wat uit vier groot eilande en ongeveer 4200 kleiner eilandjies bestaan. Dit lÍ naby die ooskus van China en in die Noordelike Stille Oseaan.

 

Volgens die legende het Jimmu Tenno, ín afstammeling van die songodin Amaterasu Omikami, die Japanse ryk in 660 v.C. gestig.

 

Jimmu TennoLINKS: Jimmu Tenno volgens ín negentiende-eeuse illustrasie.

 

Japan het in die sesde eeu nC sy betrekkinge met China versterk en sy imperiale beleid en die Boeddhistiese godsdiens aanvaar.

 

Die Japanse Middeleeue (1185-1615) is gekenmerk deur baie gevegte en feodale skermutselinge tussen die shogun en bushi, wat verskillende kastes van krygsmanne was. Alle hawens buiten Nagasaki is in 1633 vir handel gesluit; hierdie tydperk van isolasie het tot 1854 geduur.  Die shogun, of groot generaal, het uitgebreide militÍre en burgerlike magte gehad.

 

Kaart van Japan se vier groot eilandeDie lang tydperk van isolasie het eintlik reeds in 1603 begin nadat die Tokugawa-dinastie van shoguns in beheer van die land gekom en die militÍre diktatuur ín rigiede demper op buitelandse invloede geplaas het om sy heerskappy te verseker.  Twee en ín halwe eeue lank het hierdie beleid Japan in staat gestel  om stabiliteit te geniet en het sy inheemse kultuur ín bloeityd beleef.

 

NŠ die Verdrag van Kanagawa met Amerika in 1854 het Japan sy hawens heropen en intensief begin moderniseer en industrialiseer. 

 

In die laat negentiende en vroeŽ twintigste eeu het Japan ín streekmoondheid geword wat in staat was om die magte van sowel China as Rusland te verslaan. Japan het Korea, Formosa (Taiwan) en die suidelike Sakhalin-eiland beset. In 1931-32 is Mantsjoerye deur Japan beset en in 1937 het hy ín volskaalse inval in China  geloods.

 

Japan se verrassingsaanval in 1941 op die Amerikaanse vloot by Pearl Harbor, Hawaii, het Amerika tot die Tweede WÍreldoorlog laat toetree. Japan het spoedig ín groot deel van Oos- en Suidoos-AsiŽ beset. Nadat hy in die Tweede WÍreldoorlog verslaan was, het Japan uit die as opgestaan om ín moondheid met ín kragtige ekonomie en ín bondgenoot van die VSA te word.

 

Terwyl die keiser sy troon as ín simbool van nasionale eenheid behou, berus die eintlike mag by ín netwerk van magtige politici, burokrate en sakebestuurders. Keiser Akihito is in 2006, toe hierdie artikel opgedateer is, steeds die staatshoof (sedert Januarie 1989) en die eerste minister is Junichiro Koizumi  (sedert April 2001).

 

Die ekonomie het in die 1990ís begin verlangsaam nŠ drie dekades van ongekende groei, maar Japan bly steeds ín groot ekonomiese moondheid, sowel in AsiŽ as die wÍreld. In 2005 het die land met ín termyn van twee jaar begin as ín nie-permanente lid van Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies. Die inwoners is baie geletterd en 99 persent bokant 15 jaar kan lees en skryf.

   

Geishas en samurai

BO: Geishas (of geisjas) in die 1930ís. Geishas is vroulike metgeselle van Japanse mans, opgelei in musiek, dans en die kuns van gesprekvoering.

REGS BO: Die Samurai (of Samoerai) was van die elfde tot die negentiende eeu ín aristokratiese klas Japanse vegsmanne (detail van ín historiese foto uit die 1860ís).

Japanse plattelandREGS: Japan vandag. Landbougrond is skaars in diť bergagtige land en op die platteland moet die beskikbare grond intensief bewerk word.

 

Foto: Economic Research Service / United States Department of Agriculture

   



ín Nuttige aantal feite oor Japan
(bron: Word Factbook / CIA)


Ligging:
  
Oos-AsiŽ, eilandketting tussen die Noordelike Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland
Oppervlakte:
totaal: 377 835 vk. km
land: 374 744 vk. km
water: 3 091 vk. km
nota: sluit in Bonin-eilande (Ogasawara-gunto), Daito-shoto, Minami-jima, Okino-tori-shima, Ryukyu-
eilande (Nansei-shoto) en Vulkaaneilande (Kazan-retto)
Terrein:

meestal ru en bergagtig

Hoogste en laagste punt:
hoogste punt: Berg Fuji of Foedji) 3 776 m
laagste punt: Hachiro-gata -4 m
Grond onder besproeiing:


25 920 vk. km (2003)

Natuurlike gevare:


talle dormante en sekere aktiewe vulkane; sowat
1 500 seismiese voorvalle (meestal skuddings) per jaar; tsoenamiís; tifone
  

Tifoongolwe en vulkaaneiland

 Geknelde land... Op die historiese foto LINKS BO tref tifoongolwe ín breekwater met verwoestende krag. Op die driedimensionale ruimtefoto REGS BO is die vulkaaneiland Miyake-Jima, sowat 180 km suid van Tokio, met sy vulkaan Oyama wat dreigend omhoog beur uit die see. Die sowat 3 800 mense wat daar woon, moet op hul hoede bly. Nie te lank gelede nie moes hulle op een dag ín tifoon en net die volgende dag ín uitbarsting van die vulkaan trotseer.

Foto links bo: Historic NWS collection / JPL / NASA; foto regs bo: NIMA / JPL / NASA

         Bevolking:

127,463,611 (raming Julie 2006)

Bevolkingsgroei:
0.02% (raming 2006)
MIV/vigs - mense wat met MIV/vigs lewe:


12 000 (raming 2003)
MIV/vigs - sterftes:


500 (raming 2003)

Etniese groepe:

Japanners 99%, ander 1% (Koreane 511 262, Chinese 244 241, Brasiliane 182 232, Filippyners 89,851, ander 237 914)
nota: tot 230,000 Brasiliane van Japanse oorsprong het in die 1990ís Japan gemigreer om in fabrieke te werk; party het na BrasiliŽ teruggekeer (2004)

 Geletterdheid:

definisie: ouderdom 15 en ouer wat kan lees en skryf
totale bevolking: 99%
manlik: 99%
vroulik: 99% (2002)

          Hoofstad:

 Tokio
  Werkloosheid:
4.4% (raming 2005)
Uitvoere:
$550,5 duisend miljoen of miljard (raming 2005)
Uitvoer-
goedere:
vervoertoerusting, motorvoertuie, semigeleiers, elektriese masjinerie, chemikaliŽ
Uitvoer-
vennote:
VSA 22,9%, China 13,4%, Suid-Korea 7,8%, Taiwan 7,3%, Hongkong 6,1% (2005); Suid-Afrika voer ook baie goedere van Japan af in
Invoere:
$451,1 duisend miljoen of miljard (raming 2005)
Invoer-
goedere:
masjinerie en toerusting, brandstowwe, eetgoed, chemikaliŽ, tekstielware, onverwerkte stowwe (2001)
Invoer-
vennote:
China 21%, VSA 12,7%, Saoedi-ArabiŽ 5,5%, VAE 4,9%, Suid-Korea 4,7%, AustraliŽ 4,4%, IndonesiŽ 4% (2005)
  

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser
 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad