Not Yet Retired
My Dina lê oorkant die Vaaldam
Sit die hond op sy plek, Jack
Flappies, die natneus-worshond
Rooi hakskene
Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Walsie Meraaia (sy was tog so fraai, ja)
Duskant die skaapkraal wag my lam
In die hoenderhok



Oupa sit op sy riempiestoel
Jannie, Jan van Riebeeck

Nou kan jy ekstra lekker saamsing met Mieliestronk -- en jy hoef nie eens met die internet gekoppel te wees om dit te doen nie!

Kry 'n gratis Karaoke-speler (as jy nog nie een het nie) en laai die tien Karaoke-items (LINKS) een vir een af op jou eie rekenaar!

Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf  is 'n bekroonde "musieklikheid" wat gereeld besoek word deur talle Afrikaanssprekende webswewers wat lushet vir 'n bietjie stuitigheid. Daar is Midi-items met Afrikaanse woorde vir elkeen wat wil meedoen.

Gereelde saamsinger Su Lucas het nou 'n stappie verder gegaan en vir ons 'n tiental van daardie sangnommers in Karaoke-items omgeskakel.

As jy nog nie 'n Karaoke-speler het nie, maar wil meedoen aan die pret, kan jy vir jou een gratis gaan aflaai by die webwerf van vanBasco.com.

In dieselfde bêrekoevert ("folder") waarin jy jou kortpad-ikoontjie vir VanBasco's gaan huisves, kan jy nou soveel van Su se Karaoke-items aflaai as wat jy wil. Klik bloot regs op muis op enige van die rooi skakels binne die blou halfmaan links bo-aan hierdie bladsy. Klik dan op "Save target as" in die tuimelkassie en bêre die Karaoke-item in die betrokke bêrekoevert.

Daar's hy -- laat waai, Meraai, en kom sing, ou ding!